BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 447

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verklaring van die slae van die noodlot 6330 Die stryd in die geesteryk om die siele van die mense sal steeds heftiger word. Die ligwêreld is onophoudelik besig om op die wil van die mens in te werk, maar die kragte van die duisternis doen dit ook. En die mens is veel eerder geneig om laasgenoemde ter wille te wees, omdat die verlange na die materie sterk is en die duistere kragte hul invloed deur materiële goedere en genietinge uitoefen. Wat daar maar gedoen kan word om die denke van die mense los te maak van die materie, dit voer die ligwesens uit. Dikwels tot verdriet van die mense, maar tog vanuit ’n liefdevolle ingesteldheid, slegs om die mense te help. Die einde kom steeds nader, wat alle materie vir die mense sal laat vergaan. Hulle sal dan alles moet teruggee en sal niks daarvan kan agterhou nie. Maar hulle wil nie glo aan die vergaan van hulle aardse besit nie. En daarom moet hulle steeds weer ervaar hoe onbestendig dit is waarna hulle met al hulle sinne streef. Die ligwesens het slegs weinig toegang tot die gedagtes van die mense. En na hul ingewing word nie geluister nie. Dit wil sê dat die mense hulle nie met sulke gedagtes besighou nie, sodat hulle nou deur die ligwesens, deur middel van gedagtes, onderrig kan word nie. En daarom moet hulle aan gewelddadige ingrypings blootgestel word, sodat hulle kan gaan nadink oor die verganklikheid van aardse besit. En slegs so sal julle mense die vele slae van die noodlot kan verklaar, wat uit die verlies van aardse materiële goedere of ook wel menselewens sal bestaan; in katastrofes en ongelukke, in verwoestings van allerlei aard. Dit is almal maar middele wat van die kant van die geesteryk aangewend word volgens Goddelike Wil, wat slegs in diepere sin die worsteling tot uitdrukking bring om die siele, wat in die grootste gevaar is om heeltemal in die teenstander van God op te gaan, omdat hulle hulself heeltemal vasgeketting het aan die materie en wat hul ondergang sal wees. Daar bly nie meer baie tyd oor tot by die einde nie. Dus sal sulke slae van die noodlot ook hand oor hand moet toeneem, waardeur daar nog 'n klein kans bestaan dat die mense daartoe gebring sal word om na te dink. Die stryd in die geesteryk is buitengewoon heftig. Maar die ligwêreld stry nie teen die duistere wêreld nie, maar beide van hulle stry oor die siele van die mense. Die mens self is die voorwerp van die stryd. Die mens self moet die stryd uitveg en elke wêreld gebruik die middele waardeur hulle op sukses hoop. Alle leed en teëspoed, alle gebeurtenisse wat julle mense swaar tref, is middele van die ligwêreld, wat net die beste vir julle wil hê, wat in liefde vir julle steeds net dit sal doen wat vir julle tot ’n sekere hulp kan wees, indien julle julself nie daarteen sal verset nie. Maar 'n luukse lewe en rykdom, aardse vreugde en wêreldse plesier bly steeds maar net middele van die teenstander. En dit sal julle moet vermy en julle moet julle nie verheug oor die besit daarvan nie. Want die tyd van julle lewe wat op aarde oorbly, is maar min. Dan sal julle al die moeilike oorwin het. Dan sal julle skadeloos gestel kan word vir die moeilike lewe op aarde, wanneer julle geestelike sukses behaal het, sodat julle julself vrywillig kon losgemaak het van die materie en julle vir julle siel geestelike goedere verwerf het. Verlang nie na dit wat heel spoedig van julle afgeneem sal word nie, maar versamel vir julle geestelike goedere, wat niemand van julle sal kan afneem nie en wat julle sal volg na die ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205