BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 456

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Paradysagtige toestand op die nuwe aarde 6352 Ek sal weer die aarde ‘n plek van vrede maak waar die liefde alleen sal regeer, waar daar geen vyand sal wees nie, waar alle skepsele tesame in harmonie en geluk sal lewe, waar die liefde van die mense sal uitgaan om die nog gebonde gees aan te raak. Daar sal die mense hul medemens help, fisies en geestelik en Ekself, as die Ewige liefde, sal onder hulle kan woon. Niks wat negatief is, sal My aanwesigheid kan verduister nie. Dit is My Wil dat die aarde sal dien om die mensdom tot die hoogste volmaaktheid te bring. Baie sal hierdie aarde volmaak verlaat, omdat hulle sterk met My verenig het en hulle sal nie meer deur die oorspronklike sonde belas wees nie. As hulle deur Jesus Christus op aarde verlos is, kan hulle op die nuwe aarde geplaas word, hulle wat van die ou aarde vóór die dag van oordeel verwyder sal word as bewys dat hulle aan My behoort. Hulle sal met My verenig het op die ou aarde en sal vry wees van alle laste en begeertes, sodat Ek hulle op die nuwe aarde kan plaas. ‘n Nuwe verlossingsperiode sal begin, wat aanvanklik baie siele tot volmaaktheid sal bring, omdat My teenstander gebind sal wees en hy sal hierdie siele nie kan mislei nie. Hulle sal hul weerstand gewillig opgee en Myne word. Hulle sal op die nuwe aarde terwille van die volgende generasies lewe, omdat hulle van My Krag en Majesteit sal kan getuig. Hulle sal van hul eie ervaringe oor die situasies op die ou aarde kan praat. Hulle sal oor My Liefde met hul nakomelinge kan praat. Hulle kinders en kindskinders sal ook gevul word met liefde. Daarom sal hul siele nie vêr van hul oorspronklike toestand wees nie. Hulle sal in suiwer onselfsugtige liefde ontvang word, omdat My teenstander geen invloed op hulle sal hê wat op die nuwe aarde lewe nie. Liefde is die krag wat die vervolmaking van siele waarlik kan versnel. Dit kan die gebonde gees uit sy vorm help, sodat hy sy weerstand sal opgee en vooruitgaan volgens My Wil. Hierdie toestand sal vir ‘n lang tyd voortgaan. Tydens hierdie periode sal baie van die gevalle geeste voltooid na My terugkeer. In daardie tyd sal Ek baie “kinders” wen. Dan sal hulle geluksaligheid ken en ook Myne geen grense ken nie, omdat Ek weet dat elke gevallene na My sal terugkeer. My Ewige plan van verlossing sal suksesvol wees. Maar tog sal hierdie toestand weer op die nuwe aarde verander. Meer en meer siele, wat deur die skeppings van die aarde gegaan het, sal geïnkarneer word en die begeerte vir die materie sal weer deurbreek. Aanvanklik gering, maar later sal dit meer en meer groei en die begeerte van die mense vir materiële dinge sal die kettings van My teenstander losmaak, omdat die mense hulle nie teen Hom sal verset nie. Maar My Liefde sal die gees nog voortdurend help. Daar sal weer ‘n stryd om siele wees en die vrye wil van die mense sal moet besluit welke meester hulle wil dien. Die nageslag sal ook van Jesus Christus vertel word, die Goddelike Verlosser. Hulle sal daarom nie hulpeloos aan My teenstander oorgelaat word nie, maar hulle sal aan hom oorgee, omdat hulle geloof in My as God en Skepper, nie sterk genoeg sal wees nie. Ek sal ook My invloed op hulle deur die stem van die gewete uitoefen. Maar dit sal nie meer die paradysagtige situasie wees nie. Daar sal ’n innerlike stryd vir die mens wees en die verleidinge van My teenstander sal nie faal om te kom nie. Die stryd om te bestaan sal groter word. Dit sal meer verdraaglik wees vir hulle wat getrou aan My sal bly en hul liefde ontwikkel. Dan sal My boodskappers van Lig hulle ook ondersteun, gedeeltelik deur geestelike beïnvloeding, gedeeltelik geïnkarneer as mense onder hulle, indien hulle net sal luister en deurlopend met My in kontak sal bly. Solank die liefde regeer, sal die mense vordering maak met hul volmaakwording. Solank die liefde regeer, sal My invloed op mense sterk wees. Dan sal hulle nie hoef te vrees om terug te val in die diepte in nie. Vir My teenstander sal die geveg teen die liefde tevergeefs wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205