BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 459

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die breë en die smal weg 6359 Die weg wat julle op aarde gaan, kan heerlik, aangenaam en ryk aan genoeëns wees, maar ook baie moeisaam en swaar, maar meestal kies julle die maklike gelyk weg en geniet van alles wat die weg julle aan vreugde en genot bied. Julle deins terug vir die weg wat baie moeisaam is en vra nie na die eindbestemming van die weg wat julle gegaan het nie. Vir die oomblik is dit vir julle voldoende om die heerlikhede te kan geniet wat die breë weg julle beloof, - maar julle dink nie aan waar nie hy heen lei nie. Steeds draai daar egter ‘n smal weg af en steeds staan daar by die splitsing bodes wat julle toeroep en vermaan om die weg te gaan wat weliswaar nie gelyk is nie, wat inteendeel ‘n klim vereis en waarvoor julle krag sal moet gebruik om te klim. Die bodes belowe julle egter ook ‘n heerlike doel, hulle verseker julle dat julle die vele moeite van die weg nie tevergeefs op julle sal neem nie, dat die doel julle ryklik sal beloon vir alle laste wat die smal weg van julle geverg het, vir alles waarvan julle afstand moes doen. Steeds weer sal julle geleentheid hê om van die groot breë weg af te gaan, want steeds weer sal julle bodes ontmoet wat julle gaan waarsku om nie julle weg voort te sit nie en wat julle sal probeer oorhaal om op die weg te gaan wat na bo lei. Julle moet na hulle luister, julle moet ernstig daaroor nadink dat julle julleself in gevaar stel deur hierdie weg onverstoorbaar vêrder te volg, wat nooit na bo kan lei nie, omdat dit geen inspanning van julle verg nie, wanneer hierdie weg skynbaar horisontaal vêrder gaan, maar steeds meer na benede, na die diepte voer. Julle moet self twyfel wanneer julle aardse lewe vir julle vervulling bring van julle begeertes, want julle moet toegee dat dit steeds net wêreldse vreugde is wat julle begeer en aan julle verskaf word, vreugde wat vergaan soos droombeelde waarvan niks waardevol vir julle oorbly nie, veelmeer in julle ‘n gevoel van banaliteit en van onbehae agterlaat wanneer julle julleself ernstig ontleed. Die breë weg waarop julle loop is wel deur blomryke hange omsoom en julle voel behaaglik in so ‘n omgewing, maar dit is nie iets eg nie, dit is slegs lugspieëling en verbloeming vir julle, wat bedek wat daaragter lê en julle sou skrik as julle daardeur sou kon kyk en die moeras ontdek wat hierdie blomryke hange moet verberg. Die weg wat egter opwaarts lei, verg die oorwinning van ongelykhede en dit is nie maklik om so ‘n weg te begaan nie, dog bo-aan wenk ‘n heerlike doel die wandelaar, hy sien ‘n lig bo homself straal wat onvergelyklik weldadig oor hom uitstroom en wat hom alle moeite laat vergeet. En hierdie reisiger weet dat dit geen vals lig is nie, hy weet dat die ware vaderland hom verwag wat aan hom alle heerlikhede sal bied. En hy lê graag en opgewek die moeisame weg af, hy let nie op ongemak nie, want voortdurend ontvang hy krag van bo en daarom bereik hy ook sekerlik sy doel. Hy keer terug in die Vaderhuis om daar vir ewig geluksalig te wees en te bly. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205