BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 467

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Streef ernstig na die ryk van God 6376 Julle almal streef veels te min na die Ryk van God met Sy heerlikheid, selfs wanneer julle vas meen om te glo dat julle eendag hierdie ryk sal binnegaan, selfs wanneer julle wil hê dat die ryk eendag julle blyplek moet wees. Julle neem dit nog nie ernstig genoeg met julle omvorming tot liefde nie, waarsonder julle nooit die Ryk van God in besit sal kan neem nie. Julle wil is nog baie swak en julle roep Hom te min aan, Wie aan julle wil die ware sterkte kan gee. Solank die wêreld nog sy bekoringe op julle uitoefen, solank is julle Hom ook nie heeltemal toegedaan, Wie Sy Ryk met alle heerlikheid, net vir julle kan ontsluit nie. Julle wil dan nog twee here dien; anders gesê: Die mag van die een heer is nog te groot om hom op te gee, sodat julle julleself geheel en al aan die ander Heer kan oorgee. Want om tegelykertyd beide here te dien, is nie moontlik nie, omdat hulle eise aan julle van heeltemal teenoorgestelde aard is. Maar as julle die Ryk van God met al sy heerlikheid wil verwerf, dan sal julle julleself moet losmaak van die wêreld en al haar verlokkinge. Julle sal die hele krag van julle wil moet inspan en slegs bewustelik na hierdie ryk strewe, aangesien julle andersins die gevaar sal loop om deur die wêreld gevang te word en julle sal dan die Ryk van God heeltemal verloor. Julle sal in alle erns moet kies, julle sal daarvan bewus moet wees, dat slegs ‘n sterk wil die doel kan bereik en julle sal vir hierdie sterk wil moet vra, wanneer julle self te swak voel om die verlokkinge van die wêreld te weerstaan. Die wêreld kan julle slegs baie weinig bied in verhouding tot die heerlikheid van die ryk wat nie van hierdie wêreld is nie; en om minute of ure van geluk te geniet, offer julle die hele Ewigheid op. Julle sal dit ook nie mag uitstel nie, maar sal julle ernstig moet besighou met julle doel. Want julle weet nie hoe lank julle nog daarvoor tyd het nie; julle weet nie wanneer julle laaste uur geslaan het nie en of julle nie verras sal word en dan niks meer sal kan doen vir die verlossing van julle siele nie. Want die onverskilligheid van iemand wat weet, is erger as die totale onwetendheid waarin ‘n mens van dié wêreld leef. Tog is almal nog onder die indruk van die wêreld en ‘n stryd teen sulke verleidinge en begeertes is daarom ten seerste gebiedend. Julle almal begryp nie die erns van die tyd nie. Maar baie van julle wat gelowig is, sal julleself kan vrymaak van die wêreld, wanneer julle Jesus aanroep om hulp, om versterking van die wil, vir krag om die versoekinge te weerstaan. Julle mense is swak van wil en die teenstander van God probeer alles, om vir homself voordeel daaruit te trek. Die teenstander van God sal julle steeds daar aangryp waar julle nog kwesbaar is. Maar julle kan julleself van hom vrymaak, want wat julle krag nie mee kan klaarspeel nie, dit doen Die Een wat vir julle aan die kruis gesterf het om vir julle die genade van ‘n sterk wil te koop. Roep Hom aan wanneer julle julleself in sielenood bevind - wanneer die teenstander van God sy kunste aanwend, wanneer hy julle lok met die vreugdes van die wêreld en julle sal skielik insien hoe leeg en smaakloos dit is wat aan julle deur hom voor oë gestel word. Julle sal julle afwend en die oproep volg van Hom wat Sy Ryk vir julle wil oopmaak, wat vir julle eendag alle geluksaligheid sou wil berei in Sy Ryk. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205