BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 468

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Kruisweg - kruisdraer Jesus Christus 6378 Dra julle kruis met geduld, want dit is nie swaarder as wat julle in staat is om te dra nie. Niemand hoef onder die las van sy kruis te beswyk nie, omdat daar Een is wat dit help dra en wanneer hy maar net hierdie Een aanroep, wanneer hy bewus raak van sy swakheid en vol vertroue na Hom gaan, Wie hom krag en versterking kan gee en dit ook sal doen, sodra Hy daarom gevra word. Maar wie glo dat hulle nie Goddelike hulp nodig het nie, wie hulself sterk genoeg voel, wie geen Heer bo hulself wil erken nie, sal heel dikwels die las van die kruis aan hulle lywe ondervind. Want deur hierdie las van die kruis werk Ek op sulke mense in, om hul gang na My ligter te maak, omdat Ek hulle vir erkenning moet vra, om vir hulle eendag 'n geluksalige lewe te berei. Dra julle kruis met geduld. Want dan gaan julle al 'n kruisweg wat julle tot seën kan wees. Maar julle sal ook opvlieënd kan raak en in opstand kom teen julle lot. Dan sal julle in groter gevaar wees. Want dan is julle al 'n prooi van My teenstander, wanneer daar vir julle opvallend vinnig hulp kom, wanneer julle van elke las vry word, want dan help hy julle, omdat julle in opstand gekom het teen My, Wie aan julle hierdie kruis opgelê het vir julle heil. Ek het vir julle die weg na die kruis gegaan. Ek het Self onder die las van die kruis beswyk, omdat dit mateloos swaar was. Maar Ek het dit vir julle gedoen, sodat julle nie so swaar sal hoef te dra nie, dat dit vir julle altyd draaglik sou wees. Daarom sal Ek as onsigbare Kruisdraer langs julle gaan. En elkeen wat homself na My wend om hulp, sal My ook bereid vind om vir hom die las te verminder. Maar wie hardkoppig voortgaan, wie geen beroep wil doen op My hulp nie, sal dit steeds moeiliker vind. Maar sy eie wil bepaal die gewig van die las van sy kruis. En hierdie mens moet daarteen waak om nie deur misnoeë en aanmatigende gesindheid vir hom nader te roep wat net op hierdie oomblik wag waar hy kan inval, wie egter geen hulp wil aanbied nie, maar julle slegs ten gronde wil rig. Ek het vir julle die weg voorgegaan en Ek maan julle steeds weer tot navolging. Ek het My doel bereik, deurdat Ek as die Mens Jesus My verenig het met die Vader, Wie van My liggaam besit geneem het en My met Lig en Krag vervul het. Ook julle weg kan na hierdie doel voer. Ook julle sal matelose geluksaligheid kan bereik, wanneer julle julle beste sal doen om My na te volg, wat egter ook die dra van die las van 'n kruis met homself meebring. Maar julle hoef nie alleen te gaan nie. Steeds het julle in My 'n begeleier, Wie julle sal bystaan en julle help dra, sodra julle julself bewustelik aan My kan toevertrou en My hulp afsmeek. Maar julle sal weinig vooruitgang hê indien julle lewe op aarde maklik en sorgloos is, indien julle nie deur die dra van die las van 'n kruis die siel van haar slakke bevry, wat haar al baie lank hinder met die binne straling van lig nie. Van hierdie slakke sal julle julle siele moet bevry, maar wat nie vir julle moeilik sal wees, indien julle die Goddelike Verlosser Jesus Christus sal aanroep om hulp nie. Daarom lê Ek julle mense 'n kruis op, sodat julle aan Hom kan dink. Deur die las van die kruis wil Ek julle na My roep, julle wie self te onverskillig is om die weg na My in te slaan. Ek wil julle in herinnering bring wat Ek vir julle gedoen het deur My kruisweg, deur My lyding en sterwe aan die kruis. As dit op aarde met julle goed gaan, dink julle maar weinig aan My grootste daad van Liefde. Eers wanneer die kruis op julleself druk, sal julle jul oë na My oprig. En dan sal julle My ook erken, wanneer julle My om hulp vra. Dan gaan julle bewustelik die weg van navolging van Jesus, wanneer julle julself buig onder My wil, wanneer julle dink aan My kruisweg, aan My onmeetlike lyding, maar ook aan My Liefde wat Haarself vir julle opgeoffer het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205