BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 474

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Kerkgeboue 6402 Dit strook nie met My wil dat daar vir My geboue opgerig word vol prag en praal gedurende ‘n tyd waarin dit besonder nodig is dat die oë van die mense na binne gerig moet word, sodat hulle nie na dinge gelei word wat nog tot die wêreld behoort en wat nie geskik is om My ryk -met sy mag en heerlikheid- te verwerf nie. Alles wat julle oog boei, alles wat die sinne van die mens tref, hinder hom by sy selfbeskouing, by sy stille innerlike besinning, wat vir julle mense so dringend nodig is, omdat julle kort voor die einde staan. Steeds weer moet Ek My Woorde in herinnering bring: “My Ryk is nie van hierdie wêreld nie”. Waarom glo julle dat julle My moet eer deur pronkgeboue? Waarom rig julle alles op die buitekant, waarom maak julle nie yweriger ‘n begin met die werk aan julle siele nie? Julle mense begryp dit nog steeds nie dat Ek nie daar te vinde is waar julle My wil wegsit nie. Julle het almal die moontlikheid om My in julle teenwoordig te hê. Julle almal het self in julle die plek waar Ek wil wees. By elkeen van julle is Ek so naby as wat julle My begeer en elkeen het die mag om My na hom toe te trek as hy maar My enigste voorwaarde vervul, naamlik dat hy in sy hart die liefde gestalte gee. Want wie in die liefde bly, die bly in My en Ek in hom! Slegs die liefde verseker vir julle My teenwoordigheid. Nooit kan Ek egter daar wees waar julle My soek, - indien julle harte nie met liefde ontvlam het nie. En daarom is dit dwaasheid om vir My huise te wil bou wat vir niks anders dien as om van tyd tot tyd mense byeen te bring wat met verkeerde denkbeelde lewe nie. Want hulle wat met My wil praat, kan dit te enige tyd en plek in die hart doen. Hulle het waarlik geen ruimte nodig om saam te kom nie, naamlik van die soort waar die oog so gebind word dat alle diepere konsentrasie uitgesluit word. Orals waar My Woord aan die mense gebring word, waar julle preke kan hoor waarna julle harte verlang, daar vertoef Ek en spreek Ek Self deur die verkondiger van My Woord tot die mense wat My wil hoor. Want om My Woord te hoor, is vir julle die enigste wat van belang is, julle wat so naby aan die einde staan en tog nog eindeloos vêr van My verwyderd is. Slegs dit wat daarop gerig is om die siel uit haar slaap te wek, sal My toestemming en My seën verkry. Maar hoe kan julle siele tot lewe gewek word deur uiterlike manifestasies, deur wêreldse prag en praal, deur voortdurende streling van die oog en oor, deur alles wat die uiterlike sintuie van die mense beroer, maar nie lewe aan die siel kan gee nie? Sy kan slegs deur die liefde ontwaak en genees word en daarom moet die liefde altyd vooropgestel wees. Die liefde moet gepredik en beoefen word, waartoe julle ook steeds geleentheid gebied word. Want ‘n siel wat liefde ontvang, vind gouer die weg tot My, omdat liefde weer wederliefde opwek. Daarom, doen goed aan julle naaste en verminder sy nood. Probeer om hom op elke wyse te help - geestelike en liggaamlik moet julle sorg dra vir julle medemens en aan hom dit gee wat by hom ontbreek. Maar julle moet geen dooie dinge oprig, waarvan die vervaardiging dus ook nie strook met My Wil nie, omdat die stoflike nood op aarde so groot is, dat dit waarlik vir My meer welgevallig sou wees indien hierdie nood verlig sou word. Wat glo julle om by My te bereik met julle pronkgeboue? Alle skatte van die wêreld is tog uiteindelik My eiendom, wat egter dringend verlossing nodig het uit die kettings van My teenstander. Julle kluister egter die materie vaster. Julle wil daarmee geboue oprig vir die ewigheid en julle glo dat julle My daarmee eer bewys. En as My Liefde geen erbarming gehad het met die onverloste gees nie, dan sou hul kwellinge, deur die wil van die mense, nog onmeetlike tye verleng geword het, julle wie die betekenis van die lewe nog nie begryp nie, maar wat julleself egter aanmatig om geestelike leiers van mense te wees. Julle staan kort voor die einde en daarom weerklink My Woorde uitermate vermanend en waarskuwend. Want julle wat sulke pronkgeboue aanbeveel en daartoe bydra, julle dra daartoe by dat ontelbare siele vêrder in hul doodslaap gehou word waaruit slegs My lewende Woord, wat die liefde leer, hulle kan opwek. Die liefde moet gepredik en beoefen word, - dit is die vernaamste. En julle almal weet waar werke van liefde nodig is, want julle sien ellende en nood orals om julle heen, wat eers gehelp moet word voordat Ek julle aktiwiteite kan seën. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205