BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 475

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Veranderde Sterrebeeld 6405 Met kort tussenposes sal julle gebeurtenisse beleef wat hulself herhaal en wat julle hewig sal verontrus, want julle sal dit nie kan verklaar nie en daarom sal julle geweld vrees waarteen julle julleself nie sal kan verweer nie. Julle sal ook geen korrekte verklaring daarvoor kan vind nie, omdat dit in My Wil beslote lê dat julle met alle moontlikhede rekening moet hou en elkeen homself afsonderlik daarteen moet opstel, omdat Ek wil dat elkeen afsonderlik ook vir homself, d.w.s. vir sy siel, hiermee voordeel kan trek. Waar die geloof heeltemal ontbreek, sal die verontrusting besonder erg wees, terwyl die gelowiges min of meer aan My sal vashou en homself in My hoede geborge sal vind. Tog sal die verskynsels, aangesien dit kosmies gebonde is, groot openbare besprekings tot gevolg hê, sodat elke mens ook self daaroor sal nadink en homself ook teenoor sy medemens sal uiter. Vir ’n kort tydjie sal wêreldse belange op die agtergrond geplaas word, maar sodra hierdie verskynsels verby is, sal die wêreldse mense hulself des te yweriger met die vreugde van die wêreld bevoordeel. By slegs weiniges sal indrukke agterbly wat hulle sal aanmoedig om hulself te alle tye te besin en wat ook tot verandering van hul denke kan lei; totdat dieselfde gebeurtenisse in die kosmos homself sal herhaal en hernude verskrikking tevoorskyn sal roep. Want van die kant van die wetenskap sal ernstige bedreigings vir die hemelliggaam aarde gevrees word, omdat die mens raaiselagtige veranderinge in die sterrestelsel sal sien wat nog nooit waargeneem is nie en wat ‘n ernstige bedreiging sou kan inhou vir die aarde. En die menings van die mense oor die uitwerking daarvan sal aansienlik uiteenlopend wees. Daar is mense wat ligvaardig daaroor sal stap en hulle lewens vêrder onbesorg sal geniet; terwyl daar mense sal wees wat voorsorgmaatreëls sal tref wat volkome nutteloos sal wees. Ander sal egter in hulself keer en met gedagtes met hulle God en Skepper oorleg pleeg. En Ek laat elkeen sy vrye wil toe, Ek trag slegs onophoudelik om op die gedagtes van die mense in te werk, sodat hulle denke korrek kan wees, sodat hulle hulself sal rig op die eintlike bestemming van die mens, dat hulle in My tot rus sal kom om nou deur My gelei te kan word tot heil van hulle siele. Maar wat gaan daar gebeur? Die beeld van die sterre sal verander. Daar sal sterre in ander bane gelei word, hulle sal dan in ‘n veranderde verhouding tot die aarde staan as tot nou toe. En daardeur sal sterre sigbaar word wat nog nooit gesien was nie en daar sal één as ‘n regstreekse gevaar vir die aarde sigbaar word, omdat gevrees sal word dat sy baan met die aarde sal kruis. Geen mens sal wil glo dat so-iets sal gebeur nie, geen mens sal glo dat natuurwette kan verander nie, maar julle mense staan voor die einde. Julle berei self iets voor wat nog ‘n erger uitwerking sal hê, want wat julle onderneem, gaan die hele aarde in gevaar bring. Dit wat homself deur My Wil sal voordoen, sal maar net ‘n voorteken van die einde wees, dit is ‘n ernstige waarskuwing aan julle en Ek gee julle sodoende slegs ’n duidelike teken van die bestaan van ‘n hoër Mag, sodat julle julself tot Hierdie Mag sal wend en dat julle daardeur ook ‘n direkte gevaar vir julleself sal kan afwend, wanneer julle, dit wil sê, julle siele, die korrekte voordeel daaruit sal trek. Maar wat daarna sal kom, het betrekking op die hele aarde en alles wat daarop leef. En daarom openbaar Ek My vooraf op ongewone wyse, maar sonder om julle te dwing om My as die Veroorsaker daarvan te erken van dit wat ontsettend in sy uitwerking sal wees, maar wat nie die hele aarde sal betrek nie. Want Ek ken alle natuurwette en hulle uitwerking, Ek weet ook hoe om elke gebeurtenis af te wend of af te skaal in sy uitwerking. Maar wat Ek laat gebeur, sal slegs dien tot julle redding, dit moet julle, die mens, na My toe dryf, dit moet julle, die mense ‘n God laat erken by Wie julle julle toevlug moet soek, omdat Hy julle Vader is. Dit is die laaste teken voordat die einde kom. Die sal die laaste poging van My Liefde en Erbarming wees om te red wat nog te redde is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205