BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 476

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die evangelie van die liefde (1) 6410 Ek kan slegs die evangelie van die liefde aan julle verkondig, want dit is die liefde wat by julle ontbreek, wat julle egter onherroeplik in julle moet aansteek en laat opvlam om met My gemeenskap te hê, wat vir julle ewige geluksaligheid sal waarborg. Die liefde verbind ons, maar liefdeloosheid hou ons geskei. As jy nou na My toe wil kom, as jy met My verbonde wil wees en ewig bly, dan kan dit slegs geskied deurdat julle julleself tot liefde omvorm, deurdat julle julleself dus aanpas by My oerwese, deurdat julle weer sal word wat julle was in die allereerste begin, naamlik skepsele van dieselfde geestelike substansie wat My liefde uitgestraal het. Maar al word die liefde ook voortdurend vir julle gepredik, neem julle hierdie woorde nie ernstig op nie, juis omdat sonder liefde, ook alle insig oor wat liefde eintlik beteken vir julle bestaan, by julle ontbreek. Weliswaar ken julle 'n liefde, maar dit is verkeerd gerig. Dit is 'n verlange na dinge wat julle prikkel waaraan julle die woord liefde gee. Maar ware liefde is 'n Goddelike gevoel. Ware liefde verlang nie, maar gee onophoudelik en probeer voortdurend gelukkig te maak. Eers wanneer julle mense hierdie liefde in julleself ontsteek, sal dit julle innerlik na My toe dryf en dan eers probeer julle om met My die verbinding tot stand te bring. Want die onbaatsugtige werksaamheid in liefde is al 'n uitwerking van My liefdestraal wat julle mense steeds weer probeer tref, maar as gevolg van weerstand, heel dikwels sonder effek is. Wie egter sy weerstand opgee, sal deur My liefdestraal aangeraak word, en die uitwerking daarvan sal 'n onvergelyklike liefdesdrang in die hart wees wat julle nou sal aanhits tot werksaamheid. En julle mense sal eers tot hierdie liefde moet kom. Dan eers sal My evangelie sukses hê. Dan is daar na My liefdesleer geluister en het dit eers die innerlike weerstand gebreek. En dan kan Ek My liefdestraal in die hart van die mens uitstraal. En hoe nadrukliker My liefdesleer verkondig word, des te gouer is dit moontlik dat die weerstand sal afneem. Want eers sal julle mense op die hoogte moet wees van My wil wat steeds net liefde verlang. Dan eers sal julle julleself rig op My verlange, positief of negatief, tot voordeel of nadeel van die siel. Die liefde kom eerste en voordat meer kennis aan julle oorgebring kan word, sal en moet die liefde vir julle gepredik word. Want sonder liefde besit julle slegs 'n doodskennis - al word dit tog nog vir julle voorgehou. Die liefde gee eers aan alles lewe. Sy maak julle self lewend, Sy maak My Woord lewendig. Sy verlig julle gees en bring die aaneensluiting met My tot stand, met die Liefde van ewigheid self. Alles wat die mens Jesus op aarde onderrig het, het slegs die liefde as inhoud gehad. Alles wat Hy gedoen het, was werke van liefde vir Sy medemens. En sy kruisoffer was die uitdrukking van Sy oorgrote liefde vir die mensdom. Slegs die liefde het die mens Jesus tot Sy denke, spraak en handeling beweeg. Slegs die liefde het Hom aangespoor tot 'n werk van erbarming, soos dit maar één keer op aarde volbring is, want Sy liefde het gelei tot 'n volledige vereniging met My. En so het Ek Self deur die mens Jesus gewerk en gevolglik het Ek Self die dood gesterf aan die kruis, omdat dit die Liefde was wat Haarself vir die mense geoffer het. Die liefde beteken die meeste, beide op aarde asook in die geestelike ryk. En indien 'n wese sonder liefde is, dan kan sy nie behoort aan die ryk waar Ek as die Ewige Liefde heers nie. Dan plaas sy haarself buite My ryk en sal in duisternis en kragteloosheid vegeteer. Want slegs die Liefde is Lig en Krag. Die Liefde is die grondwet wat nimmer omvêr gewerp kan word nie. En wie in stryd handel met hierdie grondwet, moet ook die gevolge dra, naamlik om beroof te wees van Lig en Krag, wat geluksaligheid beteken. Daarom leer My evangelie steeds maar net die liefde. En waar die liefde dus gepredik word, daar word Ek Self verkondig. En as julle jul harte en ore open, sal daar vir julle ryke seën voortvloei uit die verkondiging van My Woord. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205