BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 478

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die geestelike dieptepunt is bereik 6417 Die mense op hierdie aarde wil nie meer verander nie, want hulle is met liggaam en siel die wêreld toegedaan en daarmee vir hom, wie meester is van hierdie wêreld. Alle teregwysings is nutteloos. ‘n Paar sal hulself nog wel van die massa afsonder en hulle eintlike bestemming insien, maar die meeste kom nie onder die indruk daarvan nie. En wat daar ookal gebeur, dit word steeds maar net deur hulle met die oë van die wêreld bekyk, nooit egter word daar ‘n geestelike beweegrede ingesien of aangeneem nie en sodoende verander die mense nie, nóg in hulle denke, nóg in hulle handelinge. En hulle verblyf op hierdie aarde word heeltemal nutteloos, sodat dit beëindig moet word. Die mense is voortydig ryp vir die ondergang, want die dag van die einde is vasgestel sedert ewigheid en dit word ook aangehou, ofskoon die dieptepunt al voor die tyd bereik is. Tog word alles nog tot op die laaste dag gedoen, juis vanweë die weiniges wat nog kort voor die einde vir God sal kies en om hulle ontwil is die dag van die einde later vasgestel. Want die worsteling vir hierdie laaste siele is uiters moeilik en vra volharding, maar dit is nie sonder hoop nie, wat God van ewigheid al voorsien het. Hy is egter vir elke afsonderlike siel lief en Hy doen daarom alles om hulle nog te wen voor die einde. En daarom moet Sy dienare op aarde ook ywerig werksaam wees en steeds besef dat elke siel wat hulle probeer beïnvloed, een van die laastes kan wees, wie se verlossing God aanleiding sal gee om die einde nog vir so lank uit te stel, totdat die reddingswerk voltooi is. Hulle mag daarom nie ophou met hulle arbeid in die wingerd nie, hulle moet weet dat elke afsonderlike siel vir God na aan die hart lê en Hom tot barmhartigheid en lankmoedigheid sal beweeg, omdat Hy haar liefhet. Die eindtyd sal die goddeloosheid steeds openliker aan die lig laat kom en soms sal hulle daarna uitsien, al was die aarde net nog maar deur duiwels bewoon, sodat die arbeid vir die Ryk van God sal lyk soos ‘n spel van swaksinnige mense. Tog moet die werk ywerig verrig word, want dit sal nie ongeseën bly nie en selfs mense wat nog vooraf gesterwe het op hierdie aarde, kan in die hiernamaals deur die arbeid op aarde van die knegte van die Meester, vinniger die lig bereik en dan weer diegene met wie hulle nou verbonde was op aarde, nog tot verandering van gedagtes help. Daar is maar baie min mense wat nog gered kan word en tog word die einde om hulle ontwil uitgestel. En daarom sal die aktiwiteite van die teenstander van God ook duidelik aan die lig kom, want hy ondervind geen weerstand meer by die mense nie, almal is hom onderdanig, want hulle het hulself gevange laat neem deur die wêreld, wat sy ryk is. Hy woed waarlik vreeslik voort, maar vir homself sal dit nie gunstig wees nie, omdat hy almal wat hy dink hy gewen het, sal verloor wanneer die aarde opnuut sal voortbestaan, omdat hulle almal aan sy mag onttrek en opnuut gekluister sal word, waardeur sy krag aansienlik verswak sal word en hyself ook gekluister sal word vir ‘n lang tyd. Nog staan hy bo-aan en triomfeer oor die mense wat hy omlaag getrek het die afgrond in, maar oorwinnaar sal hy nie wees aan die einde van die aarde nie, want Een is daar wat sterker is as hy, Wie hom wel sy tyd en sy aktiwiteite nie sal belet nie, totdat sy uur aangebreek het soos wat dit geskrywe staan. Hy sal hom dan egter in kettings slaan en saam met hom, almal wat hulself verset het teen God. En dan het die einde gekom vir die aarde en haar bewoners, dan sal daar ‘n nuwe tyd aanbreek van vrede en saligheid vir die mense wat God trou gebly het tot aan die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205