BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 479

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die Weg na die Vaderhuis - God se leiding 6418 Elkeen sal gelei word wat aan My hand vashou en wat hulself aan My leiding toevertrou. Ek moet steeds julle eie wil in aanmerking neem. Ek kan julle nie teen julle wil op 'n weg dwing wat julle bewustelik ontwyk en vermy, omdat dit nie vir julle aangenaam lyk nie. Ek kan julle slegs sagkens daarheen dring, maar Ek swig dadelik voor julle weerstand, indien dit vir My kenbaar raak. Maar wie homself aan My leiding toevertrou, kan onbesorg die weg oor die aarde gaan, want dit sal na die doel lei. Daarom moet julle nie angstig na die vele struikelblokke en ongemak kyk nie. Julle moet maar net altyd My hand stewig vashou en julle sal veilig verby alle ongemak gelei word met die sekerheid wat net My leiding julle kan bied. Kyk daarom nie angstig na die toekoms nie en maak nie vir julle onnodige sorge nie. Laat alle aardse oorweginge los en hef slegs julle oë op na My. Want Ek is steeds daar vir julle. Ek sal ook alle teenspoed vêr van julle af hou, indien julle gelowig op My vertrou, wanneer julle verhouding is soos kinders teenoor die Vader, wanneer julle nie van My sy sal afwyk nie en elke sorg om julle aan My sal oorlaat. Julle geloof sal alle gevaar verdryf, want die volle vertroue op My Liefdevolle sorg beskaam Ek nie. Julle word wel nog deur die diepste duisternis omring, omdat julle midde in 'n wêreld van sonde en liefdeloosheid staan. Maar die weg waaroor Ek julle sal lei, sal deur 'n sagte skynsel verlig word. En waar Ek is, waar julle langs My voortgaan, sal daar altyd lig wees en sal julle die duisternis nie hoef te vrees nie. Julle hoef slegs julle blik omhoog te rig, vanwaar 'n helder ligstraal julle altyd sal toeskyn. Rondom julle is die diepste duisternis, maar dat julle die weg van lig kan gaan aan My hand, moet julle dankbaar laat dink aan die groot werk van liefde en erbarming wat Ek vir julle mense volbring het om julle vanuit die duisternis na die lig te voer. Ek het die weg op aarde gereedgemaak, wat julle nou sal kan gaan aan My hand, in navolging van My, onder My leiding. Tevore was daar die diepste duisternis en daar het geen weg uit hierdie duisternis gelei nie. Maar Ek het 'n weg uit die diepte omhoog gebaan, wat uit die duisternis na die lig voer. En hierdie weg kan slegs onder My leiding betree word. Dit wil sê: Die mens moet in My glo in Jesus Christus. Hy moet die verlossingswerk erken en My Self as Goddelike Verlosser, wat homself in die mens Jesus beliggaam het, om julle uit die duisternis omhoog te help na die lig. Dus moet elkeen wat met My die weg omhoog wil gaan, homself by My in Jesus Christus aansluit. Dan sal hy dieselfde weg gaan as wat die mens Jesus gegaan het, wat na die Vader lei, tuis na die vaderhuis. Steeds sal die weg wat opwaarts lei, die begeleiding van Jesus Christus vereis, omdat daar maar net een weg is, naamlik die weg van navolging van Jesus Christus, omdat slegs hierdie weg vol lig is en die regte bestemming waarborg. Maar wie hom eenmaal aan My toevertrou het, hom sal Ek nooit opgee nie. My hand sal hom vashou sodat hy nie sal val nie. My hand sal hom ondersteun wanneer hy swak is en My hand sal hom wegtrek van die afgrond wat voor hom kan oopmaak wanneer hy nie oplet nie, indien hy sy oë weer op die wêreld rig, waarvan hy homself al losgemaak het. Wie hom aan My en My leiding toevertrou, kan sy weg rustig bewandel. Hy sal nie verkeerd gaan nie. Julle moet geen swakheid, geen twyfel, geen sorge in julle laat opkom nie, want as julle julleself aan My oorgee, soek julle ook beskerming in die arms van die Vader, wat julle veilig hemelwaarts sal lei, wie se Liefde julle waarlik sal behoed en begelei. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205