BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 480

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Besetenheid 6419 Die mens moet steeds voor oë hou dat hy deur Goeie en deur bose magte beïnvloed word, wie beide sy siel vir hulself wil wen. Met die beïnvloeding deur geestelike kragte in julle lewe, sal julle egter moet rekening hou wanneer julle denke op die waarheid gerig is. Die wil van die mens is vry en tog kan elke beïnvloeding ook buitengewoon sterk wees wanneer die mens karaktertrekke in homself het wat lyk soos die van die beïnvloedende wesens. Julle moet dit so sien: Elke mens is meer of minder belas met begeertes of karakteristieke eienskappe uit die tyd van vóór sy beliggaming as mens en hy moet dus meer of minder stry, omdat hy dit kan oorkom of afleer, indien hy dit ernstig wil. Maar sulke soorte aanlegte wat die mens belas, kan ook geestelike wesens van dieselfde geaardheid geleentheid gee om binne te sluip; so 'n geestelike krag kan dus die siel van die mens beheer, wat julle mense bestempel as besetenheid. Maar wanneer dit slaag, dan is die siel van haar verantwoordelikheid onthef, aangesien dit as te ware vir haar onmoontlik gemaak word om haar vrye wil te gebruik, want die ander wil is sterker en spoor die mens tot handelinge aan wat nie die wil van die siel hoef te wees nie. Dan is die “vrye” wil dus skynbaar uitgeskakel en ofskoon dit nie van die wese ontneem is nie, kan die wil egter nie gebruik word gedurende die stadium wat moet dien om die siel te beproef nie. Dan moet daar dus rekening gehou word met die wil van 'n wese wat aards nie ter verantwoording geroep kan word nie, omdat hy onbereikbaar is. Maar die mens self kan net so min aanspreeklik gehou word, omdat hy “beheers” word. Waarom en met welke doel dit toegelaat word, kan nie vir julle mense in 'n paar woorde duidelik gemaak word nie, want ook in die ryk van die lae geeste bestaan daar wette wat altyd nagekom word en ook weer die vrye wil as motivering het. Maar teen My Wil of My toelating in sou die wesens hulle nie van die liggaam van 'n mens kan bedien nie en soms hang ook hulle verlossing daarvan af, omdat sulke kragte ook kan verander, indien hulle daartoe geneig is, wat ook ’n baie spesiale beweegrede is vir so ‘n toelating van My kant af. En begryplikerwys kan die eintlike siel van die mens dan nie ter verantwoording geroep word nie. Daar word egter vir haar geleentheid gebied om die ontneemde tyd vir die beproewing van die vrye wil in te haal, dikwels ook nog gedurende die aardse lewe, wanneer sy slaag om die gees te verdryf, wat wel moontlik is met 'n korrekte ingesteldheid teenoor My en 'n ware geloof in My. Maar daarmee moet mense dan meehelp, want sulke geestelike wesens gee nie maklik hul mag oor die liggaam op nie. Maar hulle kan daartoe gebring word deur Jesus Christus ernstig aan te roep. Die Naam van die Een wat My teenstander oorwin het kan wel die werk van hierdie verlossing volbring, maar die Naam moet in volle geloof uitgespreek word, sodat Ek dan die gees kan gebied om die menslike omhulsel te verlaat. Gedurende die eindtyd sal die werksaamheid van die kragte van benede baie duidelik wees en vele liggame sal deur hulle in besit geneem word, maar slegs dan wanneer die ontwikkelingstyd van vóór die beliggaming verbygegaan het, sonder om aan die siel so ’n rypheid op te lewer dat sy haarself kan verweer teen die inbesitneming, omdat sy nie die nodige bekwaamhede het nie, wat die slegte kragte toelaat om in te kom. Haar tyd sal egter verby wees. Ook die ontbrekende sielerypheid staan 'n beliggaming as mens toe om homself óf ook die geestelike krag nog 'n moontlikheid te bied om homself te verlos vóór die einde. Die siel self sal moeilik haar doel bereik, maar dit sal nie onmoontlik wees wanneer die medemens so ‘n siel opneem en haar help om van haar pyniger weg te kom nie, om welke rede ook hier weer 'n taak gesien kan word, 'n hulpverlening waaraan mense kan deelneem en wat as werk van erbarmende naasteliefde groot seën kan bring. Waar die wil van die mens as te ware gebonde is, moet die wil van die medemens buitengewoon sterk strewe na sy redding en as dit in barmhartige liefde plaasvind, sal dit ook sukses behaal. Liefde sal by sulke mense veel bereik, omdat die bose gees óf weldadig daardeur geraak kan word en hy self 'n verandering van wil voorneem, óf die verblyf in die menslike vorm vir hom so onbehaaglik word, dat hy dit verlaat, omdat hy vlug vir die liefde. Liefde is die enigste krag wat kan verlos, beide vir so 'n mens, asook 'n bose gees wat homself in die mens ophou, want die liefde behaal altyd die sege. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205