BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 481

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

“Ewige verdoemenis”- Lig - Die wil van Lucifer? 6420 In My ryk word lig onophoudelik in ontvangs geneem en lig word uitgestraal. Die stroom van lig vloei ononderbroke en stem alle wesens wat ontvanklik is vir lig, gelukkig. Hulle voortdurende toenemende geluksaligheid laat ook hul oorvloed aan liefde voortdurend toeneem en daarom moet hierdie ligwesens ook ononderbroke werksaam wees, omdat die liefde hulle daartoe dryf. En hulle werksaamheid bestaan uit die verdere uitstraling van lig, wat hulle van My ontvang, omdat hulle die kwelling van die duisternis ken en alle siele wil help om dit te ontvlug, - hulle versprei ook lig in die duister sfere, hulle moet net siele daar vind wat tot ontvangs bereid is, wat die lig begeer. Elke gewillige siel ontvang lig. Ek stel geen ander voorwaardes as dat die siel wat haarself lig ten deel wil laat val, haar dan ook ryklik van lig kan voorsien, regstreeks of deur lig - of liefdesbodes wat in My opdrag werksaam is. En al vertoef 'n siel in die diepste duisternis, aan haar verlange na lig sal altyd voldoen word en dit beteken al verlossing uit die duisternis, want My voortdurende sorg is tog gerig op die bevryding van die siel uit die diepte, op die terugbring na My ryk, waar lig en geluksaligheid is. Glo julle dus dat Ek 'n gewillige siel onopgemerk in die duisternis sou laat? Glo julle dat Ek haar sou laat smag, dat Ek My nie oor haar bekommer, as sy verlang om die duisternis te ontvlug nie? Julle mense word geleer van die “ewige verdoemenis”. En hierdie uitdrukking is dieselfde as 'n geregtelike vonnis van 'n toornige en straffende God, wat Ek nie is nie. Ek is 'n God van Liefde en Geregtigheid. Omdat My Geregtigheid julle moet bedeel volgens die toestand van julle siele, wat dikwels so vreeslik is, dat slegs die diepste diepte julle verblyfplek kan wees, doen My Liefde alles om julle van hierdie lot te behoed. En My Liefde haal julle ook uit hierdie duisternis, indien julle My geen weerstand bied nie. Dit is die weerstand wat My verhinder dat My Liefde nader aan die siele kom, want Ek dwing hulle nie om salig te word nie. Maar waar die weerstand afneem of heeltemal opgegee is, daar kan die straal van My Liefde Haar werking uitoefen, daar kan lig in alle volheid instroom en 'n toestand vol kwelling sal vir ewig beëindig wees. En nou weet julle ook dat Ek geen ewige verdoeming wil hê nie, dat Ek elke siel wil bevry wat na bevryding verlang. Want daarvoor het Ek aan die kruis gesterf, dat hierdie verlossing - hierdie bevryding uit die mag van Satan - kon plaasvind, omdat die sonde, volgens Goddelike Geregtigheid, julle in die diepte vasgeketting moet hou en daar ewiglik geen bevryding daaruit kon gewees het nie, indien die sondeskuld dit nie tot niet gemaak het nie, juis deur die kruisoffer. En hierdie kruisoffer was vir almal gebring. Geen wese is daarvan uitgesluit nie en daarom kan daar ook uit die hel verlossing wees vir die siel, wat dit wil ontvlug. En kan julle glo dat My teenstander van hierdie verlossing uitgesluit sou wees? Glo julle nie ook dat hy die seën van My kruisoffer kan verwerf wanneer dit sy wil sou wees nie? Maar dat hy nog altyd teen My woed, dat hy alle middele aanwend om My van julle te vervreem, dat hy die mensdom so beïnvloed dat hulle in 'n geestestoestand beland wat 'n ontbinding van die skeppings van die aarde nodig maak, is 'n teken dat sy wil nog nie verander het nie. Dit is 'n teken dat hy nog die heftigste vyandskap teenoor My voel, dat daar niks aan hom geleë is om na My terug te keer nie. Maar hy is vol bedrog en wat hy onderneem doen hy steeds net met die bedoeling om siele te wen, wat hy dink hy kan verloor. Want waarlik, die verandering van sy wil sou deur My gesteun word deur ’n ongewone uitstraling van Liefde en die reddingswerk by hierdie eerste gevalle wese sou slaag. Maar hierdie tydstip is nog eindeloos vêr. Maar eens sal Ek hom ook wen, omdat My Liefde geen wese vir ewig verdoem nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205