BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 482

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Innige kontak met God – Die innerlike stem 6421 Julle moet na julle innerlike stem luister na ‘n opregte gebed tot My, dan sal julle ook seker wees dat julle op die regte weg is, want dan is dit My stem wat met julle sal spreek, wat julle raad sal gee en lei soos wat dit goed is vir julle. Iemand wat My meer dikwels kontak, wat niks sal doen sonder om homself eers aan My toe te vertrou nie, wat altyd in gesprek met My verkeer en om My seën vra, sal ook doen wat reg is, omdat Ek hom dan self sal lei en altyd die regte gedagtes aan hom sal stuur, sodat sy manier van lewe gevolglik ook aan My wil sal voldoen. Maar dit is bedenklik wanneer julle My uit julle gedagtes sluit, wanneer julle julleself bekwaam ag om alles self te doen, wanneer julle julle lewe sonder God leef, want dan moet Ek julle dikwels laat faal, sodat julle weer die weg na My kan neem, omdat julle julle swakheid sal besef. Ongeag hoe sterk julle blyk te wees, hoe oorvloedig julle met aardse bekwaamhede begiftig is, dit sal nie julle aardse lewe beïnvloed nie, maar dit sal volgens My wyse oordeel plaasvind en daarom sal julle julleself dikwels in situasies bevind waar julle eie bekwaamheid julle nêrens sal kry nie, waar julle by My ‘n toevlugsoord sal moet soek om dit baas te raak. Julle kan selfs dan ook nog weier, maar dit sal julle goed doen om die weg na My te neem. Want Ek Self lei julle daardeur na My, Wie julle andersins sou vergeet. En so sal daar nog baie moeilikhede op julle wag en julle sal julleself almal afvra waarom julle God en Skepper so-iets oor die mense laat kom. Julle moet nie glo dat slegs die dade van mense die oorsaak is vir die byna ondraaglike omstandighede nie. Julle sal ook moet nadink wie Heer oor hemel en aarde is en wie so-iets toelaat om te gebeur. En julle moet julleself afvra waarom Ek toelaat dat sulke dinge oor julle kom. Ek kan altyd dit van rigting verander wat deur die menslike wil veroorsaak is, of die effek daarvan deur My mag ophef. Ek kan en sal dit ook doen waar Ek in opregte geloof om hulp in teëspoed versoek word. Maar Ek laat nietemin toe dat mense groot ontbering ervaar, sodat hulle die weg na My neem, wat hulle nie vir ‘n lang tyd nie geneem het nie. Sonder My sal hulle in uiterste swakheid verval, maar met My sal hulle selfs die moeilikste situasie kan oorwin en dit is wat die mense moet ervaar – sowel My eie, asook hulle wat ‘n poging aanwend om in uiterste nood ‘n beroep op My te doen. Want hulle sal dikwels wonderbaarlik gehelp word. Maar die eersgenoemde sal ervaar dat hulle heeltemal kragteloos is, omdat hulle op hulself vertrou het en nie gedink het dat hulle My nodig het nie. Ek wil Myself aan die mense openbaar, tot hulle seën, maar ook tot hulle ondergang. Want diegene wat My selfs dan nog nie wil erken nie, sal vir oneindige tye verlore wees. Moet nie op julle eie krag vertrou nie, dit sal nie voldoende wees vir wat na julle toe gaan kom nie. Wend julle reeds voor die tyd na My en vra My vir krag. Ek sal dit van niemand weerhou wat aan My dink in die tye van nood nie. Maar geseënd is hulle wat My voortdurend in hul harte sal dra. Hulle sal nie die komende tyd van ontbering hoef te vrees nie, want Ek sal My hand beskermend oor hulle gesprei hou, en waar hulle ookal gaan, sal hulle deur gidse begelei word wat oor hulle sal waak en alle weë vir hulle sal gelykmaak. Maar daar sal ‘n storm kom wat alles sal verwoes, wat vele slapendes sal wakker maak en hulle vreesagtig sal laat wonder of hulle dit sal ontvlug. Maar wat ookal gebeur, dit kom van My of word deur My toegelaat om die wat op die verkeerde weg is, ‘n laaste geleentheid te bied om terug te keer. Hulle almal kan hulle nog op die laaste oomblik na My wend en hulle sal dit waarlik nie betreur nie. Want Ek neem elkeen aan wat probeer om nader aan My te kom. Ek sal My hande na hom uitsteek, wat hy slegs sal moet aangryp sodat Ek hom teen My Vaderhart kan druk. Want julle kan nie geluksalig word sonder My nie. Dit is waarom julle die weg moet neem na My, Wie vir julle ’n ewige geluksaligheid wil berei. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205