BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 485

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Lewende geloof in Jesus Christus 6427 Julle sal julleself nooit kan losmaak van julle teenstander, indien julle Jesus Christus nie aanroep, sodat Hy julle sal bystaan in die stryd teen hom nie. Julle sal dus deur julle aanroep vir Hom en Sy verlossingswerk moet erken en julle sal dus ook moet glo dat Ek Myself in die mens Jesus beliggaam het. Julle sal moet glo aan My menswording in Jesus. En hierdie geloof moet 'n lewende geloof wees, sodat julle slegs deur die liefde tot lewe gewek kan word. Julle sal dus slegs verlos kan word deur die liefde, want sonder liefde kan julle nie glo nie, selfs al wil julle met woorde 'n geloof in Jesus Christus betuig. Wie sonder liefde voortgaan, sal nie die wil hê om teen die teenstander te stry nie, omdat hy dieselfde geaardheid het as hy. Maar die mens kan 'n swak wil hê en hierdie swak wil sal hom verhinder om liefde te beoefen om homself los te maak van die teenstander. Desondanks moet hierdie mens op die hoogte wees van die Verlosser Jesus Christus en hy moet Hom aanroep om versterking van sy wil. Hy moet net vereers weet dat hy altyd by Jesus Christus hulp sal kry. Roep hy Hom aan, dan sal sy wil ook spoedig 'n versterking ervaar en hy sal nou steeds meer oorgaan in 'n lewe in liefde en dan sal sy geloof aan die goddelikheid van die mens Jesus, aan sy verlossingswerk en aan sy eie vermoë om verlos te word, lewendig kan word. En dan sal hy My en My Naam bely met die oortuiging wat slegs 'n lewende geloof kan skenk. Daarom is dit noodsaaklik om van Jesus Christus op hoogte te wees, ook wanneer dit in die begin slegs kennis is oor die aardse gebeurtenis, oor die lewe van 'n mens wat uit innerlike oortuiging sy lewe gegee het. Die gedagte aan hierdie Mens kan al die eerste stap wees na 'n verbinding met Hom, wat vir hom eens die poort sal open na die geluksaligheid. Want sodra hy homself in gedagte met Hierdie aardse lewensweg besighou en hy van goeie wil is, sal hierdie gedagtes hom nie meer laat los nie. Want dit is Jesus Christus self wat hom nou aan Homself probeer bind. Ek ken elke gedagte van die mens en Ek kan hom self nader in Jesus, wanneer hy nog geen noue band met My aangeknoop het as sy God en Vader van ewigheid nie. Maar deur die mens Jesus is die aanknoop van hierdie band moontlik, om welke rede daar ook suiwer histories van Hom melding gemaak moet word. Dan eers kan daar van My af, deur middel van gedagtes, nog invloed uitgeoefen word, sodat hy die motivering kan probeer vind vir die lewenswandel en die handelinge van die mens Jesus. En dan kan hy ook die resultaat bereik dat daar 'n "geestelike rede" aan sy lewe en sterwe ten grondslag sal lê. En eers dan is dit moontlik om hom te wen, want nou is hy ook nie meer ontoeganklik vir die leringe, wanneer dit volgens waarheid aan hom oorgedra word nie. Maar wie dit heeltemal wil bestry dat die mens Jesus op aarde was, sal maar moeilik op aarde tot insigte kom, omdat dit nooit vir hom moontlik sal wees om sy wil die regte rigting te gee nie, omdat hy homself nog geheel en al in die mag van die teenstander bevind. En hy sal ook nooit aan hom die kennis wil verskaf, wat hom andersins ook op die een of ander manier sou kon inlig oor die weg van Jesus op aarde. Want Ek het waarlik genoeg moontlikhede, as die mens ook maar net sal poog om iets daaroor te wete te kom. Maar steeds is dit seënryk, wanneer My Woord verkondig word as Jesus se leer van die liefde, wanneer Hy self bekendgemaak word oor die hele wêreld, sodat elke mens, indien hy so iets aanvaar, die vermoë sal hê om oor die waarheid na te dink, oor die historiese feite en oor Sy taak. Elke mens wat wil, kan dit ook glo. En die verstandsgeloof van elke mens kan ook 'n lewende geloof word. Want eers die lewende geloof skenk aan julle mense die verlossing van die sonde en dood. Die lewende geloof aan My in Jesus Christus en aan My verlossingswerk open vir julle die poorte na die ryk van lig en geluksaligheid en julle sal slegs moet poog om hierdie lewende geloof te verkry, sodat julle My ryk sal kan binnegaan, na die ewige lewe. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205