BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 491

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Kenmerk van die Kerk van Christus 6445 Die werksaamheid van My Gees is die kenmerk van die kerk wat Ek Self op aarde gestig het en steeds moet Ek dit weer vir julle sê, sodat julle slegs daaraan My kerk sal herken. Dat julle eers dan aanhangers van die kerk van Christus sal wees wanneer die Gees in julle kan werk, wanneer julle denke verlig raak, selfs al is julle nie geroep om in buitengewone dinge te presteer nie. Want ‘n verligte denke bewys dan die krag van My Gees, Wie Haarself egter eers dan kan uiter wanneer hierdie voorwaarde nagekom is, wanneer julle onbaatsugtig werksaam is in liefde en so die verbinding tot stand gebring het van die geesvonk in julleself, met My, die Gees van die Vader. Dan sal julle geloof ook lewend kan word, want die liefde in julle het dan die geloof tot lewe gewek, waardeur die Gees in julle nou helder en duidelik insien welke leerstellings waarheid is, waarvoor julle dan ook met oortuiging teenoor julle medemens kan opkom. Solank as wat julle egter nog in dwaling leef, solank as wat julle geloof slegs ‘n vormgeloof sonder lewe is, solank werk die Gees nog nie in julle nie en solank kan julle ook nie sê dat julle aan die kerk van Christus behoort wat Ek Self op aarde gestig het nie. Die feit dat julle mense dit nie weet nie, of - as dit vir julle vertel word, nie wil glo nie, bewys dat julle nog nie aan My kerk behoort nie. Dit bewys dat julle Gees nog nie gewek is nie en dit bewys dat julle aardse lewenswandel nie met liefde vervul is nie, want anders sou julle denke vanself verander het en julle sou die waarheid van My Woorde ingesien het. Spoor julleself tog ernstig aan tot ‘n lewenswandel van onselfsugtige liefde, want dit is die eerste voorwaarde om die geesvonk in julleself te laat ontvlam, sodat hy nou in julle kan werk, dat hy nou vir julle insig in die waarheid kan skenk. Maar hou nie aan uiterlike vorme vas nie. Hou nie vas aan wat onverligte mense julle vertel en wat hulself weer van onverligte mense gehoor het en nou onbuigsaam as waarheid verdedig nie. Wees tog nie tevrede met leerstellings wat aan julle voorgehou word nie, maar dink eers daaroor na voordat julle dit self aanneem en bid tot My vir hulp om die waarheid in te sien. En as dit julle opregte wil is, sal Ek waarlik julle gedagtes korrek lei, omdat Ek wil hê dat julle tot die waarheid kom en Ek ook alles sal doen om dit vir julle te bring. Maar julle vrye wil is daarvoor nodig indien julle ernstig na die waarheid verlang. Ek is nie gelukkig met julle traagheid van denke nie, Ek kan julle mense nie daarvoor prys dat julle gedagteloos glo wat julle vertel word, sonder om eers self ‘n standpunt daaroor in te neem nie. Ek veroordeel julle nie wanneer julle met die beste wil van die wêreld dink om iets nie aan te neem nie, al is dit ook die waarheid. Maar Ek veroordeel julle as julle iets aanneem sonder om daaroor na te dink, omdat geestelike waarheid in julle ‘n oortuiging moet word, maar dit is slegs moontlik wanneer julle julleself in gedagtes grondig daarmee besighou en - om nou ook korrek te dink en My Self om hulp te vra. Hoe verheug Ek My nie oor so ‘n bede wat Ek ook waarlik sal verhoor, maar hoe selde styg so ‘n bede op tot My. En daarom is dit ook onmoontlik vir julle om ‘n lewende geloof te verkry. Dit sal vir My Gees onmoontlik wees om in julle te werk, omdat julle hom nie die reg gee om homself te uiter nie. En daarom kan julle julleself ook nooit beroem om aan My kerk wat Ek op aarde gestig het, te behoort nie, waarvan die ware kenmerk die werksaamheid van die Gees in die mens is, die Gees wat julle in alle waarheid binnelei, wat julle ook laat insien dat julle lewe nutteloos is, solank julle nie in die liefde leef en julle julleself nie deur die liefde met My verbind nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205