BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 495

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Laaste fase - Geloofstryd 6452 Julle sal spoedig die laaste fase betree, want die tyd het aangebreek waarvan gespreek is sedert die begin van hierdie verlossingsperiode. Die einde van hierdie aarde is op hande en julle sal spoedig alle tekens wat deur sieners en profete aangekondig is, belewe. En so sal alles vervul word, omdat My Woord die waarheid is en Ek Self deur hierdie profete se monde gespreek het. Alles wat Ek voorspel het betreffende die einde, moet julle slegs aanspoor tot arbeid aan julle siele. Daarom was daar in hierdie verlossingsperiode dikwels tye gewees waarin mense kon glo dat die einde op hande is. En dit was nodig, omdat die verdorwenheid van die mense so ‘n ingryping van My geloofwaardigheid moes gee, sodat daar steeds weer sommige van die weiniges des te yweriger met hul siele arbeid sou begin en waarlik vir die ewige lewe gered wees. Tog het die tyd nog nie in vervulling gegaan nie, want Satan het nog nie die onbeperkte mag oor die mense verkry nie, ofskoon daar ook in hierdie tyd ware duiwels op aarde is wat hulle wanorde stig. Aan die mensdom was ‘n langer tyd toegestaan, omdat nog baie van die gekluisterde geeste hulself moes beliggaam, met as doel die laaste wilsbeproewing op hierdie aarde. My verlossingsplan sal verloop volgens die wet van My ewige ordening en ‘n tydperk sal geen dag vroeër of later eindig nie, omdat Ek sedert die Ewigheid voorsien het wat dienstig sou wees vir die geeste, of hinderlik vir hul ontwikkeling. Die aktiwiteit van Satan neem egter steeds skrikwekkender vorme aan, omdat baie van die gekluisterde geeste hul vryheid verkry en deur sy invloed werk volgens sy begeerte. En daarom neem die duiwelse aktiwiteite ook onder die mense toe, hoe nader die einde kom. En My teenstander voel daarom self so sterk, dat hy dink hy kan My heeltemal oorwin. Hy hou hom ten slotte nie meer binne die grense van sy magsbevoegdheid wat aan hom gestel was by sy val in die dieptes nie. En sodra hierdie tydstip aanbreek, word ‘n einde aan sy aktiwiteite gemaak. Dit beteken die einde van ‘n verlossingsperiode en die oplossing van alle vorme. Dit beteken die vrywording van dit wat daarin gekluister is en ‘n hernude beliggaming in nuwe vorms, ooreenkomstig die toestand van rypheid van die geestelike substansies. En die oorskryding van die magsbevoegdheid sal duidelik tot uitdrukking kom en vir die mense ‘n seker teken wees van die komende einde. Want My teenstander sal hom openlik teen My draai, omdat hy die mense geweld wil aandoen. Hy sal hulle wil dwing om My te verloën, omdat hy elke geestelike verbinding met My sal wil vernietig, om alle mense in sy mag te kry. Wie die doel van hierdie aardse lewe ken, naamlik die bestaan in die vrye wilsbesluit van die mens, sal ook weet dat elke plan van My teenstander teen daardie doel ingaan. En hulle weet daarom ook dat die tydstip aangebreek het waarin Ek ‘n einde sal maak aan sy woede, deurdat Ek hom en sy aanhang weer in kettings sal bind. En hy sal daarom ook elke profesie verstaan wat op die einde gewys het. Daarom, gee ag op hierdie laaste aktiwiteit van My teenstander, waaraan julle duidelik sal herken in welke tyd julle leef. Gee ag op sy strewe om alle geloof van die mense te ontneem, gee ag op alles wat duidelik as die werk van die Antichris herkenbaar is. En let besonder daarop hoe vyandig die mense behandel word wat My in waarheid dien en poog om die waarheid te versprei. En sodra julle hierdie voortekens van ‘n komende geloofstryd sal sien, kan julle weet dat julle die laaste fase van die bestaan van hierdie aarde ingegaan het. Dan moet julle julleself bewapen as julle aan My getrou wil bly en sal hierdie stryd met ‘n vaste vertroue en met krag tegemoetgaan en weet dat Ek voor julle sal uitgaan, dat julle vir My sal stry en waarlik onoorwinlik is en sal bly, al is julle in die minderheid teenoor die skare van My teenstander. Maar hy sal Ek Self oorwin en gevange neem, wanneer die uur aangebreek het wat beslis is sedert die ewigheid. En julle, My getroues, sal uit hierdie stryd te voorskyn kom op pad na ‘n nuwe lewe. Julle sal nie meer verdruk kan word deur hom wat My teenstander is nie en wie ook nog ewighede My teenstander sal bly nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205