BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 497

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Voorbidding vir Lucifer is nie moontlik nie 6459 Aan geen wese onttrek Ek My Liefde nie, al het hy so diep gesink, al is hy ook hoe vêr verwyderd van My. Want dit het eens uit My Liefde voortgekom en sal vir ewig in My Liefde bly. En dit geld ook vir die eersgeskape wese, wie se sondigheid hom oneindig vêr van My verwyder het, wie se aanmatiging die val in die diepste diepte tot gevolg gehad het en wie ewige tye nodig sal hê om weer die weg na My terug te vind, totdat hy weer na sy vaderhuis sal terugkeer en weer as My seun deur My opgeneem sal word, totdat sy liefde weer geheel en al aan My sal toebehoort. Hierdie wese was van ewigheid voorbestem vir die hoogste geluksaligheid en was daarom geskape as My ewebeeld, wie onbeperk oor lig en krag beskik het en daarom was sy geluksaligheid ook onbegrens. Dit ontbreek julle mense aan alle begrip dat hierdie wese geval het en dat hy in so ’n mate sondig geword het, want hy het die hoogste insig besit. Hy het bewustelik gesondig teen sy Skepper en Vader, Wie hy ook herken het as sy Oorsprong, maar Wie hy egter nie wou erken nie. Dit was sy sonde, omdat hy My verwerp het, het hy My Liefde verwerp en so dus die verwydering van My - so diep soos 'n afgrond - tot stand gebring het. Hy het homself bewustelik opgestel as My teenstander, as My vyand, en het voortaan teen My gestry. Vir 'n terugkeer van hierdie wese is ewighede nodig, omdat hy dieselfde pad terug moet gaan om by My te kom en ook omdat sy afkeer van My ewighede geverg het en die klim omhoog by hom trappie vir trappie afgelê moet word en nie lukraak oorgeslaan kan word nie. 'n Skielike wilsverandering van hierdie wese is daarom nie moontlik nie, omdat hy homself nie gevange laat neem het soos alle ander gevalle wesens nie. Want aan hom, as My eersgeskape ligdraer, het Ek die vryheid gegee, toe hy geweier het om dieselfde gang deur die skepping te gaan. Maar hierdie weiering het vir My 'n diens geword, sowel as vir die wesens wat deur sy skuld in die diepte geval het. Hy dien My nou as teenpool, in die vrye wilsbesluit van die ander gevallenes. Ook aan hom is elke moontlikheid om terug te keer na die Vaderhuis ontsluit, omdat My nimmereindigende Liefde ook vir hom geld. Maar Ek dwing geen enkele wese om My te volg nie. Dit is die verskil, naamlik dat Ek niemand deur My mag bind nie, terwyl hy sy wesens vasgeketting hou. Wanneer Ek die wesens bind in die skeppingswerke en hulle hul vrye wil ontneem, dan is dit 'n werk van My Liefde vir die ongelukkige, wat Ek maar net van sy mag ontruk, om hul in staat te stel om eendag vry te kan kies. Maar hy self staan onder geen enkele mag nie. Hy is vry en alles wat hy doen is sy innerlike aandrif en dit is waarlik boos. En nooit sal hy sy weerstand teen My opgee nie, solank as wat hy sterk is. Eers wanneer hy van swakheid op die grond sal lê, sal hy na My roep. Maar dit is anders gesteld met die wesens wat hy in die diepte gestort het, wat My Krag van Liefde deur hierdie afstand verloor het, ofskoon Ek Self nie die liefde van hulle onttrek het nie, maar wie hulle deur sy mag vir ewig in die diepte wou vasgehou het, indien Ek nie die heeltemal kragtelose sou bygestaan het en hulle vir solank aan sy invloed onttrek het, dat hulle weer soveel krag sou kon besit, om vry te kan besluit in die keuse van hul meester. Dan eis My teenstander seer seker sy reg op, wat Ek hom nie sal weier nie, omdat die wesens hom eens vrywillig gevolg het. So vind dan, in die stadium as mens, die geestelike stryd plaas; naamlik die beïnvloeding van die vrye wil van die mens deur goeie of bose kragte. En die Liefde gee in hierdie stryd die deurslag. Die liefde moet en sal steeds seëvier. En julle sal nou verstaan, dat en waarom liefdevolle voorbidding vir hierdie worstelende geeste die beste resultaat sal hê. Julle sal verstaan dat My Mag nie mag ingryp nie, omdat Ek geen wese dwing nie; dat daar net liefde teenoor My teenstander gestel kan word en dat dit die enigste wapen is waarvoor hy beswyk. Dit maak hom swak, sodat hy dit vrystel wat aan hom behoort. Die grootste daad van liefde vir die verlossing van die onvrye het Jesus Christus aangebied en daardeur het Hy die teenstander ontruk van al die siele wat onder sy kruis ingevlug het. Maar om die weg na die kruis te neem, daarvoor het baie wesens ook nog hulp nodig, wat hulle dus deur liefdevolle voorspraak van die kant van die reeds vrye mense verleen kan word. Voorbidding in liefde is 'n groot faktor in die verlossing van die siele, wat hulleself in die mag van My teenstander bevind, wat die enigste wese in die hele oneindigheid is wat wil heers en wat dwang uitoefen op die oerwesens wat aanvanklik in volledige vryheid geskape is, maar wat egter nie in My mag is nie, vir soverre Ek besluit hoe hy moet dink, wil en handel nie. Van My uit is hierdie wese ook heeltemal vry. Watse voorspraak sou julle dus nou wil doen vir hierdie wese? En wat wil julle deur julle gebed bereik? Dat Ek sy wil verander? Dat Ek sy haat versag? Dat Ek hom sal beweeg om terug te keer, wat hy vrywillig moet aanpak? Vir hom staan alle weë oop. Ek hinder hom nie, maar Ek oefen geen enkele dwang op hom uit nie, selfs geen dwang deur liefde nie, omdat sy val iets anders was en is as die val van die wesens wat hy in die lewe geroep het met My Krag, en omdat hy hulle vyand is en hy hulle as vyand behandel, omdat hy verhinder dat hierdie wesens weer gelukkig en geluksalig word soos eens. Teenoor My staan hy as teenstander en hy laai sonde op sonde op sy hoof, solank as wat hy sy mag misbruik en hy die wesens in die stadium van die vrye wil so in die noute bring, dat die terugkeer vir die wesens na My juis moontlik geword het deur die hulp van Jesus Christus. Slegs die liefde verlos uit sy mag. En as julle hom wil verlos, dan sou julle van hom moet hou. En dit beteken dat julle julleself met hom moet verbind. Julle hulp, wat julle kan verleen, bestaan slegs daarin om sy aanhang te verlos, sodat hy swakker sal word. Want nooit sal hy verander, solank daar nog iets geestelik aan hom behoort nie. Eers wanneer hy alleen sal staan, wanneer almal wat eens deur hom tot ’n val gebring is, weer omhoog geklim het, sal hy sy haat, sy hoogmoed en sy weerspannige wil teen My opgee. En dan kan My Liefde hom vasgryp en kan Ek weer 'n liefdevolle Vader vir hom wees. Want dan sal hy weer My Liefde begeer, soos wat dit in die allereerste begin was. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205