BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 499

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die uitwerking van dwaalleringe in die hiernamaals 6462 Daar het baie valse opvattinge die mensdom binnegedring waaraan die wil van die mense egter self skuldig is, anders sou die kragte van die duisternis nie hul verwoestende arbeid kon uitoefen nie. Selfs die geringste nadenke sou die mense laat insien dat die waarheid nie vir hulle aangebied word nie, dog ontbreek dit by hulle en hulle neem alles sonder nadenke aan. En nou het hierdie dwaalleringe so vasgewortel in die menslike denke, dat dit moeilik is om uit te roei. Die gevaar bestaan egter dat steeds meer dwaalleringe uit hierdie valse opvattinge kan ontstaan. Daar kan geen geestelike vooruitgang behaal word, nóg op aarde, nóg in die ryk hierna, solank sulke dwaalleringe nie reggestel en onskadelik gemaak word nie, - wat slegs deur die uitstuur van die suiwer waarheid kan geskied. Maar dit is moeilik om ‘n bestaande leer reg te stel, want die insig wat daarvoor nodig is, vereis ‘n duidelike beeld van die Goddelike Liefdes- en Verlossingsplan, wat dan die sinneloosheid van sulke valse leringe bewys, sodat elke dwaling duidelik ingesien kan word, indien die mens ernstig is om die waarheid te ken. Indien ‘n siel nou die geesteryk ingaan, vervul van dwaling, dan leef sy daar in die verkeerde gedagtegang vêrder en kan nooit meer ’n geestelike vooruitgang behaal nie. Maar sy neem die waarheid ook moeilik aan. Nog veel moeiliker is dit om ’n siel wat meen dat sy alles weet, tot die waarheid te bring, as ‘n heeltemal onwetende, wat haarself eerder laat onderrig en meer gewillig is om die waarheid te aanvaar. Die eersgenoemde sal eers tot nadenke kom as sy haarself onbevredig voel en gedurig in ‘n duistere toestand moet voortgaan – of, as sy geen bose ingesteldheid het nie, in ‘n baie swak skemering, wat haar egter geen welbehae skenk nie. Dan sal sy begin om na te dink oor die valse beloftes waaraan sy op aarde vasgehou het en wat sy as ‘n onaantasbare evangelie beskou het. Om hierdie siele tot nadenke te beweeg en tot aanvaarding van die waarheid, moet hulle dikwels vir lang tye in sfere beweeg wat nie vir hulle aangenaam is nie, omdat sy steeds meer aan haar valse leerstellings dink, sy neem dit in ag en kan tog geen verandering in haar toestand ervaar nie. Dan eers begin sy te twyfel en dan eers is dit tyd dat hulle wat die waarheid in hulleself dra, haar kan nader, om haar langsaam tot ander insigte oor te haal. Maar daar gaan dikwels baie tyd verlore alvorens ‘n siel tot insig kom. En daarom is dit een van die belangrikste opdragte vir die werkers in die wingerd van die Heer om al op aarde teen dwaling en leuens in te gaan en die mense al op aarde opmerksaam te maak op die nuttelose gang van sake in hul lewens, selfs al wil hulle dit nie glo nie. Want dan kan hierdie denkbeelde vinniger in hul gedagtes opkom wanneer hulle heengaan van hierdie aarde en ‘n insig wat vinniger kan deurbreek, sal moontlik wees in die ryk hierna. Steeds weer moet dit aan die mense voorgehou word dat alles vergeefs is waaraan hulle ywerig gehoor gee, indien die gebooie van die liefde tot God en die naaste nie vooropstel is nie. Hulle moet baie duidelik gewys word op die vals leerstellings - en daar is ontsettend baie. Dit moet aan hulle voorgehou word dat God slegs liefde van die mense verlang om hulle te kan opneem in Sy ryk en dat al die ander egter sonder waarde is vir die siel, solank as wat die liefde ontbreek. En al sal die mense verontwaardig daaroor wees, die siele sal julle tog eenmaal dank, wanneer hulle hul aardse omhulsel verlaat het. En as sy haarself behoeftig en gebrekkig bedeeld voel en geen verklaring daarvoor sal hê nie, dan sal sy aan julle voorligting dink en deur haar toestand ook die waarheid insien. En dan sal sy ook dankbaar wees wanneer die waarheid nou vir haar aangebied word, want slegs die waarheid kan haar help om opwaarts te gaan, slegs deur die waarheid kan sy salig word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205