BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 500

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verbinding tussen die sterrewêrelde en die aarde 6465 In die verre ruimtes van die heelal sirkel sterre in groot getalle en elkeen van hierdie sterre is ‘n skeppingswerk wat bestem is om as verblyfplek te dien vir die geeste wat positief aan die ontwikkel is, om die ontwikkeling van die geeste op veelsoortige maniere te bevorder. Al hierdie skeppingswerke het egter ontstaan ten behoewe van die geeste, want oneindig groot is die getal van die gevalle oergeeste en onmeetlike periodes word vereis alvorens die omvorming terug na hulle oerwese voltrek sal wees. En oral is lewe, - oral egter ook ‘n stadium van verharding, dus het elke hemelliggaam die gebonde en ook die minder gebonde gees in sy gebied by homself. Maar die wesenlike wat blyke gee van lewe is op die verskillende hemelliggame ook net so verskillend van vorm en voer ook heel uiteenlopende werksaamhede uit. En daar kan slegs op geestelike wyse oor hierdie verskillende geaarde skeppingswerke en lewende wesens berig word, omdat ‘n verbinding tussen hierdie wêrelde en die aarde nooit tot stand gebring kan word nie en alle kennis daaroor gevolglik onmoontlik sou wees, indien dit nie geestelik aan die mense oorgebring word nie. Dit is sterrewêrelde van ontsaglike groot omvang vergeleke met die aarde, wat wel die geringste en armsaligste hemelliggaam genoem sou kan word, indien haar doel en haar spesiale bestemming nie daarvoor sou kompenseer nie. Wat deur julle gesien kan word aan die uitspansel is slegs ‘n nietige deeltjie van die skepping van God wat in die heelal bestaan, dit is die sterre wat aangedui kan word as “hulle wat hulself in die nabyheid van die aarde bevind” omdat dit altyd nog deur die oë van die mense bekyk kan word, al is dit ook in ‘n oneindige verkleining waarvoor julle geen skaal ken nie. Maar hierdie sterre word ook deur sulke wesens bewoon wat in ‘n sekere kontak met die aarde gestaan het, wat hulself as kosmiese teweeggebringde uitstraling voordoen, wat deur alle hemelliggame, wat in die gebied van ‘n son is wat daaraan toegewys is, wedersyds van tyd tot tyd plaasvind. Wat julle mense as “teweeggebring deur die kosmos” aansien, is egter ook geestelik nie sonder uitwerking nie. Dit is in ‘n sekere sin vir julle onbekende hulpverlening deur wesens wat wil gee wat hulle besit en graag wil neem wat by hulle ontbreek, - wat egter altyd slegs geestelik verstaan moet word. Die verloop van alle hemelliggame voltrek hulself in die goddelike ordening, wat slegs deur die Wil van God Self verander kan word wanneer dit bevorderlik sal wees vir ‘n besondere doel. Maar juis hierdie wetmatige ordening verhinder ook dat sterre in hul omgewing ooit bymekaar kan uitkom, ook dat daar tussen sulke sterre geen regstreekse verbindinge tot stand gebring kan word nie en dat die sfeer van ‘n hemelliggaam, wat vir elke hemelliggaam begrens is, nie deur die wesens daaromheen deurbreek kan word nie. Daar bestaan wel geestelike verbindinge van wêreld tot wêreld, waarvan die doel slegs is dat dit die geestelike ontwikkeling dien. En sulke geestelike verbindinge sal in die laaste tyd baie dikwels tot stand gebring word, maar die mense op die aarde weet nie deur welke sterrewêrelde hulle aangespreek word wanneer ‘n wese van hierdie wêrelde homself uiter nie. Hulle weet dit nie, omdat dit glad nie van belang is waarvandaan hierdie boodskappe kom nie, omdat ‘n regstreeks benadering van die wesens van sulke wêrelde nooit moontlik sal wees nie. Maar hulle werk onophoudelik op die bewoners van die aarde in, omdat hulle hul geestelike nood insien en ook die kennis het van wat die “hemelliggaam aarde” te wagte staan. En hulle toon daarom 'n lewendige belangstelling in hul wel en weë, omdat hulle op hoogte is van die groot geleentheid vir die mense op aarde om kinders van God te kan word en wil graag al hulle invloed aanwend, sodat die mense hierdie doel kan bereik. Die bewoners van ander hemelliggame is meer of minder vol van lig, maar hulle het nie verval tot die duistere geestestoestand van die mense op aarde wanneer stralende sterre nog hulle verblyfplek is nie. Maar ook hulle ontwikkeling is nog nie afgesluit nie, ook hulle het nog nie die oertoestand bereik nie, - tog het hulle ‘n ander ontwikkelingsgang as die mense op aarde en ook is hulle werksaamheid anders. Hulle geestelike take kan hulself ook tot die bewoners van die aarde uitstrek en vind op ‘n ander manier plaas as wat julle mense dit vir julleself kan voorstel. Julle kan onder hulle invloed staan, julle sal julleself egter nooit anders as geestelik met hulle in verbinding kan stel nie, omdat dit ook ‘n wet is van die goddelike ordening wat onherroeplik is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205