BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 502

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die waarheid openbaar die volmaaktheid van God 6467 Wat julle moet weet om julle geestelike taak suksesvol te vervul, sal aan julle gestuur word sodra julle van plan is om dit te gebruik vir julle geestelike werk en julle My daarvoor vra. Wanneer Ek julle die taak gee om My en My Naam te verdedig, om My leer van liefde te verkondig en om van My Liefde te getuig, dan moet ook alles wat julle aan julle medemens vertel, ook hierdie liefde van My kenbaar laat word. Julle moet altyd in staat wees om My Goddelike wese te onderken, wat alle eienskappe in hoogste volmaaktheid besit en nooit mag vertwyfelinge in julle opkom nie, want julle moet nooit iets verkondig wat in julle vertwyfeling in My volmaaktheid verwek nie. Selfs ‘n skynbare teenspraak moet ook met julle kennis uitgelê word, sodat julle altyd oor die volmaaktheid van My wese sal kan getuig wanneer julle julle medemens onderrig. Dog kan dit slegs deur die waarheid tot stand gebring word, terwyl elke verkeerde leer ‘n vervorming van My Wese sal wees, ‘n beeld wat My nie as volmaak, maar as gebrekkige Wese sal kenmerk. En daarom kan julle mense self al ondersoek instel en sonder beswaar alles as vals verwerp wat twyfel in julle wek oor die volmaaktheid van My Wese - wat My Liefde, My wysheid of My Almag twyfelagtig laat lyk. Ek wil dat julle My sal sien as julle mees liefdevolle Vader van ewigheid, Wie se Wysheid onoortreflik is en vir Wie daar geen grense bestaan aan Sy mag nie. Ek wil dit so hê, omdat julle slegs ‘n volmaakte Wese sal kan liefhê en omdat Ek julle liefde wil wen. Daarom sal Ek julle mense altyd ‘n ware lig gee en Ek sal elke dwaalleer so vir julle belig, dat julle elke misleide leerstelling sal herken as misleiding, waar dit andersins ewig duisternis in julle sou gewees het en julle julle liefde van My weerhou, omdat julle My nie ken nie. Om hierdie rede laat Ek julle die waarheid Self toekom, omdat Sy nog selde op aarde slegs te vinde is. Daarom kies Ek ‘n manier om julle Self aan te spreek, omdat geen onwaarheid ooit uit My Mond kan kom nie en dat julle nie nodig het om bang te wees dat My Woord al ’n vervalsing ondergaan het deur menslike wil nie, wat deur My teenstander beïnvloed kon gewees het nie. My regstreekse Woord van bo waarborg julle die absolute waarheid, omdat Ek wil hê dat die waarheid aan julle oorgebring word en omdat Ek Myself waarlik ook kan realiseer. En elkeen wat nietemin nog twyfel of Ek My Woord Self aan julle mense stuur, moet toets of die oorgebragte geestelike goedere ‘n God van Liefde, Wysheid en Almag openbaar en of dit getuig van ‘n hoogs volmaakte Wese. En julle sal niks daarin kan vind wat julle aanleiding sal gee tot twyfel nie. Maar vergelyk nou ook die leerstellings wat julle tot dusvêr as 'waarheid' gehoor en uitgedra het. En die god wat aan julle voorgehou was, sal van vele menslike swakhede getuig. Hy sal homself as ‘n bestraffende, onregverdige en nouliks liefdevolle God aan julle voorstel, wat julle sekerlik sal vrees maar nie kan liefhê nie, wie in sy onvolmaaktheid ook nie vir julle as wys en magtig sal voorkom nie, omdat die regte verklaring ook nooit aan julle gegee kon gewees het nie, omdat Ek dit vir My self voorhou en Ek sal hierdie waarheid stuur waar die fondament daarvoor in die hart van ‘n persoon gelê is, sodat hy My Woord regstreeks kan verneem. En wanneer julle mense in ‘n God glo, moet julle ook oortuig wees van die volmaaktheid van Sy wese. En hierdie geloof, hierdie oortuiging, wil Ek aan julle skenk deur My Woord, sodat die waarheid julle gelukkig sal maak en julle dan ook sal leer om My lief te hê en die verlange sal hê om met My te verenig. Slegs die suiwer waarheid sal hierdie verlange in julle laat ontwaak. Maar Ek wil hê dat julle vrywillig kontak sal soek met My. Daarom kan Ek dit slegs bereik deur die oordra van die waarheid, wat My Wese aan julle sal openbaar, wat in sigself Liefde, Wysheid en Almag in die hoogste volmaaktheid is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205