BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 503

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Gevare van mediumieke ontvangs 6468 Daar word baie vir julle mense as waarheid voorgehou, wat in mediumieke toestand in ontvangs geneem word uit die geesteswêreld. En julle verdedig hierdie leerstellings dikwels met oortuiging, omdat julle oortuig is dat julle niks verkeerd onderrig kan word uit hierdie wêreld nie. En juis hierdie leer kan vir julle tot groot nadeel strek, omdat julle dan nie meer in staat sal wees om die suiwer waarheid aan te neem nie. Wat op mediumieke wyse ontvang word, moet julle steeds maan tot die grootste versigtigheid, dit word steeds weer vir julle gesê. Want maar selde is die sfeer waarin die ontvanger homself bevind, so gesuiwer, so met lig deurstraal, dat die vyandige kragte nie kan binnedring nie. Slegs dan kan suiwer waarheid ook op mediumieke wyse oorgebring word. Die gedagtes van die mense wat die ontvanger omring, bepaal egter ook die uitsprake wat mediumiek gedoen word. Die ontvanger self het afgesien van sy wil en word nou deur ‘n vreemde wil beheers. Slegs die optimale suiwerheid van die omringende kring hou al die laer geeste op ‘n afstand, - sodra ‘n mens egter in hierdie omgewing ‘n onware gedagte wat hy tot nou toe voorgestaan het, in homself laat opkom, roep hy die wesens nader wat onmiddellik sy dwaling wil bevestig, omdat hulle nou ook toegang het tot hierdie kring, - wat nie kan gebeur wanneer alle aanwesiges slegs deur die verlange na die suiwer waarheid besiel is en hulleself volledig en heeltemal aan God en al die ligvolle wesens oorgegee het nie. Dog sal hierdie algemene wil spoedig ook die mediumiek afwys, want hulle sal God nou bewustelik vir opheldering vra, om waarheid - en ‘n uitskakeling van die wil en ‘n transtoestand sal nie meer nodig wees nie, omdat God so ‘n ernstige versoek om die waarheid te stuur, waarlik sal vervul en vir Homself uit die kring ‘n dienaar sal kies aan wie Hy Sy woord in ‘n toestand van bewustheid kan oordra. Elke mediumieke mededeling moet egter nie afgewys word nie, omdat ligwesens soms ook hierdie moontlikheid gebruik om verbinding met die mense te verkry, van wie hulle hoop om eens innige kontak tot stand te bring, wat dit moontlik sal maak om die suiwerste waarheid oor te dra. Maar hierdie mediumieke ontvangste moet steeds ooreenstem met die woord van God wat in ‘n toestand van bewustheid ontvang word. Maar dikwels sal verskille hulle voordoen, wat aanleiding gee tot meningsverskille, omdat sulke mediumieke ontvangstes ook hoog gewaardeer word. Ligwesens sal hulleself altyd in ooreenstemming met mekaar uiter, hulle sal steeds die waarheid uit God verkondig. En elke afwyking moet ernstig ondersoek word, of en in hoeverre die omgewing, of die mediumieke ontvanger self, tevore al met gedagtes vervul was van ’n opvatting wat in teenspraak was met die woord wat in ‘n toestand van bewustheid oorgebring word. Daar is maar één waarheid en dit gaan van God Self uit, ook as dit deur ligwesens oorgedra word. En waar hierdie waarheid is, daar is geen teenspraak nie. Daar is egter baie verskillende menings en daar bestaan verskillende bronne waaruit die mense put. Maar slegs een Bron is die lewensbron wat God ontsluit het. Hy giet Self Sy Gees uit in die harte van die mense wat hulle gereedmaak as houers vir die vloei van die Gees. Die gereedmaak is ‘n bewustelike werk, ‘n arbeid aan die siel, ‘n omvorming tot liefde, wat die voorwaarde is vir die werksaamheid van die Goddelike Gees. Maar ook ‘n mens wat hierdie omvorming nog nie tot stand gebring het nie, kan mediumiek ontvang, deurdat hy maar net afsien van sy eie wil en ‘n vreemde wil meester van hom laat maak. En hoe hierdie vreemde wil geaard is, bepaal hy en sy omgewing self deur die graad van volmaaktheid van die siele. Elke geestelik gewekte mens sal homself verset teen mediumieke ontvangste, omdat hy ook die gevaar sal insien wat daarin verborge lê en die verlange na die diepste waarheid ‘n geestelik gewekte mens steeds vervul. Maar ‘n medium wat ‘n hoë graad van rypheid het, sal baie spoedig in staat wees om die boodskappe bewustelik in ontvangs te neem en dit sal dan nooit in teenspraak wees met die suiwer woord van God, wat stroom uit die lewensbron wat God Self ontsluit het nie. Wees oplettend wanneer julle teenspraak ontdek en ondersoek waarvandaan die leerstellings wat mekaar teenspreek, uitgegaan het. En as dit julle wil is om in die waarheid vas te staan, sal julle ook daarin slaag om duidelikheid te verkry, wanneer julle God Self sal vra vir Sy bystand, wanneer julle alle twyfel, alle vrae aan Hom voorlê en altyd maar net korrek onderrig wil word en met oortuiging sal kan opkom vir Hom en die enigste ware, naamlik die waarheid uit God. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205