BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 504

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Skepping van die natuur is ’n bewys van God se Liefde 6470 Die skeiding tussen My en die wesens was deur die vrye wil tot stand gebring. En hierdie vrye wil moet ook weer die eenwording met My tot stand bring. Maar My Wil sal altyd hierdie eenwording ondersteun, omdat dit beide julle, asook My geluksaligheid beteken. Maar nooit sal Ek julle vrye wil beperk nie. Nooit sal Ek die eenwording veroorsaak teen julle wil nie. En so sal dit vir julle ook begryplik wees, dat net julleself 'n verandering teweeg kan bring uit 'n ongelukkige toestand - wat altyd ’n skeiding van My beteken - na 'n toestand van onbegrensde geluksaligheid, wat in die vereniging met My te vinde is. Dus bepaal julle self julle lot, maar Ek laat julle nie aan julle selfgekose noodlot oor nie. Ook nie eers wanneer julle wil nog weerspannig teen My is nie. Wat van My kant af nog gedoen kan word om julle te help om geluksalig te word, sal Ek waarlik nie nalaat nie. Maar die vrye wil, die teken van julle Goddelike oorsprong, bind My Mag. Ek wil julle nie oorwin nie, inteendeel, Ek wil julle liefde wen, wat julle dan onvermydelik na My sal dring en wat slegs geluksalighede kan gee. Om julle liefde te wen is egter slegs moontlik wanneer julle leer om My Self as die Ewige Liefde te herken. Maar julle mense laat julle slegs deur dit aanspreek wat My teenstander vir julle bied. Maar na My gawe verlang julle nie, omdat julle dit nie werklik waardeer nie, omdat julle sinne nog nie gerig is daarop wat Ek julle graag sou wou gee om julle gelukkig te maak nie. En dus moet Ek julle ook iets bied wat vir julle sinne weldadig is, maar wat My teenstander julle tog nie kan bied nie. Ek moet julle deur die skepping, deur die natuur aanspreek, wat julle ook gelukkig kan stem, wat julle harte vinniger sal laat klop en ook julle gedagtes op My sal kan rig, sodat julle aan Hom kan dink wat alles om julle heen geskape het. Deur die skepping kan Ek julle mense aanspreek en My aan julle as 'n liefdevolle God laat sien, wat julle weer sal kan liefhê ter wille van al die heerlikhede wat julle omgewe en so nou en dan julle harte vinniger laat klop. Die skeppings in die natuur is so ’n duidelike bewys van 'n Liefdevolle, Wyse en Magtige Godheid, dat elkeen homself daardeur aangespreek kan voel en die weg sal kan vind na Haar. En tog gaan ontelbare mense ongeïnteresseerd en ongeërg daarby verby, omdat hulle gedagtes op die materiële wêreld gerig is en hulle aan niks anders aandag kan gee nie. En Ek mag hulle wil nie dwing nie. Ek mag hulle nie in die regte rigting lei nie, maar kan net alles doen, om My by hulle in hul geheue terug te roep, wat nou deur nood en slae van die noodlot en duidelike hulpverlening moet geskied. Wat My Liefdevolle inwerking nie tot stand kon bring nie, moet nou deur harder middele probeer word. Waar die bewyse van My Liefde en Wysheid nie in die skepping gevind word nie, daar moet My Mag Homself bekendmaak, aan welke mag van die mense nie in staat is om weerstand te bied nie. Die mens moet My maar net herken, om dan 'n verhouding met My aan te knoop, waaruit hulle ‘n liefdevolle verlange kan ontwikkel om nader aan My te kom. Ek wil slegs bereik dat die wese homself vrywillig na My sal wend, soos wat hy homself eens van My afgewend het. Maar Ek kan My nie so duidelik bekendmaak dat die mens gedwing moet word om in My te glo nie. Want so ‘n geloof sou nutteloos wees en dit sou My nooit die liefde van My skepsele teruggee nie, eerder net vrees en onderwerping, of 'n herhaalde vlug na benede na My teenstander. Maar hoe maklik sou die terugkeer na My julle kan geval, as julle maar net met oop oë deur die wêreld sou gaan. Julle sou meer aandag kan skenk aan alles waarby menslike wil en menslike werksaamheid nie betrokke is nie. Dan sou julle meer nagedink het oor julself en julle liggaamlike gesteldheid, wat al vir julle die werksaamheid van 'n Magtige en Wyse Wese sou kon bewys, met Wie julle eenwording moet soek. Maar dit alles beskou julle as vanselfsprekend en tog is dit deurslaggewende bewyse van My bestaan, van 'n uitermate volmaakte Wese, aan Wie julle julle bestaan te danke het. Julle kan vrywillig die terugweg na My neem, want Ek maak dit vir julle waarlik maklik om My te herken, Wie julle eens verloën het. Maar Ek dwing julle nie. Maar wanneer die aardse nood op julle gaan afkom, dan sal Ek nader aan julle kom en sal maar net wag dat julle My roep, dat julle swakheid en hulpeloosheid julle aan Hom sal laat dink, Wie sterk en magtig is en Wie julle liefhet. En wanneer Ek dit deur nood bereik het, sodat julle die weg na My gevind het, dan was hierdie nood geseën. Want julle sal nie vir ewig van My geskei kan bly nie. Julle moet weer na My terugkeer. Julle behoort gelukkig te wees en moet hemelse saligheid verkry, wat julle eens vrywillig prysgegee het. Julle moet met My en in My nabyheid kan skep en werk in lig en krag, wat egter slegs moontlik is wanneer julle weer met My sal verenig en verenig sal bly tot in alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205