BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 506

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Waarheid is noodsaaklik om volmaak te word 6474 My Gees sal julle in die waarheid inlei. Sal julle kan aanneem dat Ek, julle God en Vader van ewigheid, Wie volkome Liefde is en Wie julle uit My Liefde geskape het, die Waarheid van julle wil weerhou? Sal julle kan aanneem dat Ek julle in 'n toestand wil laat bly wat nie volmaak genoem kan word nie, terwyl Ek andersyds julle die lewe op aarde as mens gegee het, sodat julle volmaak kan word? Soos wat julle mense nou is, staan julle nog vêr van volmaaktheid af en daarom is julle ook vêr verwyderd van die Waarheid. Maar nooit kan dit nie My wil wees nie. Inteendeel, julle wil self nie aan hierdie gebrekkige toestand ontsnap nie. Omdat dit egter My doel is om julle tot volmaakte wesens te verander, moet ook alles van My kant gedoen word wat daarmee kan help. En die belangrikste om die toestand van volmaaktheid te bereik is dat julle die Waarheid sal kry, die insien van die waarheid en dan ‘n lewenswyse volgens hierdie insig. Julle sal nie volmaak kan word solank julle denke nog verkeerd is nie, want julle sal dan nooit die regte dinge kan doen wat volmaaktheid tot gevolg sal hê nie. Eers moet die waarheid aan julle oorgedra word. Dan eers is dit moontlik om My as die Ewige Waarheid te leer ken en lief te hê en dan eers sal julle volmaaktheid kan tegemoetgaan. Die graad van krag van julle insig bepaal julle self deur die graad van liefde wat julle in julleself ontsteek. En daarom kan die mate van kennis baie verskillend wees, in ooreenstemming met die graad van liefde. Maar dit sal slegs beantwoord aan die waarheid, wanneer julle maar in die waarheid wil wandel. Slegs julle wil bepaal of julle denke reg of verkeerd is, of julle ware of valse kennis ontvang. Maar julle kan daarvan verseker wees dat Ek julle nooit in verkeerde denke sal laat voortgaan wanneer julle diep in julle harte begeer om in die Waarheid te staan nie. Want as julle na die Waarheid verlang, verlang julle na My Self en aan hierdie begeerte sal Ek steeds voldoen. Ek wil dat julle volmaak word, omdat julle dan eers gelukkig sal wees. En Ek wil geluksalighede vir julle berei, omdat julle My kinders is wie Ek liefhet, omdat julle uit My Liefde voortgekom het. Ek wil hê dat julle volmaak sal word. Glo julle dat julle hierdie volmaaktheid sal kan bereik met 'n verkeerde denke? Met 'n denke wat My teenstander aan julle oorgedra het om julle weg te hou van volmaaktheid? Dwaling en leuen is duisternis. Dit is tekens van gebrek aan insig, gevolge van julle vroeëre afval van My en tekens dat julle aan My teenstander behoort, wat al die lig in homself in duisternis verander het. Julle bevind julle dus in sy gebied, solank as wat julle vêr van die Waarheid af is en julleself in verkeerde denke bevind. Indien Ek julle weer na die Lig wil lei, indien Ek wil hê dat julle weer volle insig sal hê sodat julle die duisternis kan ontvlug, dan moet Ek dus die suiwerste Waarheid aan julle besorg. En hierdie Waarheid sal julle in alle oorvloed van My in ontvangs kan neem. Ek sal haar steeds aan julle uitdeel, as julle haar net wil ontvang. Slegs julle wil bepaal die graad van lig waarin julle staan. Die fundamentele waarhede wat julle nou ontvang, sal julle onderrig hoe om verdere kennis te kry. Maar die grondwaarheid is die wet van die ewige ordening, naamlik die liefde vir My en vir die naaste. En hoe julle julleself nou gaan instel teenoor hierdie wet, so sal ook die graad van julle insig wees, wat julle nou enorm sal kan vergroot. Julle sal dus in die diepste kennis kan binnedring met My ondersteuning, omdat julle julself deur julle liefde by My - dit wil sê, by My oerwese – aangepas het en dus altyd helderder en duideliker sal kan insien wie julle is, waar julle vandaan kom en watter bestemming julle eens sal bereik wanneer julle volmaak is. Alles wat julle tot volmaaktheid sal dien, sal julle van My kan onttrek, as dit julle wil is om volmaak te word. En so sal julle ook onbeperk waarheid ontvang. Want die ewige Waarheid sal niks van julle weerhou nie, sodat julle weer kan word wat julle was vanaf die eerste begin, naamlik wesens wat in die hoogste lig gestaan het, wie onmeetlik geluksalig was en daarom weer geluksalig moet word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205