BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 507

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Weg omhoog nie sonder Jesus Christus nie 6477 Dit is vir julle mense nie moeilik om omhoog te gaan, indien julle My Woord as riglyn vir julle lewenswandel neem nie, indien julle My Woord opneem in julle harte en daarvolgens leef nie. Dit kos slegs selfoorwinning, om eie wense en begeertes laaste te stel ter wille van die naaste, die losmaak van die materiële wêreld in soverre dat dit nie meer julle gedagtes beheer nie, maar slegs gebruik word vir sovêr julle aardse lewe dit vereis om te kan bestaan. Indien julle kan slaag om die eieliefde te verander in onbaatsugtige naasteliefde, sal julle altyd meer in krag toeneem om die weg omhoog met gemak af te lê. En sodat julle die omkeer van eieliefde na ware liefde kan regkry, daarvoor het Ek aan die kruis gesterf en het Ek vir julle 'n skat van genade verwerf, wat julle maar net hoef te benut om nou ook dit te kan laat realiseer wat julle vir julself voorneem. Dit wil dus sê dat julle net na My in Jesus Christus hoef te roep, sodat Ek aan julle die krag kan verskaf om julle wil te verander, en dit sal julle onbeperk toekom. Daarom sal julle dus eers in die Goddelike Verlosser Jesus Christus moet glo, in Sy kruisdood, wat 'n werk van barmhartigheid vir julle was, en in die menswording van julle God en Skepper van ewigheid, wat hom in die Mens Jesus beliggaam het om vir julle die werk van barmhartigheid te volbring. Want eers wanneer julle daarin glo, doen julle ook 'n beroep op die barmhartigheid van die verlossingswerk. Wend julle in gebed tot Jesus Christus en vra vir Sy hulp en dan sal julle waarlik nie meer kragteloos wees nie. Julle wil sal die versterking ervaar wat julle nodig sal hê om My Woord ook te kan nakom en julle sal geen ander doel meer nastreef as die vereniging met My nie, wat die gevolg is van die nakoming van My gebooie van liefde. Ek verlang dus niks van julle wat onmoontlik is nie. Ek verlang van julle maar net die geloof in My in Jesus Christus, omdat hierdie geloof julle dan alles sal waarborg, omdat dit julle vol vertroue sal laat vra vir dit wat by julle ontbreek, naamlik krag om weerstand te bied teen alle versoekings en krag om vooruit te gaan. Maar sonder hierdie geloof sal julle ewig in die diepte bly. En julle sal die wêreld toegedaan wees en dus vir hom, wie die meester van hierdie wêreld is. Julle sal die eieliefde steeds meer in julleself koester. Julle sal ongeërg by die nood van die medemens verbygaan. Julle sal Hom nooit aanroep, Wie alleen 'n verandering van julle denke en julle wil kan bevorder deur toevoer van krag nie, Wie julle slegs versterking wil gee om julle los te maak van alles wat aan My teenstander hoort sodat julle slegs op My sal afstuur. Maar voor die einde van hierdie aarde ontbreek daar 'n lewende geloof by die mense in hul Goddelike Verlosser Jesus Christus. Want die mense is sonder enige liefde, ofskoon elkeen die liefdesvonk in homself dra en dit maar net hoef te ontbrand. Daarvoor is baie nood nodig, sodat enkele mense nog hierdeur aangespoor kan word om naasteliefde te beoefen. Groot nood kan dit nog tot stand bring, sodat die harte van die mense sal ontdooi, sodat hulle hul eie begeertes laaste sal stel en helpend werksaam sal word. En dan sal hulle 'n krag in hulleself bespeur, wat hulle sal help om opwaarts te gaan, indien hulle maar van goeie wil sal wees en nie die vlam van liefde in hulleself versmoor wat deur die ys van die hart deurgebreek het nie. Die nood sal vir baie mense nog tot seën kan word. En dit sal as laaste middel aangewend word by diegene wat nie aandag geskenk het aan My Woord nie, wat hulle die weg omhoog so duidelik aanwys dat hulle dit sal moet vind wanneer hulle My Woord sou aanneem. Maar anders as deur My Woord sal hulle nie meer gehelp kan word wanneer hulle nie wil hoor nie. En daarom sal My Stem nog eenmaal hard en hoorbaar weerklink vir die mense, wat hulle ore vir die sagte stem gesluit het. Maar tog sal hulle wil vry bly, sodat My luide stem ook net so goed voor hulle ore sal kan wegsterf en sonder uitwerking bly. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205