BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 508

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Maria verskynings - Tekens en wonders - Die werksaamheid van van satan 6478 Die mens skenk slegs aandag aan tekens en wonders. Hy wil ’n kykie hê in dit wat vir hom verborge is. Hy wil eers onverklaarbare dinge beleef en dit is vir hom meer geloofwaardig as die suiwer Woord van God. Maar in werklikheid vergroot hulle net die duisternis en die dwaalleer, want dit is net te beskou as die werke van hom wat verwarring wil stig en wat altyd in die besonder werksaam is wanneer die suiwer waarheid op die punt staan om deur te breek. Elke opflitsende lig wil hy verdoesel met die diepste duisternis. Slegs selde sal die mense hulleself uitsit vir die verspreiding van die waarheid, terwyl die leuen en die dwaling daarenteen rasendsnel versprei word en die mense nie daarvoor terugdeins om aan hul medemens kos voor te sit wat geen voedingswaarde hoegenaamd het nie, maar slegs 'n vergiftigende uitwerking. In die laaste tyd voor die einde is die werksaamheid van satan duidelik, deurdat hy hom presies van die middele bedien wat 'n goddelike werksaamheid voorhou. God het die mens Sy Gees belowe en Hy het die werksaamheid van die Gees met ongewone gawes van genade verbind. Die Krag van God kom tot uiting deur mense wat Sy Woord verkondig; wat Sy ware dienaars op aarde is en wat daarom ook dinge sal volbring, soos wat Jesus dit op aarde volbring het, naamlik om siekes te genees en allerlei gebreke van die mense weg te neem; vol van wysheid en krag en die vermoë om te sien wat God oor die mense sal stuur, wat wonders sal doen, soos Hy, omdat God deur Sy Gees in hulle kan werk, om hierdie mense tot geloof en tot omkeer te beweeg, voordat dit te laat is. Maar al hierdie verskynsels kry maar min aandag by die mense, omdat hulle as ongeloofwaardig nie openbaar gemaak word nie en omdat die Goddelik-Geestelike Haarself nooit op die voorgrond plaas teen die wil van die mense nie. Maar op dieselfde manier is die teenstander van God werksaam voor die einde, deurdat hy sy krag gebruik vir bedrieglike aktiwiteite, vir begogeling van allerlei aard. En sy werksaamheid kry aandag. Hy wil manifesteer en steeds as engel van die lig sigbaar word. Hy sal die massas voortower wat hulle wil sien, want hulle begeerte gee hom die fondament vir valse wonders, vir dwalinge van allerlei aard. Mense wat vir hulleself afgodsbeelde skep, stel as te ware satan die middele ter beskikking, waardeur hy nou werksaam kan wees. En dit is baie moeiliker om die mense te oortuig dat hulle die vyand ten prooi geval het, wanneer hulle in hierdie verskynsels glo. Want ook daarvoor sorg satan, naamlik dat die groot massa kennis daarvan neem en hulself altyd meer verlustig aan die wonders van valse christusse en valse profete; aan verskynings, wat gedeeltelik bedrog is, en gedeeltelik deur die wil van die mense self ontstaan het, omdat die slegte werksaamheid deur die wil en die dwaalleringe van mense in die hand gewerk word, omdat daar dan van sy kant nie meer groot krag nodig is om sulke valse wonders op te roep nie. God werk nie op hierdie manier op die mense in nie. En God bedien Homself nie van diegene wie se denke so op 'n dwaalspoor gelei is dat hulle nie in staat is om die ware van die valse te kan onderskei nie. Hy werk in stilte. Hy stort sy Gees uit oor alle vlees. En diensknegte en diensmaagde sal in Sy opdrag verkondig en die suiwer waarheid uit God verbrei. Maar nooit sal Hy bestaande dwaling bevorder nie. Nimmer sal Hy die mense nog daarin versterk en nooit sal hoë en hoogste ligwesens hulleself so uiter, dat hulle sal soek om hul eie naam te verheerlik nie. Maar Satan kan homself nestel in werke, wat mensehande laat ontstaan het vanuit 'n heeltemal verkeerde ingesteldheid tot God. Werke wat 'n bestaande dwaling moet bevestig en wat daarom ook 'n ware verblyfplek is vir hom, wie die vader van die leuen en die dwaling is en sal bly, solank as wat hy werksaam is. En die mense is blind van gees en ondersteun sy doemwaardige werksaamheid. Maar hulle sluit hul steeds meer af vir die waarheid en daarom sal die teenstander baie sukses hê, want dit is die tyd van die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205