BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 509

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Vir God is ‘n duisend jaar soos ‘n dag 6479 Nog ewige tye sal verbygaan alvorens alle skeppingswerke, die hele materiële wêreld, wat die onverloste gees in haarself dra, opgelos kan word, totdat al die materiële hulself vergeestelik het - en totdat al wat onvolmaak geword het, weer volmaaktheid bereik het. Ewige tye sal verbygaan. Maar vir God is duisend jaar soos ‘n dag, want Hy is van ewigheid tot ewigheid, vir Hom is hierdie tyd ook soos ‘n oomblik. Maar vir die onvolmaakte gees sal dit eindelose tye wees alvorens die volmaaktheid weer bereik kan word, maar dan sal die tyd van terugkeer eweneens soos ‘n oomblik voel. En so sal julle mense getroos kan glo dat ook die aarde nog ewige tye sal bestaan om haar groot taak te vervul, naamlik om die mense te help om kindskap van God te bereik, julle sal kan glo dat mense steeds weer die aarde sal bevolk en dat daar gevolglik van ‘n “einde” van hierdie skeppingswerk aarde nog lank geen sprake is nie. Maar dat die aarde steeds weer verander sal word, dit wil sê, hernu sal word, dat sy steeds weer herstel en in staat gestel moet word om haarself van haar taak te kan kwyt en dat dit steeds in bepaalde periodes sal afspeel, kan julle net so oortuigend glo, alhoewel die ontwikkelingsproses nog lank nie voltooi is nie en julle nie van ‘n ondergang van die wêreld sal kan praat as julle ‘n totale ophou van die aardse materiële skeppings daaronder verstaan nie. Nog wag oneindig baie geeste vurig op hulle verlossing, nog is die eens gevalle gees slegs vir ‘n baie klein gedeeltetjie verlos en teruggekeer na God. Nog bevind die grootste deel hulself in die oordeel, dit wil sê, hulle is gebonde in skeppings van allerlei aard. En al die gekluisterde moet nog die stadium van mens bereik en moet hulself dus as mens op die aarde beliggaam. En daarom sal die aarde steeds weer opnuut verrys, wanneer so ’n ontwikkelingstydperk aanbreek, maar steeds beteken die verrys van ‘n nuwe aarde die totale omvorming van haar oppervlakte en ‘n einde vir die mense wat die aarde bevolk, op enkeles na, aan wie die gang oor die aarde die rypheid opgelewer het. En daarom moet ook ‘n ophande synde einde dus vir die mense aangekondig word, wat aan hulle begryplik gemaak moet word wat daaronder verstaan moet word; omdat hulle nie aan ‘n beëindiging van die hele wêreldskepping wil en kan glo nie en julle nie hulle argumente hieroor sal kan weerlê nie. Maar vir die mense is dit onbelangrik of ‘n ondergang van die wêreld moontlik is. Hulle moet hulself slegs met die gedagte vertroud maak dat die einde vir hulself gekom het, dat die hemelliggaam aarde ‘n omvorming ondergaan, waarvan die mense die slagoffers sal word, ook dat daar nog ewighede sal verbygaan totdat die aarde haarself eens volledig sal vergeestelik. Nog het die tydstip nie gekom nie en tog staan die mensdom voor ’n einde, omdat ‘n vêrdere ontwikkeling van die gees volgens die gegewe ordening, op die aarde ‘n ontbinding en nuwe omvorming van die skepping vereis en sodanige gebeurtenisse steeds in bepaalde periodes sal plaasvind. Hierdie kennis kan slegs op geestelike wyse aan die mense oorgebring word en daarom sal dit nouliks geglo word. En dit sal des te minder geglo word, hoe meer dit na die einde loop, omdat die ontbreking van insig van die mense ook ‘n teken is dat die positiewe ontwikkeling van die gees op aarde stilstaan, dat die mense nie meer die graad van rypheid kan bereik wat hulle moet en ook sou kon bereik nie, aangesien hulle andersins begrip vir die verlossingsplan van God sou gehad het. Nog vir ewig sal die aarde ‘n skolingsplek bly vir die diepste gevalle gees, maar wat steeds weer opnuut herstel en in staat gestel moet word om volgens die goddelike verlossingsplan die gees tot rypheid te bring. En steeds weer sal nuwe mensegeslagte die aarde bevolk, want God Self bring die mense na die nuwe gevormde aarde, uit wie sulke geslagte moet voortkom wat aan die einde van ‘n verlossingsperiode naby aan hulle volmaaktheid staan, sodat elke tydperk weer opnuut sal kan begin in die volste harmonie met God en die strewe na die verenging met Hom en daar word ook steeds die waarborg gegee dat die mense tot volmaaktheid sal kom, dat hulle as salige, hulself as liggeeste, weer sal terugkeer na hulle Vader van ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205