BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Laaste oordeel 5398 Luister na My wanneer Ek met julle mense praat deur die mond van 'n dienaar: 'n Onvermydelike oordeel is op die punt om met julle te gebeur. Niks kan hierdie oordeel meer afwend van julle nie, want die tyd is vervul, 'n tydperk van Verlossing het verstryk en 'n nuwe een sal weer begin, sodat die hoër ontwikkeling van die geeste kan voortgaan, aangesien dit aansienlik vertraag is weens die mens se vrye wil, wat nie meer bewus is van sy werklike doel nie en daarom niks doen om sy volledige volwassenheid op aarde te verkry nie, wat nog dikwels die vordering van die geestelike substansie gebind in materie, verhoed om te vorder, want hy is geestelik heeltemal oningelig. Julle mense, gee aandag aan die oproep van Bo: Die laaste oordeel is op die punt om te gebeur. Julle gebrek aan geloof sal dit nie stop nie, want dit was beplan deur My Liefde en Wysheid van die begin af, om in die eerste plek die nog gebonde geestelike substansie te help om eendag vryheid te bereik en ook om die meer vrye gees, die mens, in 'n toestand te plaas wat hy vir homself geskep het deur sy wil. Vryheid of hernieude kluistering, salige aktiwiteit in die geesteryk of smagtend in die materie wat hy begeer het tydens sy lewe op aarde. Julle mense, luister na My en glo My, julle nader die einde. Ek het die einde reeds lank voor die tyd vir julle aangekondig, sodat julle julleself kon voorberei. Maar nou het die tyd aangebreek wanneer My aankondigings vervul sal word, nou kom die dag al hoe nader wat die laaste dag op hierdie aarde vir julle almal sal wees, die dag wanneer die uiterlike vorm van die ou aarde heeltemal verander sal word, wat die vernietiging en uitwissing beteken van al die skeppingswerke daarop. Julle mense weet hiervan, omdat die profesieë oor die einde van die wêreld nie verborge gebly het vir julle nie, maar julle wou dit nooit met julle tyd assosieer nie, julle wou nooit glo dat julle daardeur beïnvloed sou word nie, totdat die dag julle verras. Ek wil egter nie hê dat julle onverhoeds betrap moet word en hierdie dag heeltemal onvoorbereid ervaar nie. Daarom gee Ek julle ook dikwels die inligting van Bo, Ek stel julle in kennis van wat met julle gaan gebeur deur 'n mens se gees. Ek sou julle meer vertel, maar as julle dit nie glo nie, sal meer kennis nie tot julle voordeel wees nie, want julle sal dit net misbruik vir aardse gewin en dit sal nie julle siele help nie. Julle moet egter tenminste weet dat julle die ergste vir julleself kan voorkom indien julle 'n beroep op My doen om hulp. Selfs as julle My aanroep in die laaste minuut sal julle nog steeds hulp ontvang, hoewel dit op 'n ander manier sal wees as wat julle verwag. Ek sal My engele stuur om diegene te gaan haal wat My Naam met die volle vertroue aanroep sodat hulle gehelp sal word, maar Ek sal nie My ewige plan van verlossing verydel nie. Dit sal voortgaan soos dit verkondig is in Woord en Geskrif. Die laaste oordeel sal die einde van hierdie aarde wees, die bokke sal geskei word van die skape, die aardse ryk sal alles ontvang wat betrekking het op Satan en Ek, as goeie Herder, sal My skape versamel en hulle lei na groen weivelde, die aarde sal verlate en kaal wees, sonder enige lewe. Sy sal wag vir die werk van My Liefde en dan sal nuwe skeppings weer na vore kom wat haar weer sal omvorm tot die paradys van Eden. 'n Nuwe aarde sal ontstaan wat bewoon sal word deur 'n gelukkige mensegeslag en al die swaarkry sal nie meer daar wees vir die mense wat hulle liefde en lojaliteit aan My bewys het in die laaste dae voor die einde nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205