BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 510

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die werksaamheid van bose geeste - Besetenheid 6480 Die verlossingsproses van die gevalle gees vind so plaas soos wat My Wysheid dit sedert ewigheid besluit het, want slegs Ek ken die misvorming van dit wat eens in alle volmaaktheid uit My voortgekom het en daarom is Ek ook op hoogte van die middele en weë hoe hulle (die gevallenes) weer hul vroeëre gedaante kan verkry, hoe die volmaaktheid van weleer bereik moet word. My doel, wat Ek ook waarlik eens sal bereik, is die vergoddeliking van My skepsele. Maar die vergoddeliking verg ondenkbare lang tye, vir menslike begrippe vereis dit ewighede, terwyl die tydsduur vir My van geen belang is nie, want Ek is alle ewigheid. Solank die wese se bewussyn afgeneem is, solank die gees wat Ek uiteen laat val het, ten behoewe van die bereiking van sy bestemming, nog die mees verskillende skeppings moet deurloop, ontbreek tydsbesef ook nog by die gees. Eers wanneer die sielspartikeltjies, wat by ‘n oerwese hoort, weer saamgekom het en as 'siel' nou die menslike liggaam betrek, word hierdie wese ‘ek’-bewus en ook word tyd nou vir hom ‘n begrip. Nou hoef die wese, die eens gevalle oergees, nog maar ‘n kort tydjie aan homself te werk om die verlossingsproses te beëindig, indien hy daartoe bereid sal wees. Maar in hierdie kort tydjie van die aardse lewe kom dit daarop neer om die doel met alle krag na te strewe, om die laaste reiniging uit te voer, die siel van alle slakke te bevry wat haar nog aankleef, omdat sy haarself nog in die werkgebied bevind van hom wat die oorsaak was van haar val na die diepte. En hierdie gebied is vol bose geeste, wesens van die soort wat gefaal het in hul aardse lewe, wat nie die wil gehad het om hulself van hom los te maak nie, wat in hulle aard soos hulle heerser lyk en wat vervul is met haat teenoor al die wesens wat opwaarts streef. Hierdie bose geeste omgewe die mense en hulle probeer invloed verkry op die siel, op die denke, gevoel en wil van die mens. En die mens moet nou met al sy krag teen hulle kwellinge stry, wat hy egter ook kan, met die hulp van Jesus Christus. Dus sal die geestelike bose wesens alle slegte eienskappe in ‘n mens probeer aanwakker en gevolglik kan mens sê dat elke slegte gewoonte, elke ondeug, elke onedele eienskap die inwerking is op die menslike siel deur sulke laagstaande geeste en dat hierdie bose geeste hulself ook kan nestel in die mens, wanneer hy homself heeltemal deur hulle laat beheer, wanneer hy glad nie van sy kant af weerstand teen hulle bied nie. Dan sal hy hewige teenstand moet bied om van die bose geeste ontslae te raak en homself standvastig aansluit by Jesus Christus, met innige gebed tot Hom om hulp roep en Hy sal hom bevry van die wesens, wat self nog heeltemal afwerend staan teenoor elke straal van liefde, omdat hulle, as Satan se aanhang, alles haat wat goed is en dit vir hulle daarom ook nie geoorloof is om hulself in mense te nestel wat bewustelik na My strewe nie. Hulle sal egter steeds van buite af inwerk, maar dit kan heelwat vroeër afgeweer word. Het hulle egter eers eenmaal besit geneem van die siel, dan is dit uiters moeilik om van hulle bevry te word en vereis dit ‘n sterk wil. En dan sou julle mense kan praat van besetenheid, dan is die werksaamheid van sataniese kragte duidelik te sien. En die verklaring lê hierin, naamlik dat die siel in haar vorige ontwikkeling nog nie ‘n hoër graad bereik het nie, dat die tyd van haar beliggaming egter naby gekom het en dat die stryd op aarde daarom besonder swaar is om al haar drifte, slegte gewoontes en begeertes kwyt te raak, wat die lae geeste die moontlikheid gee om haar in die noute te bring of selfs om haar binne te sluip. In haarself is die siel ‘n gevalle oergees, waarteen ander oergeeste in opdrag van hulle meester stry, om die terugkeer vir haar onmoontlik te maak. Maar Ek Self staan aan die kant van die gevalle oergees en deur My werk van verlossing is daar ‘n verskansing opgerig tussen die oergees wat as mens oor die aarde gaan en die bose geeste uit die diepte. Elke siel wat My en My werk van verlossing bely, soek beskerming agter die verskansing en kan nie meer deur die bose geeste in die noute gebring word op so 'n manier, dat hy hulle prooi word nie. Slegs die giftige asem uit die duisternis kan haar deur middel van gedagtes aanraak, wat voortdurende waaksaamheid, voortdurende gebed en ‘n innige verhouding met My nodig maak. Julle mense is dus nie oorgelewer aan die aktiwiteit van hierdie sataniese kragte, wanneer julle julleself daarteen verweer nie. Want daarvoor het Ek aan die kruis gesterf, sodat die mag van Satan gebreek kon word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205