BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 512

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verlossingswerk het 'n uitwerking in die hiernamaals 6483 Baie siele is in afwagting van die geestelike genadestroom wat hulle dankbaar wil aanneem en waaraan hulle hulself wil verkwik en versterk. Die geestelike wêreld bied hul wel dieselfde, maar hierdie siele is nog aan die aarde gebind en daarom bevind hulle hulleself meer in die aardse sfere totdat hulle soveel krag ontvang het om opwaarts te kan beweeg, dit wil sê: Dat hulle nou ook sal aanneem wat hulle in die geestelike ryk aangebied sal word deur die wesens van die lig, omdat hulle daarin dieselfde uitwerking van krag herken. Maar die aanbied van geestelike voedsel deur mense op aarde is 'n buitengewone groot hulp vir die siele wat nog nie ’n lang tyd in die ryk hierna vertoef het nie. Wie op aarde in totale onverskilligheid geleef het en nie die minste geestelike goedere saam kon oorneem nie, omdat hy so iets nooit nagestreef het nie, sonder om egter boosgesind te gewees het. Aan hierdie siele word nou 'n moontlikheid gebied om aan hulleself lig te verskaf, sonder dat hulle daartoe gedwing word om dit aan te neem. Dit is 'n besondere genade, dat daar na hul afsterwe nog eenmaal geestelike kennis vir hulle aangebied sal word en hulle weer kan besluit om dit aan te neem of af te wys, voordat 'n eindelose eensame gebied hulle sal opneem waardeur hulle sal moet trek totdat hulle dieselfde bereik het wat nou vir hulle aangebied was. Slegs baie sporadies flits daar in die aardse sfere ligte op wat hulle aanlok. En geseënd is hulle wat hierdie ligstrale volg en by mense kom met ’n geestelike strewe, wat ’n verbinding het met die ligryk en wat ook aan die ongelukkige siele dink wat in geestelike armoede smag. Die rariteit van 'n ligstraal in ’n donker omgewing laat so menige siel tot besinning kom. En sodra daar in haar gedagtes vrae opduik, sal daar steeds 'n geleentheid homself voordoen waarby sy ’n antwoord gegee sal word. En as sy maar eenmaal deelgeneem het aan sulke onderrig, dan trek sy haarself steeds weer terug na daar waar sy die lig ontdek het. Dan het sy die diepste duisternis ontsnap. Sy het nog die laaste genadegawe benut vir haar verlossing. Dit ryk van die siele wat aan die aarde gebind is, is buitengewoon digbevolk en daar kan by hierdie siele suksesvolle arbeid verrig word, om welke rede julle mense steeds bemagtig word sodra julle maar net julle gedagtes geestelik sal rig en julle verbind met die ryk van die lig. Met die oog op die nabye einde en die lae geestelike vlak van die mense word 'n ongewone hulppakket dringend benodig. Want daar sal nog baie mense sterf wat die graad van volwassenheid nie sal bereik, wat aan hulle die toegang tot die ligryk sal toelaat nie, maar dat hulle ook bewaar moet word om nog verder in die diepte weg te sink in die ryk hierna. Maar waar daar op aarde verlossingswerk gedoen word, waar daar bewustelik of onbewustelik hulp aan die siele gebring word deur goeie gedagtes, liefdevolle voorspraak of geestelike onderrig, daar kan baie siele nog binne ’n kort tydjie 'n geestelike herlewing beleef, mits hulle nie heeltemal verstok is om dan die gevaar te loop om weg te sink nie of andersins ’n baie lang sal benodig vir die verandering van hul standpunte, wat steeds vir hulle 'n tyd van kwelling en duisternis en van ellende sal wees. Omdat elke siel wat egter ook bereid is om geestelike onderrig aan te neem, tot die lig sal kom en nou van haar kant af die verlossende arbeid sal voortsit by die siele wat nog in duistere gebiede vertoef, kan die geringste aardse verlossingswerk al ’n groot omvang aanneem en sal dit daarom ook steeds geseënd wees. Daar word dikwels heelwat meer in die ryk hierna bereik as op aarde, waar die wêreld die mense hinder in hul geestelike strewe. Want op aarde kan daar vir dowe ore gepredik word, maar in die geestelike ryk wag ontelbare siele daarop om deur God aangespreek te word. En nooit sal ’n aangesprokene sonder indruk bly nie, tensy die siel vyandig teenoor God ingestel is en nog binne die mag van die Satan is. Maar dan sal sy ook nie bly op die plekke waar die lig skyn nie, maar sy sal wegdraai na duistere gebiede. Maar ook vir haar gaan die siele agterna vir verlossingswerk om weer in die diepte verlossingsarbeid te verrig. Julle mense sal onmeetlik veel kan bydra tot die verlossing van die geeste, sodra julle maar self julle gedagtes laat dwaal na die ryk van die lig. Want dan sal daar ook by julle 'n lig skyn waarheen die siele nou sal snel. Omvou al hierdie siele met julle liefde. Probeer om aan hulle die evangelie van die liefde oor te bring en leer hulle om te glo in Jesus Christus. Dan sal Hy hulle Self lei na die lig en die geluksaligheid. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205