BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 513

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Vrywillige band met God 6484 Alles wat julle band met My aanspoor, sal julle help om volmaaktheid te bereik. Want hierdie band met My gee julle die krag om te voldoen aan My wil en die vervulling van My wil verseker ook julle siele se volkome volwassewording. 'n Siel wat My nooit laat gaan nie, kan vreugdes en lyding ervaar en sal altyd nouer met My verenig en het dan reeds haar aardse lewenstoets geslaag en het haar voorheen opponerende wil heelhartig aan My oorgegee, sy het vrywillig na My teruggekeer en haarself heeltemal losgemaak van My teenstander. Sodra Ek 'n persoon se doelwit in die lewe word, sal die aardse lewe nie meer 'n nadelige invloed op die siel uitoefen nie, selfs as sy heeltemal betrokke raak in die gebied van plig waarin sy vir die aardse lewe geplaas is. Elke mens kan op aarde reeds met My verenig sonder om ongeskik te wees vir die vereistes wat van hom gevra word. Hy sal inderdaad in staat wees om dit te bemeester so lank as wat hy skep en werk saam met My en My krag voortdurend na hom toe vloei. ’n Geestelike strewe hoef nie mislukking in die aardse lewe te beteken nie, behalwe dat wêreldse mense nie daarvan oortuig kan word nie, omdat hulle ‘n verskoning nodig het wanneer hulle gekonfronteer word deur hulle geestelike tekortkominge. Die aardse lewe van 'n persoon wat homself heelhartig aan My oorgegee het, sal buitengewoon geseënd wees, want so lank as wat hy op aarde lewe, sal Ek werklik nie die krag van hom onttrek om op 'n aardse manier te werk nie. Maar sy geestelike strewe moet eerste kom, Ek moet die doelwit in sy lewe wees, hy moet altyd die krag van My trek en nooit aardse werk op sy eie benader nie, want dan sal dit so moeilik vir hom lyk dat hy na My toe moet kom en dit is wat Ek wil hê. Julle aardse lewensdoel is julle terugkeer uit vrye wil na My. Daarom sal alles in die lewe julle sodanig benader dat julle geprikkel sal word om julleself na My te wend. En wat dan ookal gebeur, sal voordelig wees, indien julle daardeur verenig met My. Ek kan nie sigbaar julle weg kruis en julle min of meer forseer om My te volg nie, maar Ek moet tog sulke middele gebruik sodat Ek die doel kan bereik. En teenspoed is werklik 'n doeltreffende manier om julle julle eie gebrek aan krag te laat besef en om julle te motiveer om My om hulp te vra, wat Ek graag gee om julle nader aan My te laat kom. Maar julle kan My glo dat Ek alle teëspoed sal terughou sodra julle Myne geword het, sodra julle so ‘n noue kontak met My in julle gedagtes gevestig het, dat Ek voortdurend langs julle kan loop. Julle bind die sterkste band deur liefde, want as julle liefdevol besig is, werk julle saam met My, die ewige Liefde Self. Daarom sal teenspoed dikwels die dryfkrag vir liefdevolle optrede wees. Julle kan 'n beroep op My doen om hulp, maar julle kan ook julle medemens self help. En dan sal julle altyd met My verenig wees, en elke kontak sal vir julle ’n geestelike trap na bo verseker. Julle sal julle lewe suksesvol leef, indien julle ’n lewe sonder My nie vir julleself kan indink nie. Dan sal julle werklik alles gewin het, dan sal julle vasgehou word deur My Liefde, wat julle sal voorsien van alles wat julle nodig sal hê, beide geestelik sowel as aards. Dan sal julle lewe op aarde ryklik geseën word, want julle sal julle medemens wil motiveer om by My aan te sluit, gedryf deur My Liefdeskrag sal julle ook hul aandag op die doelwit van hul aardse lewe vestig en in hul teëspoed vir hulle die weg na My wys. Want met My bereik julle alles, maar sonder My sal julle swak en onvolwasse bly en julle siele sal nie in staat wees om hulself te vervolmaak nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205