BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 514

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geloof aan die bestaan van Jesus 6485 Die lewenswandel van Jesus op aarde word dikwels in twyfel getrek, of heeltemal ontken. En ook dit is 'n uiting van die vrye wil, naamlik om jouself vir Hom uit te spreek, of om Hom af te wys. Want ook vir die gelowiges ontbreek die bewyse en tog twyfel hulle nie daaraan nie, omdat die waarheid innerlik aan hul bevestig word, wat egter by elke mens die geval sou kon wees, indien hy nie willens en wetens nog 'n teenstander van God is nie. Die geloof in Jesus Christus as Verlosser van die wêreld word verlang. Dus kan daar ook geen onweerlegbare bewyse daarvoor bestaan nie. Maar omdat daar geen ander weg bestaan om gered te word as deur Jesus Christus nie, is die Christus-probleem juis die toetssteen van die wil van die mense. Dit is 'n buitengewoon doeltreffende wapen van die teenstander van God, om twyfel in die harte van die mense te saai oor die bestaan van Jesus. En wie hom nog verset teen God, sal sulke twyfel opneem, ook dié wat vasbeslote is, word afgeskrik deur mense, wie se weerstand teen God al verminder het of heeltemal gebreek is. Maar elke mens sou sulke twyfel kon verdryf, want ook die mens wat met rede begaaf is, kan nie alle verwysings, alle leerstellings en die Christelike leer self as “uit die lug gegryp” wegredeneer nie. En daar getuig heelwat meer verwysings of bewyse daarvoor as daarteen. Die gelowige mens het geen verdere bewyse nodig nie, want die “uitstorting van die Gees”, wat Jesus die mense belowe het, is een so ’n onbetwisbare bewys dat alle twyfel ongegrond is. Maar die bewys kan nie vir 'n ongelowige mens gegee word nie, omdat die insig deur die Gees eerstens die geloof in Jesus Christus vereis, wat deur die liefde tot 'n lewende geloof geword het. Die mense wat nie die lewenswandel van Jesus op aarde aanneem nie, het so 'n heeltemal verduisterde gees. Hulle ontdek geen enkele samehang nie, hulle sien alles slegs met wêreldse oë, hulle het geen geestelike lewe nie en in hulle lewenswandel sal onbaatsugtige liefde ontbreek, wat andersins beslis 'n opheldering van die gees tot gevolg sou hê. Daar is mense wat hulself op hul skrander verstand beroep, wat egter in beslag geneem word deur die teenstander van God en hy verstaan waarlik die kuns om sulke mense te versterk in die verwerping van Jesus Christus en Sy verlossingswerk. Maar nooit sal sulke “Christus-loënaars” glo aan 'n verdere lewe na die dood nie. En hul lewe, hul verstandelike werksaamheid, sal altyd slegs die aardse lewe geld en in die besonder sal sulke mense hulself daarvoor instel om aan hul medemens te wil bewys dat die geloof in Jesus Christus 'n dwaling is. Want hulle sal hulleself nie met hul eie opvatting tevrede stel nie, maar sal probeer om dit ook op hul medemens oor te bring. Ook dit is die inwerking van die teenstander van God, want dit is die “Verlossing deur Jesus Christus”, wat hom sy aanhang ontruk. En hy sal alles doen om die geloof in Jesus Christus te ondermyn. Sulke Christus-loënaars is in sy mag en hulle is op aarde slegs werksaam vir die satan, wat hulle egter sou verstaan het, as hulle in geestelike kennis kon indring. Maar dit is die gevolg van die geloof in Jesus Christus en Sy verlossing, wat die werksaamheid van Sy Gees in die mens waarborg. Die stryd tussen lig en duisternis woed in so 'n groot mate dat julle mense dit nie sal kan glo nie. En omdat verlossing net deur Jesus Christus moontlik is, sal die teenstander van God juis hierdie verlossing probeer weerlê; hy sal die “Christus-probleem” as onbewysbaar voorstel en so probeer om die mense van die geloof in Hom af te bring. En hy sal altyd mense vind wat sy denkbeeldige voorstelling volg; wat hul skerp verstand ydel laat word en wat sal probeer om dit met hul verstand te aanvaar, wat slegs met geloof en liefde verstaan kan word. Want waar die Gees uit God nie kan werk nie, daar maak die verstand van die mens verkeerde gevolgtrekkings en bevind hulle hulleself in ondeurdringbare duisternis, omdat hulle die pad vermy wat na die lig voer, naamlik die weg via Jesus Christus, die weg van geloof en liefde, van waarheid en lewe. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205