BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 515

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Kenmerk van die waarheid: Jesus Christus - Liefde 6486 Alles wat van My getuig is waarheid. Want nooit sal My teenstander getuienis aflê vir My en My Naam nie. Waar daar dus vir My en My ryk gepraat word, waar My Naam verheerlik word en van My verlossingswerk gewag gemaak word om ook die medemens na My toe te lei, waar die helder evangelie van die liefde gepredik word, daar kan My teenstander nooit of te nimmer aan die werk wees nie - steeds vooropgestel dat dit nie net losse praatjies met leë woorde is wat niks meer met die lewendige verkondiging van Jesus Christus in gemeen het nie. En so sal julle te alle tye 'n korrekte oordeel kan vel, hoe en wanneer die waarheid aan julle verkondig word en wat in My haar oorsprong het. Want My werk van verlossing sal steeds op die voorgrond geplaas word as teken van die Goddelike oorsprong van die leringe wat Ek self onder die mense verbrei wil hê. En so sal die ondersoek nie vir julle mense moeilik wees nie, sodra julle ernstig van plan is om die waarheid aan te neem. Dan sal Jesus Christus self die toetssteen wees. Want nooit sal My teenstander van Hom getuig nie. Veeleer sal hy alles doen om die verlossingswerk van Christus te ontken en te ontkrag, om die mense te verhinder om by Hom redding te soek vanuit sonde en dood. Slegs die liefde wat die mens Jesus vir julle op aarde voorgeleef het, kan julle verlos. En daarom moet Sy goddelike liefdesleer steeds na vore gebring word. Die liefde moet gepredik en ontplooi word deur almal wat My ware verteenwoordigers op aarde is, wat in My Naam spreek, wat vir julle die waarheid vanuit My laat toekom. En weer het julle 'n vaste kenmerk van 'n ware verteenwoordiger van My Naam, naamlik die prediking daaroor en die daadwerklike beoefening van die liefde. Waar dit ontbreek, kan daar nie waarheid wees nie, omdat Ek self nie daar kan wees waar geen liefde is nie. Slegs Ek Self kan egter die oorsprong van waarheid wees. Daar sou dus geen teenstrydighede daaroor hoef te ontstaan, naamlik of Ek Self of My teenstander aan die werk is wanneer kennis aan julle mense deurgegee word wat aanspraak maak op die waarheid nie. Want hierdie eienskappe sal julle steeds self kan herken. En waar dit ontbreek, kan julle met reg dit verwerp wat vir julle aangebied word. Julle sal net steeds daarop moet let dat julle julleself nie deur leë woorde om die bos laat lei nie, want ook My teenstander bedien hom van sulke woorde, wat egter deur elke mens, wat ernstig na die waarheid verlang, as bedrieglike skyn herken sal kan word. En dus lê die onus by julleself of julle waarheidsgetroue geestelike leringe ontvang en hulle herken. Julle sal nie in dwaling hoef te vertoef nie. Dit sal vir julle nooit onmoontlik wees om iets in te sien nie, want julle wil bepaal self julle oordeelkundigheid. Julle sal elke geestelike leer wat nie vir Jesus Christus en Sy verlossingswerk in die middelpunt sonder bedenking plaas nie, mag afwys. Want dan word Ek ook nie korrek herken nie, Wie in Jesus Christus die verlossingswerk volbring het en ewig nie meer van Jesus te skei is nie, met Wie Ek één kon word deur Sy oorgrote liefde vir My en vir die medemens. Wie My wil erken, moet ook vir Jesus Christus erken, want Hy en Ek is één. En sodra 'n leer dit nie duidelik uitdra nie, kan dit nie as suiwer waarheid geld nie. En daar sal dan ook nie die onbaatsugtige liefde na vore gebring word nie, wat die enigste wil van die mens Jesus was en gevolglik ook My wil is en dus die somtotaal is van die leer wat Jesus op aarde verkondig het en wat steeds verkondig moet word. Maar hierdie leer sal nooit daar verkondig word waar My teenstander trag om die waarheid te verdring en deur dit met eie kennis te vervang nie. Slaan ag op hierdie kenmerk, dan sal jy ook elke dwaalleer helder en duidelik herken, selfs wanneer dit deur mooi woorde gevorm is, maar wat die lewende geloof in Jesus Christus en die alleen doeltreffende liefde laat ontbreek. En neem elke leer sonder bedenking aan wat van My getuig in Jesus Christus. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205