BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 516

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Inligting rakende die einde 6487 Binnekort sal ‘n tydperk ten einde loop en dan begin daar ‘n nuwe een. Julle mense sal dan hierdie woorde kan glo, want daarom praat Ek nou met julle, sodat julle julle lewe nou ook so sal lei dat julle die einde nie hoef te vrees nie. Ek het geen ander doel meer vir julle lewens nie. Ek wil julle nie sonder rede verontrus nie, Ek wil julle nie in verwarring bring weens dit wat voor julle lê nie, Ek wil slegs hê dat julle so sal leef soos wat dit My Wil is, dan sal die einde van hierdie tyd maar net gunstig vir julle wees, dan sal julle julleself nie bevrees hoef te maak nie, maar veeleer met vreugde ‘n geseënde tyd tegemoet gaan. Ek hoef julle nie hiervan in kennis te gestel het nie, want niemand van julle weet wanneer sy laaste dag gekom het nie en dit sou dus vir baie totaal onnodige kennis wees, naamlik dat daar ‘n verlossingsperiode is wat ten einde loop. Tog kan dit vir elke mens nog ‘n aansporing wees om ernstig aan sy siel te dink, dit kan hom aanspoor om homself ernstig onder hande te neem, wanneer hy herinner word aan die verganklikheid van aardse goedere en nou daarna sal streef om geestelike goedere te verwerf. Maar hy word nie gedwing om te glo nie. Tog roep Ek julle mense steeds dringender toe: Glo hierdie woorde en doen alles waartoe julle in staat is en dit sal julle maar net tot seën strek. Want almal van julle bevind julle nie in ‘n goeie sielsgesteldheid nie, julle sal almal nog aan julleself moet werk en het nie meer veel tyd daarvoor oor nie. Moenie verras word nie, maar maak julle met die gedagte vertroud om nog maar ‘n kort tyd ’n gas op hierdie aarde te wees. Hierdie gedagte sal julle meer bewustelik laat lewe en julle sal julle tot My wend om hulp, wanneer julle in My sal glo as julle God en Skepper. Dink dan aan julle lewe tot nou toe en vra julleself af of julle lewenswandel korrek was voor My oë. Want julle almal ken My gebooie en julle almal weet dat die liefde die eerste en vernaamste is, dat julle sonder liefde nooit tot geluksaligheid sal kan kom nie en wanneer julle aan julleself sal moet beken of julle lou en onverskillig was teenoor die gebod van die liefde, haal dit dan in. Want daar word vir julle baie geleenthede gegee om te werk in die liefde. Oral om julle sal julle nood sien en julle sal helpend kan ingryp, julle moet maar slegs die wil hê om goed en regverdig te lewe en ag te slaan op die gebooie van die liefde, wat Ek julle alleen terwille van julle sieleheil gegee het. En dink steeds aan julle Verlosser Jesus Christus. Roep Hom aan, sodat Hy julle gedagtes mag lei, sodat julle ag sal gee daarop om die Goddelike Wil uit te voer. Dan roep julle Myself aan en laat My blyk dat julle by My wil regkom en dan gaan julle ook die regte weg, naamlik die weg wat Jesus Christus julle voorgegaan het. Die einde sal onherroeplik kom en dit het niks te make met hoe dit dan met julle siele gesteld sal wees nie. Maar julle het nog steeds tyd om julleself voor te berei en daarom kom die waarskuwende Stem steeds weer van bo na julle toe: Dink aan die einde. Dit is maar net My Liefde wat julle wil red van die verderf, maar Ek sal julle nooit dwing nie en julle daarom aanspreek op ’n manier wat julle kan glo indien julle gewillig is. As julle egter goed sou oplet, sal julle veel opmerk wat julle kan laat glo. ‘n Periode loop ten einde en ‘n nuwe een begin. En dit gaan maar net in vervulling, wat voortdurend voorspel was deur sieners en profete. Want ook hulle het in My opdrag gespreek en dieselfde aangekondig wat Ek nou vir julle sê, maar julle wil is vry; soos wat julle wil egter is, so sal ook julle lot wees wanneer julle aardse lewe verby is. Julle sal in geluksaligheid kan lewe; maar ook kan julle die prooi word van die dood, ‘n eindelose lange tyd van kwelling en duisternis, waaruit julle julleself nie sal kan bevry nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205