BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 518

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die massas staan nooit by die Waarheid nie - Verspreiding – Teenstander 6493 Julle mag julle nie van koers laat bring deur die misleiding van My teenstander nie, julle sal inteendeel steeds maar net daarop moet let daarop wat vir julle opheldering gee, wat as sagte lig van bo neerstraal. Die Lig, die Waarheid vanuit My, sal julle oë nie met ‘n verblindende skynsel tref nie, dit wil sê, nooit sal die waarheid so skielik verlig raak en deurbreek in die openbaar nie. Want die “goddelike lig” word nie deur die wêreld herken en erken nie en dit sal nie vinnig versprei word nie, maar vir die “betowerende lig” sal baie oë oopgaan, want dit sal heelwat eerder aangeneem word as die suiwerste waarheid, naamlik die Lig van die Liefde vanuit My. Want dit sal die teken wees van die ondeurdringbare duisternis vóór die einde, dat die mense vir die onware sal oopstaan, vir alles wat uit die onderste ryk voortkom, sodat hulle geen begrip meer sal hê vir die goddelike waarheid nie. Maar sodra My teenstander ‘n bedrieglike lig laat opflits, sal hulle geen verweer daarvoor hê nie, veel eerder sal hulle poog om dit oral te versprei, hulle sal meehelp om die nag nog meer te verduister, omdat hulle hul oë ongevoelig gemaak het vir ‘n sagte stralende lig. Want hulle sal nie innerlik verlig wil word nie, hulle sal hulle slegs verlustig wil aan ‘n vuurwerk, wat slegs lig sal moet optower en wat ‘n genot sal wees vir die oë. En tog sal daar gedurende die laaste tyd steeds meer ligdraers opstaan en dwarsdeur die duisternis heen gaan en die enkeles wat hulle lig as ‘n weldaad sal ondervind, nog om hulleself versamel. Daar sal gedurende die laaste tyd nog baie bodes van bo op die aarde werk, om aan die mense, wat van goeie wil is, hulp te verleen. My Woord sal verkondig word deur dienaars wat vervul sal wees met krag, wat vanweë hierdie taak na die die aarde gekom het om die lig van die waarheid die duisternis binne te dra. Maar hulle almal sal slegs in die verborgenheid werksaam wees, hulle sal egter nie daarvoor terugdeins om openlik en vrylik tot die mense te spreek nie, maar in die wêreld sal mense weinig notisie neem van hierdie verkondigers van My leer en My Naam. Maar die weiniges wat die nag sal wil ontvlug, sal helder lig van hulle af ontvang. Want hulle woorde sal groot krag hê. En waar hierdie dienaars van My sal optree, sal My teenstander nie lank op hom laat wag om die lig uit te doof of te verduister nie en sal daarom op so ‘n ongewone manier tevoorskyn kom, dat die wêreld aan hom aandag sal skenk. En daaraan sal julle weer sy werksaamheid kan herken. Julle sal weet dat die aanhangers van die wêreld in sy mag is, dat hulle nog eindeloos vêr van My verwyderd is en dat My werksaamheid nooit in hulle gebied ingang sal vind nie. Maar wat in die openbaar versprei sal word, sal van hom af kom en die werksaamheid van My dienaars sal juis daar geen aanklank vind nie, terwyl My teenstander egter sukses sal hê. Nooit sal die massa by die waarheid staan nie, maar steeds by dwaling en leuens. Maar My ware verteenwoordigers op aarde sal hulle nie daaraan steur dat hulle nie geglo sal word nie, des te yweriger sal hulle werk en met oortuiging van My en My spoedige koms spreek. Want Ek sal aan die aktiwiteite van My teenstander ‘n einde maak wanneer sy tyd gekom het. Maar voor dit sal plaasvind, sal nog baie ligdraers oor die aarde gaan, omdat die lig oral heen gedra moet word om die harte van die weinige mense te verlig wat My teenstander nog nie in sy mag het nie. Sy doen en late sal duidelik te siene wees, maar vir Myne sal My sorg ook duidelik sigbaar wees, om hulle uit die duisternis weg te voer na die lig. Verwonder julleself nie dat julle wat My wil dien, weinig ingang sal vind met die woord wat julle van My af ontvang het nie, want ook dit is ‘n teken van die verduisterde gees, ‘n teken van die lae vlak van die mense voor die einde, waarby My teenstander eerder resultate sal bekom as julle, My ligdraers. En tog sal die lig haarself uit haar baan losbreek en weereens die werkinge van My teenstander helder belig. Maar nog het sy tyd nie gekom nie, nog kan hy volgens eie wil sy gang gaan. Maar spoedig sal daar perke aan sy optrede gestel word, dan sal My Lig met ‘n helder glans van bo straal, dan sal daar geen duisternis meer wees nie, dan sal die mense, wat al My Lig op aarde aangeneem het, geluksalig wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205