BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 519

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die Teenstander probeer om die herkenning van God te voorkom 6495 Slegs vir so lank as wat julle My nog nie korrek herken het nie, sal julle My nog weerstaan. En My teenstander probeer voortdurend om hierdie erkenning van My te voorkom. Daarom sal hy ook doen wat hy kan om My openbarings van julle af weg te hou, hy sal nie aarsel om enigiets te onderdruk wat My en My wese vir julle duidelik sal maak nie en wat julle sal inlig van My oneindig groot liefde vir julle. Ek sal julle onherroeplik wen vir My sodra julle My herken. En dit is juis hierdie herkenning van Myself wat ontelbare ligwesens aan julle wil oordra, wat elke openbaring van My wil bereik en wat My teenstander probeer om met al sy krag te verhoed. En daarom verduidelik dit die feit dat My Woord, wat direk van My aan julle oorgedra word, betwyfel word, of so veel as moontlik ongeldig gemaak word. Dit is heel natuurlik gedurende die eindtyd, want My teenstander wil so veel as moontlik vir homself wen, en dus begin sy werk waar hy vrees om siele te verloor. Duidelike insig oor My en My wese, oor My Liefde, almag en wysheid sal maak dat hy baie vinnig sy volgelinge verloor, maar juis hierdie duidelike besef ontbreek by die mense. Dit is waarom die stryd tussen lig en duisternis so kwaai sal woed gedurende die laaste dae voor die einde. En dit sal veral gevoel word deur My dienaars op aarde, aan wie Ek Myself kan openbaar, want dit is waar hy ywerig en dikwels met sukses werk. Die verwarring van gedagtes is sy plan, leuens en misleiding is sy wapen en wat hy nie openlik kan wen nie, sal hy probeer om deur geslepenheid te verkry. Myne kan nie verstaan dat die lig van bo nie die duisternis kan deurdring waarin die mense lewe nie. Maar die lig kan nie gegee word aan mense wat dit nie wil hê nie, en elke begeerte word deur My teenstander gesmoor, sodra dit ontstaan, sonder dat mense hulleself verdedig. Dit is die rede waarom hulle blindheid hul eie skuld is, want hulle wil nie hulle oë geopen hê om uit te vind oor My groter as groot liefde en om die korrekte beeld van My te kry nie. En tog kan My openbarings nie met geweld aan hulle oorgedra word nie, alhoewel hulle dit almal kan besit. En omdat julle nou weet wie dit probeer voorkom, moet veral dié van julle wat My Woord ontvang, op julle hoede wees en nie toelaat dat julle ontstel word deur sy teen-aktiwiteit nie. Hy sal alles in sy vermoë doen om julle aanvaarding, sowel as die verspreiding van My Woord, te voorkom, want hy wil die lig uitdoof wat hom en sy aktiwiteite ontbloot, en hy sal geslepenheid en kullery gebruik en slegs weerstand kry in ’n sterk geloof en liefde vir My, wat sy aktiwiteit ondoeltreffend sal maak. Julle is onder My beskerming, gevolglik sal hy nie in staat wees om direk druk op julle uit te oefen nie, maar hy sal diegene gebruik wat maklik beïnvloed kan word om teen julle op te tree, of om te probeer om alles te ondermyn wat eens vir julle as die waarheid aan mense gegee is. Onthou altyd dat julle die einde nader, onthou dat hierdie sy laaste dae is en dat hy hierdie tyd sal gebruik met alle beskikbare krag, dat hy sal woed, omdat hy weet dat hy nie meer baie tyd oor het nie. Verenig daarom steeds hegter met My en dien My met toewyding en gretige liefde, en julle sal altyd in staat wees om te triomfeer oor hom en met My openbaringe sal julle ook in staat wees om lig te gee aan almal wat hom teenstaan, julle sal liefde vir My in hulle laat ontvlam en hulle lei tot die korrekte insig. En hulle sal vir hom verlore wees, Ek het hulle vir My gewen en My Liefde sal hulle nooit weer prysgee of weer in die afgrond laat terugval nie. Hulle het Myne geword en sal dit tot in alle ewigheid bly. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205