BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Tot lewe wek van die vonk van God in die mens 5400 My Gees moet in julle werksaam word. 'n Vonk van My Gees is in julle, dus sluimer daar iets Goddeliks in julle, wat op julle denke, wil en handel kan inwerk, wanneer julle dit self toelaat. Julle besluit self of hierdie geestesvonk in julle werksaam kan word. Dit hang heeltemal van julle wil af, om die Gees in julle tot lewe te wek, want Hy is wel in julle, maar Hy wag op die vervulling van die voorwaardes waaronder Sy werksaamheid moontlik is. Nóg My Almag, nóg My oorgrote Liefde kan My deel in julle tot werksaamheid beweeg, want die wet van die ewige ordening lê aan alles ten grondslag, ook aan die vorming van die mens met al sy vermoëns en nie laastens aan die vrye wil van die mens, waarsonder 'n volmaakte skepsel nie denkbaar is nie en hy daarom ook daarna moet strewe om weer die toestand van volmaaktheid binne te gaan. Dit is ook nie vir My teenpool moontlik om die Goddelike geestesvonk in julle te hinder met sy werk, as julle dit nie self wil nie. Julle bepaal self julle houding teenoor My en ook teenoor My teenstander. So het julle ook 'n vrye wil wat ewe goed of sleg kan optree. Ek ken die hart van elke mens en volg sy geestelike ontwikkeling. Ek deursien egter ook die pogings van My teenstander om die mense onder sy invloed te bring en sy invloed is dikwels so sterk, dat dit nie sonder uitwerking bly nie, dat die mens swak word om reg te wil en geneig is om toe te gee aan hom wat sy wil in 'n verkeerde rigting wil stuur. Die mens is swak sonder My hulp. Hierdie swakheid van wil is die natuurlike gevolg van julle afstand van My deur die vroeëre sonde teen My. Julle kan die goeie wil, maar het 'n genadegawe van My kant daartoe nodig, wat ten volle tot julle diens staan in die erkenning van Christus. Daarom moet julle dus vir Christus erken, wat vir die versterking van die wil van die mensdom die moeilikste offer gebring het. Want Ek vereis van die mens 'n vrye wilsbesluit gedurende sy aardse bestaan, dus moet Ek hom ook ’n vrye wilsbesluit kan waarborg, as Ek Wil hê dat hy volmaaktheid bereik. Hy moet sy wil in elke rigting kan gebruik, anders kan Ek nie so 'n eis aan hom stel nie en die Gees uit My verleen julle die nodige hulp daartoe, as julle hom die reg daartoe gee. Die geesvonk, wat 'n deel van Myself is, werk steeds op julle in vanuit My Wil, sodat die mens wat die Gees in homself die reg gegee het om homself te uiter, wel met reg kan sê dat hy deur die Goddelike Wil gelei word. Daarom is dit steeds deur My sorg dat julle julself in 'n toestand bring waar die Gees in julle kan werk, omdat julle dan al van alle verantwoordelikheid onthef is, want sodra My Gees in julle kan werk, onderwerp julle jul ook aan My Wil. Dus kan My Wil in julle werksaam word. Maar jy het jou wil vrywillig by Myne aangepas, nie gedwing deur My Wil nie. My Gees kan egter net in 'n mens werk wat homself bewustelik onder die kruis van Christus plaas. Dit wil sê: Die eens verswakte wil kon deur die erkenning van Christus en Sy werk van verlossing, nou ook deur die Goddelike Verlosser versterking ervaar, om so te dink en te handel dat die voorwaarde vir die werk van My Gees vervul is. Die mens wat die geesvonk in hom laat ontwaak, behoort aan die mense wat deur Sy bloed verlos is. Hy het al in ’n sekere sin 'n beroep gedoen op die genade wat deur die kruisdood verwerf is, om himself tot liefde te omvorm. Sy wil was gekeer na die Goddelike Verlosser en dus na My, die Skepper en Vader van ewigheid, omdat die krag daarvoor na hom toe stroom, omdat hy homself oopgemaak het vir die ontvangs van genade. 'n Wending na Jesus Christus en die erkenning van Sy verlossingswerk het onvermydelik ook ‘n korrek gerigte wil tot gevolg, want die swakheid van wil van die mense was die beweegredes van die groot erbarming van Jesus om hulle tot hulp te kom. Die wil moet versterking ondervind, maar sonder om onvry gemaak te word. Nou kan die mens iets volbring waartoe hy nie voorheen in staat was nie, want die Satan het die vrye wil in soverre gebind, dat sy invloed op die mense so sterk was, dat hulle daarvoor geswig het, wat hulle egter nie sou doen as hulle 'n beroep sou gedoen het op die krag van die Liefde nie. Dus was die wil vry vóór die verlossingswerk, net heeltemal verswak deur die inwerking van die Satan en so sal ook die wil van 'n mens wat nie in Jesus Christus en Sy werk van verlossing glo nie, dieselfde swakheid toon. Hy sal 'n groot innerlike stryd nodig hê om die wil reg te rig en is dikwels nie daartoe in staat nie. Hy sal egter nóg van Bo, nóg van benede, in 'n bepaalde wilsrigting gedwing kan word, maar wat hy nie uit eie krag kan doen nie, sal vir hom makliker wees met Jesus Christus. Hy word as te ware verlos van sy swakheid van wil. Hy sal die toevoer van krag merkbaar voel. Sy wil, sal nou in die regte rigting beweeg. Die Goddelike beginsel in hom kry nou die oorhand. Die geesvonk vlam op en My Wil het nou in hom ingegaan, omdat sy Gees 'n deel van My is en nie anders kan dink en wil nie en Sy denke en wil nou op die mens oordra, wat hom nou sal laat lei en vry uit homself op My afstuur. Hy is nou in Waarheid verlos uit die boeie van My teenstander, omdat hy My erken as God en Vader van ewigheid, wat in Jesus Christus na die wêreld gekom het om die mense te verlos. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205