BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 521

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die lig van die liefde: Insig in die waarheid 6499 Nooit sal julle daarin slaag om tot die ware insig te kom, solank julle nog sonder liefde is nie. Want die lig van die liefde in julle sal julle eers in staat stel om korrek te oordeel, omdat julle denke eers dan verlig sal wees, omdat julle dan nie anders as korrek sal kan dink nie en sal gevolglik ook dadelik kan insien wat verkeerd is. En so sal mense wat tot liefde bereid is, steeds in die waarheid verkeer en 'n innerlike aversie voel sodra iets verkeerds aan hulle voorgehou word. Maar net so sal dit vergeefse moeite vanuit die liefde wees om 'n mens die waarheid te wil gee wat heeltemal sonder liefde is. Hy stel so hewige weerstand daarteenoor, omdat sy denke nog onder die invloed is van die een wat teen die waarheid is, hy sal voortdurend teen die waarheid stry, omdat dit hom en sy doen en late ontmasker. Daarom kan die waarheid geen veld wen in 'n liefdelose mensdom nie. Inteendeel, daar word die dwaling verkondig en niemand sal probeer om homself van die dwaling los te maak solank as wat hy self 'n liefdelose hart het nie. Sodra 'n mens vanuit sy innerlike die liefde beoefen, sodra sy wese self liefde is en liefde uitstraal, sal hy nooit vir die dwaling opkom nie, want die liefde in hom waarsku hom daarteen. Hy sal wel aanvanklik twyfel, maar sal steeds meer aversie voel teen 'n leer wat nie ooreenstem met die waarheid nie. En hy sal ook die krag hê om openlik stelling in te neem vir of teen 'n leer, omdat hierdie krag, tesame met die liefde, hom vervul en omdat hy nou innerlik aangespoor word deur sy gees om die waarheid te verteenwoordig en die dwaling te beveg. 'n Mens wat vervul is met liefde, swyg nie teenoor 'n openlike onwaarheid nie. En hy sal ook nie vir die skyn iets erken wat duidelik teen die waarheid gerig is nie. Maar dat daar geswyg word dat soveel dwaling onder die mense veld gewen het, sonder om dit af te weer of te stuit, is maar net 'n bewys dat ook die liefde onder die mense afgekoel het, wat die sekerste verdediging is teen leuen en dwaling. En ofskoon enkele mense dit steeds weer insien, alhoewel diegene ’n korrekte denke het as gevolg van hul lewe in liefde, so is die meeste mense tog volledig onwetend rakende die waarheid, en voel hulle goed daarby. En word die liefde aan hulle gepredik, dan sluit hulle hul hart en ore en dit bly duister in hulle, juis omdat daar sonder liefde geen lig kan wees nie. Maar die waarheid is lig. Die liefde is lig. En wie in die lig wil wandel, moet homself vooraf tot liefde omvorm. Maar dan sal hy ook insien dat daar maar één weg terugvoer na die vaderhuis, na die ewige vaderland, naamlik die weg van die liefde, omdat hierdie ook die weg van die waarheid is. Maar wie hierdie weg betree het, gaan vrolik verder. Vir hom bestaan daar geen huiwering en aarseling nie. Vir hom bestaan daar geen twyfel en moedeloosheid nie, want die krag van die liefde dryf hom voortdurend omhoog en hy oorkom alle struikelblokke met gemak. Wie die waarheid gevind het, het ook Myself gevind. En Ek is en bly vir hom die doel waarop hy afstuur. Maar nooit kan Ek bereik word sonder liefde nie. Nooit voer die weg omhoog via dwaling nie. Nooit kan die waarheid ingesien word deur 'n mens wat sonder enige liefde is nie. Maar Ek wil julle almal te alle tye daartoe help, sodat julle die hoogte sal bereik. En daarom word julle voortdurend aangemaan om in liefde werksaam te wees. Julle sal direk aangespreek word deur predikers, maar ook deur nood rondom julle probeer Ek die ys om julle harte te smelt. Want solank die liefde onder julle mense verkoel, gaan julle heeltemal nutteloos deur die aardse bestaan. Julle leef as te ware tevergeefs, sonder om die geringste vooruitgang te toon, omdat die vernaamste in julle ontbreek in julle lewe op aarde, naamlik die liefdesvuur wat julle gees moet verlig, jul hart moet verhit, wat julle moet krag gee om alle weerstande te oorwin. Maar nog is dit nie te laat om die vonkie in jou aan te steek nie. En Ek help elkeen wat van voornemens is om tot die korrekte insig te kom. Want My liefde sal julle nooit opgee nie. My liefde sal julle steeds toestraal. My liefde sal draers van die lig onder julle instuur wat julle sal aanmaan en waarsku en wat julle liefdevol die lig sal aanbied. Want julle sal nie sonder hulp gelaat word nie, tot by jou dood sal Ek poog om jou en jou liefde te wen. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205