BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 522

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Tekens van en verwysings na die einde 6501 Onbedrieglike tekens sal die naderende einde vir julle aankondig, maar dit sal slegs herken word deur hulle wat glo, terwyl alle ander dit as natuurlike verskynsels sal verklaar en elke mens sal uitlag wat ‘n diepere betekenis daaraan sal toeken. Maar tog sal julle opmerksaam gemaak word daarop en elkeen kan homself na eie goeddunke daarvoor oopstel. Dat julle egter opmerksaam daarop gemaak sal word, is ‘n onverdiende genade, want so kan julle aan julleself werk, omdat die tekens ‘n ernstige waarskuwing vir julle sal wees, indien julle glo. Daar is dus nog ‘n laaste tydjie van genade wat elkeen, wat sy aardse lewensweg nog suksesvol kan beëindig, nog kan belewe, indien hy dit op die korrekte wyse sal benut. En tog sal die mense wat nie glo nie, onverskillig vêrder op hulle weg gaan en die einde sal hulle verras. Hulle siele sal die einde, wat onherroeplik sal kom, onvolwasse belewe. En wanneer julle nou voortdurend vermaan word en daarop gewys word, dan is dit ook genade waarop julle moet ag slaan en wat julle moet benut tot heil van julle siele. Want steeds is dit God Self wat julle deur sulke waarskuwings nader, wat egter so gegee word dat dit aan julle die vryheid van julle wil laat en wat elkeen vry laat om met ‘n einde rekening te hou al dan nie. Maar hulle wat sal glo, sal ‘n aansienlike voordeel hê, omdat hulle hulle lewenswandel daarvolgens sal rig. Hulle sal moeite doen om volgens die wil van God te lewe en om nog te groei tot aan die einde. Maar tog sal ‘n volkome oortuigde geloof nog maar by baie weinig mense gevind word, want dit is ‘n te geweldige gebeurtenis wat aan die mense verkondig moet word. Dit sal ‘n gebeurtenis wees wat niemand vir homself kan voorstel nie en wat ook nog nooit beleef was solank as wat die aarde deur mense bewoon was nie. Want alle beëindigings van vorige verlossingsperiodes het verskillend afgespeel en nooit sal dieselfde gebeurtenis homself herhaal nie. Dit is dus glad nie moontlik om te bewys hoe die oplossing van die skeppings plaasgevind het nie. Maar die woord van God is die waarheid en Hy spreek gedurende elke tydperk deur sieners en profete en verkondig wat ons te wagte staan, maar sonder tydsaanduiding. En daarom twyfel die mense steeds aan hierdie soort van openbaringe, terwyl die wat glo, salig genoem kan word. Dit sal nie meer lank duur nie, dan sal die aarde ‘n nuwe fase van ontwikkeling ingaan en dan begin daar ‘n nuwe periode met heeltemal ander verhoudinge en lewensvoorwaardes. Die mense van dié periode sal in ‘n toestand van volwassenheid gekom het wat ook ander lewensomstandighede en doele sal verg om hulle ontwikkelingsweg te voleindig. Julle kan met sekerheid aanneem dat die tydsduur van julle lewe begrens is, dat min die normale aardse lewensduur sal voleindig, maar eerder opgeroep sal word in hulle jong jare om die aanstaande einde te belewe. Daar kan egter slegs op die einde gewys word, sonder bewyse, terwille van julle wilsvryheid, maar neem die aanwysings ernstig op en dit sal julle nie berou nie. Leef so asof more die laaste dag is, want die wêreld kan julle alleen maar waardelose dinge bied wat julle nie met julle kan saamneem na die ewigheid nie. Slegs ‘n korrekte lewenswandel volgens die wil van God kan julle geestelike besit nog dermate vermeerder sodat die einde van hierdie aarde die poort vir julle kan open tot die ewigheid, waarin julle ryklik geseënd aan skatte kan ingaan. Dit sal julle geen skade berokken wanneer julle meer rekening moet hou met ‘n einde as met ‘n langer duur van julle aardse lewens nie, want julle leer dan om nog bewustelik te lewe op aarde. En hou julleself dan ook besig met gedagtes aan die ewigheid, aan God en Sy ryk en julle sal alleen maar na volmaaktheid strewe. Daar is vir julle nie veel meer tyd oor nie, gebruik dit daarom na die beste van julle vermoë en die seën sal nie uitbly nie. Want daarom word daar voortdurend op die einde gewys, sodat julle aan die einde kan dink en daarvolgens kan leef op aarde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205