BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 525

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die siel, 'n miniatuur skepping - Retrospeksie 6509 Die wêreld dra ontelbare lewende skeppings wat almal op die weg omhoog is en benodig die mees diverse vorme wat hul toestand van volwassenheid sal pas. Daarom is die aardse materiële skeppings die woning van ontelbare sielesubstansies wat behoort het aan 'n eens gevalle oorspronklike gees, maar wat in so 'n verskeidenheid van uiterlike vorme bestaan, sodat elke skeppingswerk effektief ’n klein partikel van 'n eens gevalle oorspronklike siel dra en wat eendag weer bymekaar sal kom. Maar dan sal hierdie oorspronklike siel alles inkorporeer wat in die hele skepping bestaan. In die finale stadium van haar ontwikkelingsproses, beliggaam hierdie oorspronklike siel haarself in 'n mens, in ’n aardse uiterlike vorm wat geskik sal wees om die siel in staat te stel om haar finale wilstoets te slaag, om dan weer die geesteryk binne te gaan as 'n gees van lig om dan ondenkbaar gelukkig te wees in haar oorspronklike toestand vol van lig en krag. Maar aangesien die siel alle skeppinge in haarself dra, dit is, in haar toestand van volmaaktheid, is sy natuurlik ook geïnteresseerd in al hierdie skeppinge, want sy het nou ’n herinnering en kan haar ontwikkelingsproses in retrospek ervaar en kan nou die steeds sukkelende geestelike substansie in dieselfde vorms help om hulself vry te stel deur die vervulling van die goddelike wil, want hierdie geestelike substansies verrig hul toegewysde aktiwiteit onder die wet van dwang. Die volmaakte siel is uitermatig gelukkig in die beskouing van haar ontelbare komponente, want sy bevat die hele skepping en kan, by wyse van spreke, deelneem in haar opkoms en ontwikkeling. Maar dit neem 'n oneindige lang tyd voordat 'n oorspronklike siel hierdie volmaaktheid bereik het en tog is sy bewus van haar talle vorige vorme, en in die proses van selfbeskouing word sy gevul met ’n ondenkbare saligheid deur die wete dat sy, as die skepper van ontelbare vorme, sy toegelaat word om te herskep volgens die beeld binne haarself, ten einde die steeds onverloste klein partikels van ander oorspronklike siele te help om die weg omhoog te neem. Ten einde in staat te wees om hierdie kreatiewe aktiwiteit te verrig, moet sy helder verlig wees en moet sy onbeperkte krag ontvang, maar die saligheid om te skep, in ooreenstemming met God se wil, dring ‘n volmaakte siel om aanhoudend besig te wees en God ken hierdie taak aan sulke siele toe ten einde hulle gelukkig te maak. Sy moet egter ten alle tye dit wat sy beoog om te skep, binne haarself hê. Die geweldige aantal oorspronklike gevalle geeste sal steeds aardse en geestelike skeppings vir ewighede benodig en die wil om al hierdie gevalle geeste te help om saligheid te bereik, is ’n vreugde vir elke volmaakte wese en inspireer hulle tot soveel veelsydige aktiwiteite as wat daar skeppingswerke bestaan, want alles wat in die heelal bestaan, is ook in elke siel teenwoordig. Daarom kan sy nie anders as om maar net aan te hou om terug te kyk na die individuele fases van ontwikkeling nie, om dan met nimmereindigende toenemende geluk, skeppend besig te wees. En wat eens pynlik en ondraaglik was, word nou deur die siel herken as voordelig en noodsaaklik, en hoewel sy nou onvolwasse geestelike substansie in sulke skeppings plaas, doen sy dit met diepgaande liefde vir God en die steeds onverloste oorspronklike gees, deur om te sien na die individuele klein partikels met onvermoeide geduld en liefde en lei hulle stap vir stap op die weg omhoog. Dit is God se plan waarin volmaakte wesens deelneem. Geen wese ontduik hierdie taak nie, want elke wese is deurtrek met liefde tot God en die steeds onverloste geeste en omdat liefde altyd genoeë wil gee aan die steeds onverloste, sowel as aan God, Wie se saligheid bestaan uit die terugkeer van alle geeste na Hom toe. Nietemin sal dit ewighede neem en weer en weer nuwe skeppings en al hierdie skeppings is God se wil, geïmplementeer deur die ligwesens wat in staat is om dit te doen, omdat hulle alles weet, want elke ligwese is 'n volmaakte skepping, want al God se idees is teenwoordig in elke verligte siel en omdat in haar God-toegewyde wil, sy ook in staat is om skeppend te wees vanweë die oorvloedige krag tot haar beskikking. Ontelbare hemelse wêrelde word dus skeppend ondersteun deur die ligwesens aan wie hierdie wêrelde toevertrou is, maar altyd volgens die Goddelike wil, op grond waarvan verskillende lewensvorme op elke skeppingswerk bestaan, na gelang van die geeste se graad van volwassenheid, maar daar bestaan niks in die ganse skepping wat nie binne 'n volmaakte siel teenwoordig is nie. En dus is die mens in werklikheid reeds 'n miniatuur skepping van die groot heelalmens; dit is 'n ongeëwenaarde wonder vir 'n siel met geestelike visie, wat nooit sal ophou om haarself te beskou nie. Daarom sal sy ook voortdurend werk en skep tot in ewigheid, want sy word geïnspireer deur die vorme wat sy binne haarself aanskou om hulle weereens te skep en om hulle te verlewendig met die ontelbare klein partikels wat nog verlos moet word. Hierdie verlossingswerk kan egter slegs verrig word deur 'n volmaakte wese, maar dit is so onvergelykbaar genotvol dat vir hierdie rede alleen 'n volledige verlossing van alle eens gevalle geeste sal plaasvind, want hoe verder die proses van verlossing vorder, hoe meer siele sal hierdie verlossingswerk uitvoer. Selfs dan sal dit nog steeds ewighede neem, wat verduidelik word deur die aantal gevalle oorspronklike geeste en hulle dikwels oneindige lang tyd van weerstand, aangesien tyd en weereens die vrye wil die beslissende faktor is, wat nie vergeet moet word nie. Maar vir die geseënde wesens is tyd egter nie meer van belang nie, want by die Heer is 'n duisend jaar soos een dag. Dit is net 'n oneindige lang tyd vir die onvolmaakte geestelike wese, maar selfs hierdie siel sal eendag die toestand van lig en saligheid bereik. En dan sal die retrospeksie van haar weg van ontwikkeling 'n wonderlike verrassing wees, 'n bewondering vir alles wat die siel moes deurgegaan het. Dan sal sy nie meer lyding en pyn ken nie, maar slegs lof en dankbaarheid vir die krag en liefde en heerlikheid van God, haar Skepper en Vader van ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205