BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 526

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Kruisweg via Golgota 6512 Die weg na die kruis moet onherroeplik gegaan word, want dit alleen voer julle na die poort van saligheid. Die weg na die kruis is die weg van die liefde en die lyding, dit is die weg tot Jesus Christus, dit is die weg na Golgota. Jesus Christus Self het vir julle daarop gegaan; nogtans moet julle Hom navolg en alles op julle neem wat vir julle beskore is. Maar as julle opreg die weg na die kruis wil neem, na Hom, die goddelike Verlosser, dan sal Hy julle ook sekerlik bystaan, want elkeen wat na Hom toe wil kom, neem Hy by die hand en Hy help hom wanneer hy swak word. Julle moet die weg na Golgota neem, as julle die poort van saligheid wil bereik. Alle lyding en pyn van die goddelike verlosser Jesus moet julle jul aanskoulik voorstel en besef dat Hy dit vir julle gedra het. Julle moet Hom dan as te ware in jul gedagtes begelei op hierdie weg en by Hom bly tot by die uur van Sy dood. Sy leed moet julle leed word, sodat dit julle harte kan raak en die liefde in julle tot ‘n helder gloed laat oplaai. Julle moet saam met Hom wil ly in die erkenning dat dit julle sonde is waarvoor Hy gely en gesterf het aan die kruis. En so neem julle ook deel aan Sy verlossingswerk en word julle lewende getuies van Sy Naam. Niemand kan salig word, wie homself nie besighou met die grootste geestelike gebeure nie, met ‘n daad wat sy gelyke nie het nie. Niemand kan verlos word, wat nog nie in sy gedagtes die verlossingswerk self beleef het nie, wat dus eenmaal die weg na die kruis geneem het, om nou in alle stilte homself by Jesus op die kruisweg aan te sluit en by Hom te bly tot Sy dood. Steeds weer moet julle mense hierdie gebeure in jul herinnering oproep en julle liefde tot Hom sal steeds meer verdiep, Wie vir julle gely en gesterf het aan die kruis. Hierdie kruisgang tot Hom en met Hom is onvermydelik, want eers dan sal julle deurdring tot die grote geheim van die Menswording van God en van Sy verlossingswerk, dan eers sal dit tot julle deurdring wat die Mens Jesus vir julle gedoen het en dan eers sal julle egte volgelinge van Jesus word, omdat die liefde tot Hom julle sal aandryf, omdat julle nie meer van Sy wil, sal wil afwyk nie, omdat julle dan ook bereid sal wees om die grootste leed te dra, om deel te neem aan Sy verlossingswerk. Die gebeurtenisse van Jesus se kruisiging mag nie net vir julle woorde bly nie, julle moet dit in julle tot lewe wek, julle moet julleself verdiep in die oorgrote leed wat Hy gedra het en daarom dikwels in gedagte die weg na die kruis gaan. En die kruis sal vir julle verlig raak en wys na die poort van saligheid. Dan eers sal julle lewendig Sy Naam kan verteenwoordig, dan eers sal julle self van Verlossing kan praat, dan sal julle siel aangeraak word deur die oorgrote Liefde van die goddelike Verlosser, dan sal sy ook nimmer meer van Hom wyk nie en dan sal sy aan Sy sy die Ligryk kan betree na die skeiding met die aarde, omdat haar weg via Golgota lei. En onnoemlike saligheid sal vir haar beskore wees, want sy het nou ontwaak tot die ware lewe, sy het die dood oorwin danksy Hom, Wie vir haar gesterf het. Die verlossingswerk van Jesus Christus is van so ‘n groot betekenis, dat Sy kruisdood steeds weer en in alle innigheid herdenk moet word, dat die mens homself steeds weer van Sy lewe en sterwe ‘n voorstelling moet maak, om deur te dring tot die misterie van Sy liefdeswerk, want hoe meer hy bewus word van die liefdeswerk van Jesus, des te meer word sy liefde tot Hom aangewakker en die liefde dryf hom nou vanself na die kruis, die liefde neem ook die lyding van ‘n kruisgang op haarself, die liefde is tot alles bereid, om die offer van Jesus te benut en as te ware self daaraan deel te neem, want die liefde offer haarself. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205