BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 527

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Versoening van die skuld deur Jesus 6513 Om die boosheid van die mensdom op My te neem, was onnoemlik moeilik. Daar was geen enkele bose daad wat nie sy uitwerking op die mens gehad het nie en julle sou onmeetlik moes ly as julle alle sonde wat julle belas, self sou wou goedmaak. Alleen die sonde van die allereerste opstand teen God was al so groot, dat julle dit nooit sou kon goedmaak nie, nóg in julle gekluisterde toestand, nóg in julle toestand as mens. Daarom het Ek al julle skuld op My geneem, die uitwerking van die bose daad het Ek opgevang, alles het Ek op My menslike liggaam gelaai en dit het nou julle skuld versoen deur ‘n bomate smartlike lyding en sterwe aan die kruis. My Liefde het My beweeg om julle te help. En al die ligvolle gees, alle geskape oerwesens wat My trou gebly het, was vervul met dieselfde liefde vir julle. Die liefde het egter niks laat verlore gaan nie, die liefde het niks in die duisternis, nood of kwelling gelaat nie. Die Liefde Self het Haarself aangebied tot redding, tot delging van die groot skuld. In ‘n Wese vol van lig en liefde het die Liefde Self na die aarde neergedaal. Maar dit wat op aarde voltrek moes word, moes in ‘n menslike vorm gebeur. Ek Self moes My in die vlees beliggaam en het My verblyf daartoe in die mens Jesus geneem, Wie ewenwel so rein en sonder sonde was, dat Ek My in Hom kon manifesteer. En hierdie mens Jesus het julle van julle skuld gereinig, hierdie mens Jesus het die ontsaglike sondelas van die mensdom op Sy skouers geneem en daarmee na die kruis gegaan. En as die onmenslike lyding weer aan julle beskrywe sou word, sou julle dit nooit in sy gehele omvang kon begryp nie, want die gebrekkigheid van julle wese verhinder dit. Sy pyne was onvergelyklik swaar en Hy het dit lankal vooraf geweet; want Hy was vervul met My Gees deur Wie Ek Self My verblyf in Hom geneem het. En daarom was daar ook niks vir Hom verborge nie en het Hy alles oor Sy sending en ook oor Sy kruisdood geweet. Sy siel het gesidder en gebeef omdat Hy mens was. Sy Goddelikheid wat Hy deur die liefde bereik het, het Hom wel krag gegee, maar dit het nie die maat van die lyding verklein nie. Dit was die kruisweg van ‘n mens wat vir Sy medemens wou ly om hulle te help, want hierdie Mens het die onmeetlike lyding van hulle geken wat in die diepte deur My teenstander vasgehou was. Jesus het geweet dat daar ‘n offer gebring moes word om die siele van hierdie teenstander vry te koop. Hy het geweet dat die groot sondeskuld gedelg moes word om aan die Geregtigheid van die Vader te voldoen, wat geen kind wat met skuld belaai was, in die Vaderhuis kon opneem nie. Hy wou My kinders vir My terugbring. Hy wou die prys betaal om die siele vry te koop. En omdat die skuld reusagtig groot was, moes die offer ook ongewoon groot wees. Deurdat die mens Jesus dit geweet het, het Hy die oorgrote lyding op Hom geneem. Daarom het Hy Hom nie verset teen dit wat geen mens buiten Hom, sou kon verdra nie. Bewustelik het Hy die weg na die kruis gegaan en het ongelooflike pyne gely, wat ten slotte geëindig het met die smartlikste dood aan die kruis. Om julle mense die grootte van dié werk van barmhartigheid te laat besef, is nie moontlik nie, maar julle moet julle steeds weer voor oë hou dat Hy heeltemal sonder skuld was en vir julle, wat sonder Sy werk van verlossing nooit meer uit die diepte na die Vader kon terugkeer nie, gely het. Ek Self was in die mens Jesus. Die Liefde het Hom vervul waarsonder Hy nooit hierdie werk sou kon volbring nie. Maar in die swaarste ure van Sy lydensweg moes Ek My stil in Hom skuilhou, omdat een mens moes ly en sterwe, want die Godheid in Hom kon nie ly nie. Volgens Goddelike Geregtigheid kon die Godheid egter die skuld ook nie sonder versoening wegdoen nie. Die allergrootste werk van barmhartigheid wat vir julle mense nog onbegryplik is, sal julle eendag in sy hele omvang kan besef. Die mens Jesus het Homself deur Sy bestaan as mens in julle sfeer bevind en daarom het Sy siel wat van Bo, uit die Ryk van die lig, neergedaal het, so verskriklik gely, want Hy het die diepste duisternis aanskou en was daardeur beklem deur die kragte van die hel. Daarom het die mens Jesus nie slegs liggaamlik gely nie, maar ook moes Sy siel die ergste kwelling verdra wat Sy lyding nog eens duisendvoudig vergroot het. Maar Hy het vir julle mense verlossing gebring van sonde en dood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205