BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Kenmerke van die innerlike Woord 5402 ‘n Reuse stryd het uitgebreek tussen die magte van die Koninkryk van Lig en die van duisternis, want dit is die tyd van die einde vir hierdie aarde, die aarde staar nou 'n omwenteling in die gesig ter wille van die geestelike wesens wat nou die fokuspunt van hierdie stryd is. Die prins van duisternis is bewus van die feit dat sy mag op die spel is, dat hy baie min tyd oor het en daarom doen hy wat nodig is om sy krag te versterk. Hierdie stryd tussen Lig en duisternis word gevoer deur die duisternis, met geslepenheid en kullery en baie mense wat toelaat dat hulle bedrieg word deur illusie en vermomming, sal daarvoor swig. Daar is geen risiko waar My boodskappers van Lig kan ingryp nie, maar Satan maak ook soms gebruik van 'n kleed van lig en dan word dit moeilik vir oningeligte mense om hom te herken as hulle net voorgegee het om ’n verbinding met My te hê, maar hulle is van binne steeds so vêr van My geskei dat Ek hulle, wat dus vrywillig toegee aan My teenstander se aanloklikhede en versoekings, nie duidelik kan help nie, omdat hy op 'n wêreldse manier 'n beroep op hulle doen en hul reaksie dus ook wêrelds is. In tye van geestelike duisternis is 'n ligstraal beslis baie strelend, want die lig kom van Bo, van My Koninkryk af en die lig wat dit uitgee sal altyd 'n gelukkige gevoel in die duisternis veroorsaak. Tog werk My teenstander dikwels dieselfde, hy wil dieselfde doen maar sy krag is nie genoeg nie. Hy weet dat mense op soek is na lig en dus nader hy hulle ook as lig. Maar hierdie lig versprei nie helderheid nie, dit is bloot ‘n bedrieglike lig, dit is effektief 'n skim wat verdwyn indien dit noukeurig ondersoek word. Nietemin, dit is 'n feit dat Satan dikwels in 'n kleed van lig verskyn om mense te verwar, maar hy is net in staat om dit te doen as die mense se wil hom 'n basis gee waaraan hy kan vashou. Dit sal nooit die geval wees waar opregte liefde vir My, My teenwoordigheid waarborg nie, maar dit kan maklik gebeur waar 'n mate van onvriendelikheid My teenwoordigheid verhoed en My teenstander laat in kom. Dit is waarom ’n kneg wat geheel aan My gewy is nie Satan se aktiwiteite hoef te vrees nie, in teenstelling met iemand wat nog steeds, al is dit net effens, betower word deur die wêreld, uiters versigtig moet wees. Want die Satan glip in waar Ek nie teenwoordig is nie, maar hy kan homself nooit tuismaak waar Ek teenwoordig is nie. My teenstander probeer om mense se gees donkerder te maak deur onwaarheid, deur valsheid en leuens, terwyl Ek, waar Ek werk, deur middel van die suiwer Waarheid lig gee, helder en duidelike begrip oor alle geestelike probleme en oor My heerskappy en aktiwiteit, oor My ewige plan van Verlossing. Een ding is egter nie moontlik vir My teenstander nie: om homself te laat hoor deur die innerlike Woord. En nou, gee aandag: Wat is die eienskappe van die innerlike Woord, van die uitdrukking van My Liefde vir julle, van die oordrag van krag wat julle raak in die toestand van die ontvangs van My Woord? My Woord raak julle harte en praat met julle harte, dus My Woord kan net gevoel word en hierdie gevoel sal geformuleer word deur die persoon se verstand as hy bereid is om Goddelike uitstralings te glo, indien die persoon dus doelbewus innerlik luister om te hoor wat Ek aan hom openbaar. Dit is egter ook moontlik vir 'n persoon se tong om te praat, aangespoor deur 'n krag, terwyl die persoon se verstand uitgesluit is en hierdie krag maak gebruik van 'n persoon se mond om homself te laat hoor. Hierdie manifestasie van krag kan wel veroorsaak word deur 'n lig wese, maar magte van die duisternis kan ook gebruik maak van die geleentheid as 'n persoon homself open om kontak te maak met onsigbare magte. Dan hang dit van die wil af, watter magte besit neem van hom, die persoon se tong is in werking gestel en aangespoor deur hierdie krag, praat hy. Ek is egter nie die een wat praat nie, hoewel goeie kragte ook geestelike kennis wat ooreenstem met My wil kan oordra aan 'n persoon. My Woord is egter My direkte uitstraling, wat inderdaad oorgedra kan word na die persoon se hart deur 'n lig wese, maar altyd so dat die geestelike oor My Woord waarneem, wat dus die persoon aangespreek laat voel deur My en hy My hoor en nie dat sy fisiese oor hoor wat sy mond uiter nie. Kan julle dit verstaan? Wanneer Ek praat hoor die geestelike oor My, die persoon wat aangespreek word neem My Woord waar in sy hart. As 'n entiteit egter deur 'n persoon praat, hoor die persoon homself praat en dit op so 'n manier asof die mond meganies praat, wat wel die geval is, want 'n wese maak gebruik van hom om homself uit te druk. Hierdie wese kan praat op My instruksie en mense kan ook baie voordeel put uit sodanige verklarings, maar dit is ook moontlik vir bose geeste om in te meng, wat gebeur as 'n persoon se gedagtes aards geneig is of indien hy, as gevolg van swakheid van wil, homself heeltemal aan die geestelike invloede oorhandig, as sy toestand word soos 'n psigiese een, dit wil sê, as hy nie meer kan beheer wat uitgespreek word deur sy mond nie. In daardie geval is hy net 'n meganiese spreekbuis vir geestelike magte en dan moet altyd sorg gedra word om die geestelike resultate as die Waarheid te aanvaar. Dan verg dit ernstige ondersoek, of valsheid nie as die Waarheid verkondig word nie. Enigiemand wat My Woord hoor, word aangespreek deur die gees in hom, wat 'n deel van My is en as die gees in die persoon homself uiter, kan dit net gehoor word deur die persoon se geestelike oor en nie deur sy fisiese oor nie. Die geestelike oor, is egter 'n saak van emosie, die persoon voel My Woorde in sy hart, selfs as hy dit nie hoorbaar kan deurgee aan sy medemens nie. As dit egter My wil is dat hy My Woord oordra, dan sal die persoon in staat wees om sy gevoel oor te dra aan die verstand wat die gevoelde Woord verstaan en dit verstaanbaar formuleer, want My spraak is 'n verligting van krag, dit raak die mens se siel en hierdie krag word gevorm deur My Wil in die Woord vir julle. Alle mense kan seker voel dat hulle aangespreek word deur My as hulle My liefhet en kontak wil maak met My, wat dus 'n uitdrukking van liefde verwag, want Ek kom nader aan al My kinders wat My aanroep en Ek luister na hulle, Ek antwoord hulle ook: Ek troos hulle, gee hulle advies, vermanings, waarskuwings, Ek verseker hulle van My hulp en as hulle aandagtig innerlik luister sal hulle ook die sagte stem hoor. Maar altyd op 'n manier dat hulle glo dat hulleself hierdie woorde sê wat hulle graag wil hoor. Maar, as 'n persoon wat gekies word om die waarheid oor die hele wêreld te versprei, om die evangelie te verkondig aan hul medemens, moet hy dit eers van My ontvang en dit gebeur deur die innerlike Woord. Deur middel van 'n proses wat eers vereis dat die mens se geestelike oor so opgelei is dat hy kan hoor wat Ek emosioneel aan hom meedeel as “geestelike Woord”, dat hy nie verwag om so mee gepraat te word dat hy dit met sy fisiese oor kan hoor nie, maar dat hy in diepe geloof in My Liefde, wag vir My stem, dit wil sê, dat hy homself oopmaak vir die vloei van My Liefde se krag en die kontak waarneem soos gesproke woorde, wat die hart dan oordra na die verstand, om sodoende die verstand met die nodige verstaanbare verduidelikings in staat te stel om die geestelike taal te verwerk. So 'n Woord ontvangs is 'n verbintenis vir 'n sending, want die ontvanger aanvaar geestelike kennis uit My hand, Ek maak Myself aan hom bekend en dit vind plaas op so 'n eenvoudige manier dat 'n ander persoon selde iets eienaardigs agterkom en dat die enigste bewys van My verligting van liefde bestaan uit neergeskryfde verklarings van Wysheid, wat van My as 'n Wese getuig. Daarom behoort dit nie moeilik te wees om My Woord te herken nie, want deur die oordrag van My Woord na die aarde wil Ek Myself so uitbeeld aan mense dat hulle leer om My lief te hê, maar dit is net moontlik as Ek My aan hulle openbaar as 'n liefdevolle Vader, as Ek aan hulle verduidelik dat My heerskappy en aktiwiteite uitsluitlik bepaal word deur liefde en dat hulle dus ingelig word van My ewige plan van Verlossing. Gevolglik moet dit wat oorgedra word aan 'n persoon as My Woord insiggewend wees, dit moet nie verwarring veroorsaak nie, dit moet nie onverstaanbaar klink nie, nie oordrewe nie, dit moet helder en suiwer klink, verstaanbaar en daarom verblydend vir alle mense. Dit moet ook die mense aan wie dit oorgedra word beïnvloed soos 'n straal van liefde, dit moet mense se harte aanraak en 'n reaksie uitlok in diegene wat hulself oopmaak. 'n Persoon moet himself deur My aangespreek voel en daardeur diep beïndruk voel. Ekself moet as die Gewer van die Woord erken word, want Ek openbaar Myself deur My Woord. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205