BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 533

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geloofstryd – Vyandigheid - Antichris 6538 EK wil julle seën sodat julle vir My vaste pilare kan wees as daar geskud word aan die geloofsgebou wat vir Myne die wese is van die kerk van Christus, as daar geskud word aan wat Ek Self opgebou het en waaroor Ek steeds weer die mense deur My Woord onderrig. Die tyd lê voor julle waarin nie net die aanhangers van dwaalleringe julle sal aanval nie, maar waarin die mens alle geloof sal wil uitroei, ongeag of dit verkeerd is of volgens die waarheid. My teenstander is van plan om nou die skerpste wapens te gebruik, naamlik om alle kennis en alle geloof in My en My verlossingswerk te verdring en te vervang deur aardse sienswyses en planne. En dan sal daar 'n tyd aanbreek wat julle nou nog as onmoontlik beskou, want My teenstander sal hom in 'n aardse maghebber beliggaam en so slu te werk gaan, dat hy in die begin slegs deur weiniges herken sal word as die een wie hy in werklikheid is. Sodoende sal hy baie vir homself wen wat hom blindelings sal volg en wat hom sal gehoorsaam, wanneer hy sy planne onopvallend sal verander. Want in die begin pak hy slegs enkele geloofsrigtings aan en hy het daarom die ander aan sy kant, wat hom al te gewillig behulpsaam sal wees, as dit daaroor gaan om hul teenstanders uit die weg te ruim. Daarom sal julle in die begin glo om maar aan die aanvalle blootgestel te wees van hulle wat die suiwer waarheid bestry, omdat hulle self aanhangers is van dwaling en bedrog. Maar dan moet julle versigtig wees en julleself nie moedswillig in gevaar stel nie, want nie lank daarna nie, sal hulle self net so aangeval word en dan sal die optrede van die Antichris duidelik wees. Baie sal hom volg, omdat hulle reeds onder sy invloed sal staan en hy 'n maklike spel met hulle sal hê. Dit sal nie meer lank duur totdat die eerste tekens sigbaar raak nie. Dit sal geen geweldsdaad wees wat die geloofstryd sal inlui nie, want My teenstander sal met lis te werk gaan en sal selfs baie gelowiges mislei, wat hom sal volg en vir hom gewillige dienaars sal wees in latere tye. Maar julle wat geestelik ontwaak is, sal hy nie kan bedrieg nie, want EK sal julle oë oopmaak en julle gedagtes korrek lei. Want nou kom dit daarop neer om hom te bewapen vir die laaste stryd wat gevoer sal word met 'n meedoënloosheid waarvan julle geen vermoede het nie. Ek wil julle egter seën, Ek sal Self met julle wees en niemand onbeskermd laat wat vir My en My Naam sal opkom nie. Want hierdie stryd sal die beslissing bring, dit sal die bokke van die skape skei en dit sal die laaste werk van My teenstander wees wat homself sal veroordeel. Want sodra hy teen My Self opstaan en hy die mense die kennis oor My en My Verlossingswerk wil weerhou, het hy die vonnis oor homself gevel en sal hy gebind en van al sy mag beroof word. Hy probeer in die beliggaming as mens die boosaardigste plan teen My ten uitvoer te bring en daar sal nie baie wees wat sal standhou en hom kan weerstaan nie, wat hulle nie deur hom laat mislei het nie, omdat hulle van My is en vir ewig sal bly. Maar daar moet ook 'n duidelike skeiding plaasvind, want baie mense is "nog vlees - nog vis" omdat baie hulself gelowig waan. Maar wanneer hulle hierdie proef moet aflê, faal hulle jammerlik genoeg, want hulle sal nie in die waarheid wees nie, omdat hulle te min liefde gehad het en daarom nóg die waarheid kan ontvang, nóg die waarheid kan herken. Daarom moet julle, My dienare, nog besonder aktief wees, want daar sal nog baie geleenthede hulself voordoen waarin julle duidelikheid aan hulle sal kan verskaf wat hulle gaan laat twyfel, en hulle self nie meer sal kan oordeel nie en na raad sal verlang. En julle sal ook slaag om die swak gelowiges tot 'n sterk geloof te bring, julle sal slaag om 'n paar aan julle kant te kry. Julle sal hulle duidelik en verstaanbaar opheldering kan gee en My aan hulle as liefdevolle GOD en VADER voorstel, Wie slegs 'n vaste geloof verlang om ook hulle te kan bystaan in die grootste nood - en om aan hulle krag te skenk om te volhard tot aan die einde. AMEN.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205