BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 535

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Sieleslaap dwaalleer 6541 Dit is ‘n baie verkeerde gedagte om te dink dat die siele van die gestorwenes slaap totdat die dag van oordeel aangebreek het. Hierdie gedagte wys ’n algehele onwetendheid rakende die ontwikkelingsproses van die siel en toon aan dat julle verhouding teenoor My nie korrek is nie, anders sou julle nie so verkeerd kon gedink het nie, want dit bewys dat julle geloof in ‘n voortlewe van die siel na die dood nie aanwesig is nie, omdat ‘n “doodse slaap vir ewighede” nie aangeneem kan word as ’n “voortlewe” nie. Hierdie foutiewe gedagte is bowendien baie nadelig vir alle siele wat reeds oorlede is, omdat gebed vir hierdie siele agterweë bly en hul daarom nie die hulp verleen word wat alle siele so bitter nodig het nie. Maar die mense wat hierdie sienswyse hul eie gemaak het en verkeerd onderrig is, moet nie aan hierdie dwaling bly vashou asof dit evangelie is nie. Maar hier is die invloed van My teenstander duidelik te sien, wat juis gebede vir hierdie siele wil verhinder, omdat so 'n gebed hulle help om vry te word, wat hy probeer teëgaan. Maar al word die waarheid teenoor hierdie dwaalleer gestel, die mense neem dit nie aan nie en neem nie die enigste weg wat aan hulle duidelikheid kan gee nie. Hulle moet slegs in opregtheid na My kom vir opheldering, as hulle hierdie dwaling wil regstel, maar hierdie weg neem hulle nie en daarom bly hulle in hul dwaling leef. Die siele van sulke mense wat oorlede is, verkeer egter in groot nood as niemand hulle in gebed gedenk nie. Ook kan die mense op aarde nie vanuit die geesteryk op hoogte gebring word van die waarheid nie, omdat hulle nie glo aan ‘n verbinding van die ligwêreld met die aarde nie en gee hulleself daarom nie in gedagtes oor om kennis te ontvang van wetende kragte nie. Vir hulle geld slegs die menslike lewe op aarde tot die dood en hul voorstelling van ‘n EWIGE slaap van die siel tot en met die “laaste oordeel” bewys net dat hul alle kennis ontbreek oor die verlossingsproses van die gees, oor My wese wat Liefde, Wysheid en Almag is en oor die Verlossingswerk van Jesus. Hul kennis is baie beperk en is heeltemal nie volgens die waarheid nie. En as hulle met die waarheid in aanraking kom, dan bestry hulle dit. Tog probeer hulle hul opvattings bewys met die woord van God, met die skrif. Dit is nie hul “ontwaakte Gees” wat hul hierdie plekke in die Skrif laat vind nie, maar My teenstander, wat selfs My Woord tot eie voordeel gebruik as hy verwarring wil saai, waar hy egter slaag waar slegs die verstand van die mens werksaam is en Ek Self nie om verligting van die Gees aangeroep word as die mens opheldering verlang nie. Die letter maak dood, dit is die Gees wat lewend maak. Wie hulle nie aan My oorgee dat Ek hulle denke reg kan lei nie, vir hulle sal die letter waarlik die dood beteken. Want ook My teenstander kan die letter bedien, wat hy op ’n ander manier uitlê en so die grootste dwaling vir die mense aanneemlik maak. En dit is waarlik ‘n bedenklike leer, die leer van die doodslaap van die siel. Die is ‘n leer wat ook in die hiernamaals die hewigste verontwaardiging teweegbring by die siele wat hulp nodig het, wat weliswaar lewe, maar tog so swak is dat hulle dankbaar is vir elke toevoer van krag wat ‘n gebed in liefde hulle kan gee. Die mense moet opreg in hul gebed aan die siele dink wie se verwante op aarde in hierdie dwaal geloof lewe, sodat hulle ook kragtig kan word en opwaarts gaan en nou van hul kant af weer deur gedagtes hul verwante kan beïnvloed. ‘n Lewe in liefde op aarde sal die siele ook spoedig ‘n duidelike insig gee. Maar hulle moet hulleself eers van hierdie dwaalleer vrymaak, voordat hulle self ‘n arbeidsveld toegewys kan word, omdat alle werk in die geesteryk uit die verspreiding van die suiwer waarheid bestaan. Gelukkig sy daarom die siele wat al op aarde ’n lewe van liefde lei en hulleself daarom maklik kan losmaak van verkeerde opvattinge en geestelike besit wat foutief is. Die ander bevind hulle egter in die grootste nood, want elke dwaalleer het ‘n skadelike invloed op die siel. En die leer van die doodslaap van die siel in die besonder, omdat dit werklik tot ‘n verduistering kan lei wat gelyk is aan die dood, omdat die moontlikhede vir hulpverlening minder word deur die idee dat gebede geen nut het nie. Wie homself egter in opregtheid na My wend, sal helder en duidelik insien hoe verkeerd hierdie leer is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205