BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 538

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Meeloop is nutteloos 6547 Julle sal nie ‘n noemenswaardig resultaat kan verwag met die einde van julle aardse lewe as julle die breë weg gegaan het, as julle julleself by hulle wat daarop gaan, aangesluit het sonder om eers te vra waar die weg heengaan wat die massas bewandel. Want dan is julle slegs meelopers wat meen om julle verantwoordelikheid te kan afskuif op sy naaste, op die een, wat die menigte aanvoer. Elke afsonderlike mens sal op sy lewensreis telkens by ‘n kruispad kom en daar sal ook van die begeleiers altyd weer ander weë uitgaan, dan moet die mens self besluit waarheen hy hom wil wend. Want as hy tot aan die einde van sy lewe slegs ‘n meeloper bly, het hy niks gewen vir die heil van sy siel nie. Daarom kan kerklike organisasies vir hul lede nooit die bereiking van saligheid waarborg nie, omdat elke mens dit self moet nastreef en beveg. Hy kan wel aanwysings gegee word, maar elke mens moet nou self die arbeid aan sy siel verrig, d.w.s. elkeen sal nou self die weg moet gaan wat omhoog lei. Dit is ‘n groot dwaling om die verantwoordelikheid vir sy siel te wil afskuif op sogenaamde leiers, om altyd maar net te doen wat hierdie leiers verlang en te glo, dat dit bewuste arbeid aan die siel is. Dit is ‘n groot dwaling om te dink om die verlange van hierdie “leiers” nie aan ‘n ondersoek te mag onderwerp nie en alles onvoorwaardelik aan te neem en te glo wat deur hulle as waarheid voorgestel word. Selfs as dit die waarheid is, moet elke mens self ‘n standpunt daaroor inneem, want dan eers kan hy herken wanneer dwaling mag binnesluip en hom daarteen verweer. Wie hom egter geheel en al verlaat op dit wat noodsaaklik ondersoek moet word, die mag nie aanneem dat sy nalatigheid verontskuldiging sal kry nie, hy mag nie glo om sy skuld op hom te plaas wat hom verkeerd gelei het nie. Elkeen sien die weë wat afdraai en hy kan die weg net so maklik gaan, as die waarop hy al geloop het. Maar hy moet hom altyd afvra waarheen die verskillende weë lei en dan bewustelik kies. Wie egter sy oë neerslaan en gedagteloos agter die massa aanloop, die kan die afdraaipad maklik oor die hoof sien en ook dan is dit sy eie skuld. Want hy moet om hom heen kyk, hy moet nie domweg aanloop, terwyl hy die gawe het om te kan sien nie. En hy moet nadink, omdat hy daarvoor verstand gegee word, wat hy ook moet gebruik om die heil van sy siel te bewerkstellig. En julle moet ook weet dat die weg wat die massa gaan nooit die regte is nie. Want die massas word aangevoer deur God se teenstander en nooit sal die waarheid daar te vinde wees nie. As julle mense julleself tog voor oë sou hou dat op aarde die teenstander die oormag het en dat baie meer mense aan hom behoort as aan God. Dan sou julle tog aan die boosheid van die mense, aan die liefdeloosheid en die lae geestelike vlak, kan sien hoe groot sy mag is oor die mensdom. Dan sou julle, as julle ernstig daarna streef om die heil van julle siele te bereik, julleself nie onder die groot massa bevind nie, julle sou julle daarvan afsonder en ‘n weg soek wat ‘n ander rigting inslaan. Julle sou ag slaan op die bode wat met ‘n lig vooruit gaan om julle die weg te verlig, julle sou julle nie laat tevrede stel met holle frases nie, julle sou wyse onderrigting verlang wat julle ‘n ware lig gee. Julle sou self nadink en ‘n steeds helderder lig ontvang. Skud julle sorgloosheid af waar dit oor die heil van julle siele gaan. Laat nie ander vir julle sorg nie, want vir julle siele dra julleself die verantwoording, wat niemand julle kan afneem nie. Probeer self met God in verbinding te kom, kies Hom tot julle Leidsman en maak julle los van hulle, wat glo dat hulle op aarde Sy verteenwoordigers is, want die regte verteenwoordigers van God sal julle altyd maar net wys om die verbinding met God tot stand te bring. Die valse verteenwoordigers wil julle egter die verantwoording afneem en verlang slegs blinde gehoorsaamheid van julle en nakoming van die deur hulself uitgevaardigde gebooie. Indien julle salig wil word, dan moet julle ook die weë gaan wat na saligheid lei. Julle moet tot God bid dat Hy julle die regte weë sal aanwys en julle die krag sal gee om daarop te gaan, as dit opwaarts voer. En God sal julle die regte leiers tegemoet stuur, Hy sal julleself (na hom) trek en julle sal dan die ware doel bereik. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205