BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 540

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Eienskappe van die Kerk van Christus – Streef na geestesgawes 6551 Julle moet ywerig strewe om die gawes van die Gees te verkry, want dit kan nie aan julle geskenk word nie. Julle moet dit verwerf deurdat julle julleself geskik sal maak vir die werksaamheid van My Gees in julle. Glo nie dat dit julle gegee kan word as julle geen arbeid aan julle siele verrig het nie, wanneer julle wese hom nie sodanig verander het dat julle siele tot liefde geword het nie. Julle siele moet ‘n sekere graad van volmaaktheid bereik het voordat My Gees in julle kan werk, die graad van volmaaktheid vereis van julle ‘n vaste wil om op aarde geheel en al volgens My gebooie te lewe, dit vereis selfoorwinning, ‘n onselfsugtige dien van die naaste en ’n volledige toegekeer na My. Dan eers kan Ek My Gees op julle uitstort en kan die mens die gawe ontvang waarvoor hy in die besonder geskik is en wat sy vêrdere arbeid vir My en My ryk sal bepaal. Almal kan die gawe van die Gees deelagtig word, want almal is geroep om ywerig met mekaar te werk vir My ryk. Maar slegs weinig is uitgekies, want slegs weinig vervul die voorwaardes verbind aan die werk van My Gees. Slegs weinig neem dit met die arbeid aan hul siele so ernstig, dat hulle hul vorm tot ‘n opnamehouer van My Gees en slegs weinig kan Ek daarom toerus met die gawe van die Gees. Wie egter die gawe besit, sal reeds op aarde salig wees, want hulle weet dat hul innig met My verbind is. hulle weet dat Ekself in hul werk en hulle sal daarom met sukses werksaam wees vir My ryk. Julle mense kan dus julle lidmaatskap van die kerk van Christus, tot die kerk wat Ekself op aarde gestig het, nie anders bewys as deur die besit van ‘n geestesgawe nie, want dit is die kenteken van My kerk. En daar is verskillende gawes wat getuig van die werke van My Gees. Steeds egter kom daar ‘n krag aan die lig wat ongewoon lyk. Daar sal in die mens ‘n vermoë te voorskyn kom wat hy hom nie deur ywer, studie of liggaamlike krag sy eie gemaak het nie, maar wat hom klaarblyklik geskenk word, sodat hy wondere sal verrig, siekes genees of dat hy in wysheid onderrig of die profetiese gawe besit. Al die dinge bewys dat hulle tot die kerk van Jesus behoort, want hulle het hul lewende geloof in Hom wat uit die liefde voortgekom het. Hulle het daarom so ‘n innige verbinding met My dat Ek deur My Gees in hulle kan werk, soos Ek dit goed ag vir hul siele- heil en die van hul medemens. Julle mense hoef dus slegs ernstig julle bes te doen en in die liefde te lewe, om tot ‘n lewende geloof te kom. Dan sal julle ook alles doen wat julle siele die graad van volmaaktheid sal oplewer en dan sal julle van My teenwoordigheid in julle bewus wees. En vanuit hierdie bewussyn sal julle ook oor ongewone krag beskik, wat Ek so aan julle mense sal gee, dat dit vir julle en julle omgewing nuttig sal wees. En wie nou so ‘n ongewone geestesgawe verkry het, die is ook ‘n getroue dienaar in My wingerd, want hy werk met die gawe om sy medemens tot ‘n lewende geloof aan My in Jesus Christus te bring. Want wie deur My Gees verlig is, die sal ook steeds van My sy goddelike Verlosser in Jesus Christus getuig, omdat die verlossing deur Jesus eers met hom moet gebeur, voordat My Gees werksaam kan wees, voordat My Geestesgawe uitgedeel kan word. Want slegs die mens wat deur die bloed van Jesus verlos is, het ook die krag om aan homself te werk sodat sy siel die graad van volmaaktheid kan bereik wat vereis word om geestesgawes te ontvang. Met die hulp van Jesus Christus kan en sal julle mense slaag. Daarom sal ook elke geestelike ontwaakte mens van Hom, wat Sy Gees beloof het, getuig. En elkeen wat ‘n geestelike gawe besit, kan getuig, dat hy deur Jesus Christus verlossing gevind het uit die nag van die dood. En in hom werk dan My krag, in hom skyn nou My lig en in hom is Ekself en werk deur My Gees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205