BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 544

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Regte verkondiging van die Woord - Die teenwoordigheid van God 6559 Die werk vir My en My koninkryk moet ywerig verrig word, aangesien die tyd min is en vele moet nog gewen word vóór die einde. En die wêreldgebeure dra ook by tot die feit dat die mense sal nadink en na My Evangelie sal luister, op voorwaarde dat dit lewend uiteengesit sal word deur diegene wat ’n gewekte gees het. Inderdaad sal slegs hierdie mense tydens die laaste dae suksesvol wees, terwyl die lewelose predikers eerder ‘n geloofsafval sal bewerkstellig, eerder as ’n opwekking by hul toehoorders. Want hulle predik nie in My opdrag nie, maar het hulself gesalf as “dienare van die Heer”, wat hulle egter nooit kan wees solank My Gees nie in hulle werksaam is nie, solank hulle nie My Gees in hulle laat wek het nie, wat egter ‘n lewe van liefde vereis. Slegs die bewys van lewe kan weer lewe gee. En My Woord moet lewend aan mense gegee word om hulle tot lewe te wek. En dit moet so aangebied word dat hulle die krag van die Woord sal voel en so gemotiveer sal word om daaraan te voldoen. Hulle moet aangespreek voel deur Myself en dit is slegs moontlik wanneer Ek Self met hulle kan praat deur die mond van ‘n gewekte dienaar. En dit is onbegryplik en onbekend aan hulle wat voorgee om My verteenwoordigers op aarde te wees en ‘n dodelik verstarde Evangelie aan die mense verkondig, wat slegs van die woorde gebruik wat Ek eens tot die mense gespreek het, maar wat geheel en al sonder lewe is, omdat die Gees ontbreek wat hulle eers lewend moet maak. Enkele sal dan kragtig spreek wanneer hulle ‘n ware lewe van liefde sal lei en daardeur tot die verligting van hul denke gekom het. En as hierdie mense maar net sal toelaat om heeltemal deur My omhels te word, kan hulle ook ware verteenwoordigers van My leer op aarde word. Maar hulle vind moeilik die weg na My, wat regstreeks vanuit die hart na My moet lei, maar nie deur ‘n gebied wat kunssinnig deur mense aangelê is en wat hulle as ‘kerk’ betitel nie. Julle mense wil hierdie waarheid nie hoor nie, maar sodra julle eens opreg en gelowig hierdie regstreekse weg na My geneem het, sal julle nooit spyt wees daaroor nie. Maar Ek kan slegs hierdie raad aan hulle gee wat vol liefde is, want slegs dan kan Ek met hulle praat, want dan sal My Gees op hulle neerdaal en sal sy ook in My ware verteenwoordigers wees. Daar is nog baie werk wat gedoen moet word en Ek spoor weer aan tot arbeid in hierdie wingerd. Ek poog steeds weer om arbeiders te trek wat bereid is om My getrou te dien. En Ek wil julle vertel hoe diegene geaard moet wees om in hierdie wingerd te werk. Hulle moet ‘n lewende geloof hê, wat deur liefde lewend gemaak is. Want Ek Self moet in hulle kan werk, anders sal hul arbeid tevergeefs wees. Om My Woorde te spreek is nutteloos as die lewe opwekkende krag nie terselfdertyd daaruit stroom nie en hierdie lewe kan slegs deur God gegee word, Wie Self die lewe is. Dus moet elke boodskapper van My Evangelie My toelaat om Self deur hom te praat. Hy moet deur die liefde homself so innig met My verbind, dat Ek in hom teenwoordig kan wees en uit hom kan spreek wanneer hy sy mond open om My Woord te predik. Hy moet nie veronderstel dat My teenwoordigheid outomaties is, wanneer hy slegs My Woorde gebruik wat sonder My Gees slegs leë letters is nie. Hy moet vooraf My Gees vra deur homself bewustelik met My te verbind en dan My aanwesigheid moontlik maak deur onbaatsugtige werke van liefde. En ‘n onvoorstelbare seën sal op elkeen kom wat na hom sal luister, omdat hulle My dan Self sal hoor en deur die krag van My Woord aangeraak sal word, sodat hulle self tot lewe gewek kan word. En dan sal hulle nie meer in gevaar wees om verlore te gaan nie, want wat eenmaal op hierdie aarde lewend geword het, sal sy lewe nie weer verloor nie, want wie die dood ontvlug het, het die een ontvlug wie hom eens aan die dood uitgelewer het. Maar nou sal hy lewe tot in ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205