BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 547

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

My skape herken My stem 6570 Woorde wat julle van My ontvang is gees en lewe. En hulle moet ook die gees van elke mens aanspreek en hom lewe gee. Hy moet die krag van My Woord gewaarword, sodra hy sy hart oopmaak en My toegang bied, sodra hy die gawe wat Ek hom aanbied in dank aanneem. Die wat My liefhet en wat ook aan hul naaste liefde betuig, sal altyd deur My Woord aangeraak voel, omdat hulle reeds deur die liefde met My verbonde is en hulle ook My stem herken as die stem van die Vader, wat Sy kind gelukkig wil maak. “My skape herken My stem.” En My stem weerklink net wanneer Ek Self ook tot die mense kan praat. Julle sal nie ’n leë woord as die “stem van die Vader” kan bestempel nie, wat die mens bedien wat My teenwoordigheid egter nog nie in homself toelaat nie, wat nog 'n ongewekte gees het, wat wel beweer om in My Naam te predik, maar van wie Ek My nog nie kan bedien om deur hulle te spreek tot almal wat na hulle luister nie. Die herkenning van My stem eis so 'n bewustelike verbinding met My, sodat Ek dus Self kan praat. En hierdie band moet tot stand gebring word deur beide die prediker asook deur hom wat die woorde hoor. Dan lok die goeie Herder self sy skape en hulle sal Hom gewillig volg. My skape herken My stem. Bewys dit nie dat Ek altyd weer tot die mense spreek nie? Ek wys julle weer met nadruk daarop dat My skape My stem sal herken. Dus maak Ek onderskeid by diegene wat My nie hoor nie, want nie almal kan hulle tot Myne reken nie. En daarom sal almal My nie herken in die Woord nie. Maar steeds sal Ek Myne ook Self aanspreek, sodat My belofte in vervulling sal gaan, naamlik dat hulle My stem sal hoor en ook sal herken as bewys van die teenwoordigheid van die Een aan wie hulle hulself oorgegee het. Dus het Ek ook deur hierdie woorde daarop gewys dat Ek julle mense altyd en ewig sal aanspreek, dat daaronder nie net die geskrewe Woord te verstaan is nie, wat sonder gees en lewe kan wees, as Ek nie Self lewe daarin blaas nie en My Gees dit nie lewe gee nie. Maar Ek het ook geweet dat My Woord net herken sal word as regstreekse oordrag deur My Self, wanneer 'n lewe in liefde die gees in die mens gewek het. En daarom praat Ek van “Myne”, want die liefde is die band wat My met hulle verbind en My regstreekse werksaamheid by hulle moontlik maak. Die Woord kan elkeen wel hoor, maar die stem vereis My teenwoordigheid. Dus het Ek julle mense ook My teenwoordigheid belowe en Ek gee julle bewys daarvan deur My stem. En Myne sal dit ook herken as die “stem van die Vader”. Maar dit is slegs 'n klein kudde wat die lokroep van hul Herder sal verneem en gevolg daaraan sal gee. Daar is maar min wat aan Sy stem gehoor gee, omdat die mense hulself altyd meer laat mislei deur mooi woorde wat 'n verdowende klank het, maar wat sonder gees en lewe is. En hierdie mense hoort nie by Myne nie, want hulle het nie My Gees nie. Hulle is sonder liefde en daarom voel hulle ook nie tot My aangetrokke nie. En as Ek tot hulle spreek, wend hulle hulleself af en soek die plekke op waar My teenstander homself onder ’n handige vermomming vertoon. En hulle neem genoeë met die leë skil waaraan hulle geen krag kan onttrek nie. Maar My Woord is krag en dit sal lewe gee aan almal wat hulle deur My laat aanspreek, wie verlang na My stem en as My kinders ook die liefde van die Vader sal ervaar. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205