BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 548

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

God openbaar Homself in die Woord 6573 In My Liefde en erbarming kom Ek nader aan julle mense in die Woord, sodat julle My kan leer ken en liefhê. Die verbinding tussen My en julle kan julle alleen bewus word, deurdat julle My aanspreking verneem, wat julle moet oortuig van 'n Wese wat julle weliswaar nie kan aanskou nie, maar wat tog by julle teenwoordig kan wees as julle Sy teenwoordigheid toelaat. Wanneer Ek Self tot julle spreek, sal julle My nie meer kan verloën nie. Maar as julle My aanspreking nie wil hoor nie, dan sal dit vir julle ook geen bewyse van My Self wees, as julle dit desondanks verneem nie. Maar in die eerste instansie dink Ek aan diegene wat My bereidwillig aanhoor en wat My Woorde in hul harte laat binnedring. Hulle wil Ek met My vertroud maak om hul liefde te wen. En daarom moet Ek hulle kennis gee van My Wese, van My wil en My Liefde. Ek moet Myself aan hulle openbaar, want so 'n openbaring kan ook in hulle die liefde laat ontvlam, wat die sin en die doel daarvan is, wanneer Ek My Woord na die aarde stuur, wanneer Ek Self spreek deur die mond van 'n mens. Elke mens wat so ’n aanspreking as moontlik beskou, wat sy oor en hart oopmaak wanneer My Woord voor hom weerklink, kan ook tot Myne gereken word. Want deur die aanhoor van My Self, bewys hy dat hy sy weerstand teen My opgegee het. Ek kom Self in die Woord na die mense op hierdie aarde. Ek onderrig hulle, Ek vermaan en waarsku hulle. Ek stel aan hulle die gevolge van hulle lewenswandel voor die gees en Ek bring hulle die blye evangelie van die verlossing van sonde en dood. Maar so iets kan net Hy, Wie Self van ewigheid die Woord is julle laat toekom, Wie die hoogste insig, die lig en die waarheid het en wat ook as enigste julle oor sy Wese uitsluitsel kan gee. Die “Woord van God” is die grootste genadegeskenk, want dit het van My Self uitgegaan. Dit moet My Self bewys. En as Ek julle eenmaal aangespreek het, sal julle My nie meer kan verloën nie. En tog gaan talle mense verby die kosbaarste wat hulle aangebied word in hul aardse bestaan, omdat hulle nie aangespreek wil word deur God nie. Ek kan My nie kenbaar maak aan die een wat niks bokant homself erken nie. Wat niks van My wil weet nie, wat alle kennis afwys, omdat sy wese hom verset teen die gedagte om onderdanig te wees aan 'n Mag wat hom geskape het. Hy is nog so vol van die sataniese gees, dat dit onmoontlik is om Myself aan hom te openbaar. Hy sal nooit glo dat 'n “God” hom teenoor die mense sal uiter nie. En tog weerklink die Woord van bo en raak dit die mense harte wat hul oopmaak. Want slegs deur My Woord kan Ek inwerk op diegene wat in die lewe op aarde die beproewing van hulle vrye wil moet aflê. My Woord dwing nie, maar bring groot krag oor aan die gewillige mens. My Woord kan die wil in die regte rigting lei sonder dwang. En My Woord kan liefde laat ontvlam vir My, omdat dit die direkte uitstraling van My Liefde is. Omdat Ek Self die Woord van ewigheid is, kan Ek ook tot die mense neerdaal, hulle aanspreek en steeds weer probeer om hul gedagtes op My te rig. Ek kan diegene wat My herken het, wat My liefhet, onafgebroke voed met My Woord, omdat dit ware voedsel vir die siel is met die grootste kragwerking. En so sal Ek, solank die aarde bestaan, altyd tot die mense spreek. En altyd sal vir hulle dieselfde Woord weerklink. Steeds weer sal hulle die evangelie van die liefde verkondig word, wat Ek vir die mense gepredik het toe Ek op aarde gewandel het. Steeds weer sal hierdie evangelie vir die mense aangebied word in sy suiwerste vorm, sodat My Woord vervul word: Hemel en aarde sal vergaan, maar My Woord sal bly bestaan tot in ewigheid. Want Ek Self verander in alle ewigheid nie. Die waarheid bly altyd en ewig onveranderd. En My Woord is die uitstroming van My Self en moet daarom altyd en ewig dieselfde wees. En daarom moet dit, om suiwer te wees, van My Self uitgaan. En dit vereis ook dat Ek die mense op aarde steeds weer direk aanspreek. Dat Ek Self in die Woord na die mense toe kom en hulle bring wat hulle nodig het om na My te kan terugkeer. Ek moet My openbaar om deur My skepsele herken en bemin te word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205