BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 549

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Vereniging van die geesvonk met die Vadergees 6575 Wanneer die gees in die mens tot die lewe ontwaak, dan is die verbinding met My ook tot stand gebring. Want die gees in die mens is ‘n vonk van My Vadergees, hy is ‘n deel van My en sodoende dieselfde as Ek Self, sodat julle nou ook tereg mag sê: “God is in my!”. Want die gees in julle ontwaak eers tot lewe, wanneer julle die liefde beoefen en dan kan Ek ook as die ewige Liefde Self in julle wees. Julle almal dra nou weliswaar hierdie goddelike vonk in julle, maar hy kan deur julle eie wil - deur julle lewenswandel - bedorwe word en so bly tot by julle dood. Dan het julle julle lewe dus sonder God geleef, omdat julle sonder liefde geleef het en daarom elke verbintenis met My na julle, onmoontlik gemaak het. Maar julle het julle aardse lewe geleef en sodoende ‘n groot genade onbenut gelaat. Julle het nie die doel van julle beliggaming as mens nagekom nie. Julle het julle nie verenig met My nie, maar het in julle eieliefde bly vassteek, waarin julle julleself eens deur julle afvalligheid van My, begewe het. Om hierdie vereniging moontlik te maak, het Ek julle deur ‘n groot daad van genade tegemoetgekom. Ek het eers ‘n vonkie van My goddelike Gees in julle gelê en spoor julle nou gedurig aan om die vonkie te laat ontbrand, deurdat Ek julle deur middel van lotgevalle in situasies plaas, waarin julle vanuit ‘n goeie wil werke van liefde kan verrig. Dit was en is vir julle mense baie moontlik om die liefdesvonk in julle tot ‘n vlam te laat word. Dit ontbreek julle waarlik nie aan geleenthede nie, maar dit is ‘n daad van die vrye wil en julle kan dus ook versuim om in liefde te lewe. Dan sal die Gees in julle sluimer en sal homself nie kan uiter nie. Julle het dus nie die verbinding met My tot stand gebring nie en is dood, ofskoon julle dink dat julle lewe. En julle aardse lewe is dan tevergeefs, omdat ‘n lewe sonder God nooit tot vooruitgang kan lei nie, maar daarenteen die verbinding met My teenstander aantoon. Ek kan Self dus nie in julle wees nie, omdat julle My toegang tot julleself belet het deur julle liefdelose geaardheid. Hierdie toestand is heelwat meer waarneembaar onder die mense as die waarin die mense hulself innig by My aansluit, waarin hulle in die liefde lewe en hulself laat lei deur My Gees. Die eerste toestand is altyd te siene wanneer die mense geen geloof meer het in Jesus Christus nie, Wie hulle deur Sy kruisdood wil help om hulle swak wil te versterk om hulle los te maak van My teenstander. Die goddelike leer van die liefde wat die mens Jesus op aarde gepredik het, moes aan die mense die weg toon tot die eenwording van die geesvonk in hulleself met die Vadergees van Ewigheid. En daarom het Jesus vir Sy medemens ‘n lewe in liefde voorgeleef en het aan hulle ook die resultaat van so 'n lewenswandel bewys, naamlik die totale vereniging met My, wat in Sy woorde en werke op aarde te sien was. Wat vóór die offerdood van Jesus onmoontlik was deur die swak wil van die mense, wat nog met die oersonde belas was, dit kon die mense na Sy kruisdood volbring, omdat die krag daartoe aan hulle geskenk was sodra hulle Jesus Christus erken het as God se Seun en Verlosser van die wêreld en hulle ‘n beroep op Sy hulp gedoen het. En nou was dit ook moontlik dat hulle die vereniging met My self tot stand kon bring, dat hul deur werke van liefde, die geesvonk in hulself tot lewe kon wek en Ek nou Self in hulle kon werk. Sonder Jesus Christus kan die Gees van geen enkele mens egter gewek word nie, want Ekself kan nie wees in hom wat My afwys nie, wat nie in My glo dat Ek hom verlos het van sonde en dood nie. My Geesvonk rus weliswaar in elke mensesiel, maar die liefde wek hom eers tot lewe. Die liefde herken egter vir Jesus Christus! Sy herken My in Hom en Sy verbind Haarself met My, - of anders gesê: die liefde is die goddelike vonk, wat haarself met die Vuur van die ewige Liefde wil verenig. Dan is daar egter lewe in julle, al verloor julle ook julle aardse lewe. Julle het al uit die dood opgestaan tot die lewe, sodra die Gees in julle lewend geword het en julle kan nou vir ewig nie meer die lewe verloor nie, omdat julle nou teruggekeer het na My en daar by My vir ewig geen dood meer bestaan nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205